Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE "EK-BEWUSSYN" VAN DIE OERGEES
B.D. 7569 - 5 April 1960
Elke oergees kry sy ek-bewussyn weer terug wanneer hy as mens oor die aarde gaan, en homself as mens sien. Want dan is alle sieledeeltjies weer in hom versamel wat eertyds opgelos was, met die bedoeling om op die weg deur die skepping terug te keer. En dan is die wese ook in staat om die graad van rypheid te verwerf wat hy aanvanklik as geskape oergees besit het, wat hy weggegee het en wat nou weer verkry moet word, om in die ligryk binne te kan gaan as volmaakte gees.
Dus is elke mens `n geïnkarneerde oergees. `n Eertydse gevalle wese en `n skeppingsproduk van My eindelose liefde wat homself uit vrye wil van My verwyder het, en nou uit vrye wil weer tot My moet terugkeer. Die mens besit egter nie die kennis oor wat hy was, wat hy is en weer moet word nie, en `n sekere geestelike rypheid is nodig voordat hierdie kennis hom eie kan word en hy dit ook kan begryp.
Hy sien homself wel as mens, maar nie wesenlik as `n gees wat sy bestemming moet vervul nie. En omdat hy homself slegs as mens sien wat homself in die aardse wêreld beweeg, is sy gedagtes ook meer wêrelds gerig. Maar dit is steeds `n hindernis vir die geestelike insig wat hy eers dan sal hê wanneer hy homself van die wêreld af, en na die geestelike Ryk gewend het.
Eers dan sal dit moontlik wees om hom die kennis oor sy eintlike bestemming te gee, en dan kan hy dit in vrye wil aanneem en homself daarop instel, wat sy geestelike rypwording waarlik sal bevorder. En as hy die kennis eenmaal aanvaar het, dan sal hy homself ook verheug in die besef en in die sekerheid om aan die oergeeste te behoort, wat Ek as skepsels buite My geskep het; wat as "kinders" na My toe moet terugkeer en as mens dus kort voor hulle voleinding staan.
En die wil van die mens hoef maar net goed te wees, dan sal hy hom vanself na My toe rig. Want dan verlang die mens na sy God en Skepper, en die wil is dan reeds die korrekte beslissing, dit is die deurstaning van die wilsproef wat aan die oergees as mens op aarde gestel is.
Die bestaan op hierdie aarde is nie van `n lange duur nie, dit is egter ruim voldoende vir die mens om homself heeltemal te vergeestelik, want daardeur bereik hy `n toestand, wat hom die "kindskap" van God kan gee, dit wil sê, dat die oergees homself weer in die toestand verplaas van volmaaktheid wat hyself deur sy vrye wil tot die hoogste peil gebring het. En hy kan nou ook weer in My direkte nabyheid vertoef waar hy van die regstreekse deurstraling van My verseker is, ofskoon ook alle ander oergeeste steeds hoër kan styg, sodra hulle die ligryk mag betree. - Waarvoor die voorheen genoemde korrekte wilsbeslissing op aarde egter weer vereis word.
En oorsalig is elke wese wanneer hy tot die bewussyn kom welke eindelose lang weg die oergees afgelê het om tot die hoogste ligvolheid te kom, om onmeetlik salig te wees. Hy sal My lof en dank toesing en My prys tot in alle ewigheid. Hy sal My "kind" wees en bly wat My nooit meer sal verlaat nie - en sy skeppings en werke sal volgens My Wil wees tot sy eie geluksaligheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205