Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE ONSTERFLIKHEID VAN DIE SIEL
B.D.1874 - 3 April 1941
Die leer van die onsterflikheid van die siel is vir baie mense onaanneembaar, omdat hulle die maatstaf aanlê van aardse verganklikheid, omdat niks op aarde bestendig en alles verbygaande is. Dit is die mening van die mense, dus glo hulle ook self om geen uitsondering op hierdie natuurwette te maak nie. Die aardse liggaam vergaan weliswaar en los skynbaar op, maar die mens begryp nie dat die skynbare vergaan slegs `n oorgangsmiddel is tot `n nuwe omvorming nie. By enige nadenke sal hy insien dat al die aardse een of ander doel moet dien, en hy sal vasstel dat selfs die onbeduidendste skeppings in `n sekere verbinding met mekaar staan en dus nie doelloos is nie.
Vergaan so 'n skeppingswerk, dan neem weer talryke ander skeppings die oorblyfsels van die eerste in homself op, en sodoende staan dit weer ten dienste van die nuwe skeppings waarin dit dan voortleef.
Die mens hoef maar net `n uiterlike verandering ernstig te beskou, dan moet hy toegee dat die innerlike lewe nie kan vergaan nie. En die innerlike lewe moet hy op sy minste ook in die mens veronderstel. Hy moet homself duidelik voor oë stel dat die siel van die mens, die gevoelslewe, nie maar willekeurig te beëindig is nie, omdat die gevoelslewe die eintlike sin is van elke beliggaming. Die uiterlike vorm is van geen enkele nut, wanneer die innerlike kern nie deur die mensdom erken word nie.
Die opbouing van `n menslike wese vereis steeds dieselfde bestanddele, naamlik liggaam, siel en gees. Die liggaam, die uiterlike omhulsel, voer die funksies uit wat deur die siel bepaal word. Dus is die liggaam maar net die orgaan waardeur die wil tot uitvoering gebring word. - Maar op die oomblik van die dood het die siel geen orgaan meer nodig wat haar so op aarde ten dienste hoef te staan nie, omdat sy haar blyplek verwissel het met `n gebied waarin niks uiterlik sigbaar gedoen hoef te word nie. Die liggaam het afgeval, omdat dit slegs die omhulsel was vir die aardse loopbaan, waarin die siel haarself moes vorm tot draer van die Goddelike gees.
En die gees, die derde bestanddeel van die lewende wese, sluimer wel in elke mens, maar begin eers dan te werk, wanneer die wil van die siel aan die gees meer aandag skenk as aan die liggaam. Wanneer die siel dus die aardse behoeftes nie so ernstig neem as die eise wat die gees haar stel nie, wat steeds `n agteruitgang van aardse belange inhou. Liggaam, siel en gees hoort wel tesame, maar kan uiteenlopende doelstellings nastreef. Die siel kan haar wil meer op die eise van die liggaam rig, maar kan ook hierdie eise naas haarself neerlê en haar wil slegs vir die gees in haarself nuttig maak. En juis hierdie wilsrigting sal haar lewe in die hiernamaals bepaal, deur die toestand waarin die siel vertoef na die aardse lewe, wat vir haar geluksaligheid of ook lyding kan beteken.
Sodoende is die aardse lewe - dus die funksie van die liggaam - maar net `n verbygaande stadium waarin die siel haarself bevind, want die siel is die dryfveer van alle aksies op aarde. Sy kan geensins as uitgedoof beskou word, wanneer die liggaam nie meer sy funksies kan uitvoer nie, sy het slegs die liggaam verlaat, omdat sy nou haar verblyf geneem het in `n gebied waarin sy geen uiterlike omhulsel meer nodig het nie.
Om die siel dus as "uitgedoof" te beskou, sou `n totaal valse opvatting wees van haar wese, want die siel is iets wat nie kan vergaan nie. Sy kan deur die liggaamlike dood van die mens weliswaar nie meer die liggaam tot sy funksies aanspoor nie en sy kan ook deur gebrekkige rypheid in `n werklose toestand verval, veral, wanneer die mens te min aandag aan die gees geskenk het, nooit kan sy egter "nie meer wees nie"... Want die siel is iets geestelik wat onverganklik is, terwyl die liggaam uit aardse stof, uit materie bestaan, en daarom aan `n voortdurende verandering onderworpe is maar ten slotte ontbind word in sy bestanddele, sodra die siel die liggaam verlaat het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205