Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

MIKROKOSMOS
B.D.716 - 20 Desember 1938
Die wêreld op sigself het maar net die doel om die baie lewende wesens, wat draers is van geestelike potensialiteit, tot `n hoër ontwikkeling te bring. Dit kan slegs in `n sodanige omgewing plaasvind waar weerstande aanwesig is van allerlei aard. En hierdie weerstande het die wêreld voldoende ter beskikking, hetsy op hierdie aarde, of op die baie ander hemelliggame. Oral stamp die lewende wesens op onverwagte probleme, en om dit te oorwin, moet alle energie aangewend word.
En in elke lewende wese is sulke energie voorhande, deur die kragtoevoer wat elke lewende wese verkry, om ten minste te kan bestaan. Maar die verdere ontwikkeling hang nou af, van in hoeverre die lewende wese die innerlike krag gaan gebruik, dit wil sê, hoe vinniger die opdrag vervul is wat die wese opgelê is, hoe vinniger word die geestelike intelligensie van haar omhullende vorm bevry en kan die volgende stadium van ontwikkeling begin.
Nou is die vraag natuurlik te wagte, in welke vorm is vir die lewende wese die vinnigste ontwikkeling moontlik? - Maar hierdie vraag kan slegs hiermee beantwoord word, dat die deurloop van elke vorm onvermydelik is, dat alleen dan `n grens gestel is, wanneer die aaneensluiting van tallose sielspartikeltjies weer `n geheel oplewer; wanneer alle sielesubstansies dus aanwesig is om die laaste beliggaming, die vorm van die mens, te besiel.
Die diepste emosie en die teerste gevoelens in die mens het sy grond in die op alle nuanse afgestemde siel, wat wederom saamgestel is uit die allerfynste sielspartikeltjies wat vir die opbou van die geheel van belang is. Want hulle waarborg die nou gevormde siel, (die mens) die allerfynste gevoelens en waarnemingsvermoë vir die kleinste skeppingswondere van die Goddelike liefde.
Waar hierdie fynste bestanddele nie aanwesig sou wees nie, daar sou die mens volledig die begrip vir reeds aanwesige en nog te ontstane wonderwerke ontbreek. Hy sou eenvoudig nie kan sien wat nie reeds lewend in hom is nie. Hy moet dus ook alles wat in die skepping aanwesig is tot in die nietigste bestanddele in homself hê, dit wil sê, elke substansie moet in sy siel aanwesig wees, anders sou hy dit nie buite homself kan waarneem nie.
En hierdie onderrig laat weereens die vraag oop, van welke aard die bestanddele van die klein lewende wesens nou wel is. Dit is maklik uit te lê, deurdat dit weer alle substansies van nog kleinere wesentjies in hulleself dra. Wat dienooreenkomstig slegs instinkmatig dit bespeur wat in die ontwikkeling reeds verder voortgeskry het, ewenwel dit wat as substansie al in hierdie "klein" lewende wesens aanwesig is, weer beheers.
En die kennis van so `n belangrike skeppingsleer is vir die mens van groot voordeel, want hy leer daardeur eers die wese van die mens in sy veelvormigheid ken. Hy kan deur die feit al insien dat die mens die "kroon is" van die Goddelike skepping, dat hy innerlik, dit wil sê, “sy siel” so bomatig fyn saamgestel is, dat so `n "kunswerk" onmoontlik slegs vir die duur van `n aardse lewe deur `n wyse Skepper geskape kon gewees het. Want alles wat hy in die natuur beskou, hetsy in die minerale-, plante- of diereryk, is in atome in homself aanwesig.
Die mens het dus die algehele skeppingswerk in die allerfynste verkleining in homself. Hy moet dus in homself ook die weerstande oorwin wat van buiteaf deur die wêreld op hom neerkom; wat so opgeneem moet word: Naamlik dat tallose gevare van buite, die mens tot groter weerstandskrag sal aanspoor. Dat die geestelike atmosfeer egter netso deur voortdurende weerstande van die in onafgebroke stryd verkerende afsonderlike sielesubstansies in beweging gehou word; want slegs so kan die siel haarself versterk en vir hoër doeleindes toeganklik gemaak word. Soos wat ook elke lewende wese, ook die kleinste, `n bepaalde werksaamheid het om te verrig, so geld dit ook vir die mens as draer van al hierdie bestanddele. En hierdie opdrag bestaan in die vergeesteliking van die sielesubstansies wat nog `n groot weerstand het tot die eintlike opgawe, wat veel liewer dieselfde wil doen as wat hulle voorheen in `n vroeëre vorm gedoen het.
Juis daarom moet die mens teen soveel swakhede, gebreke en ondeugde stry, omdat die neiginge van die substansies wat in die siel gekluister is, steeds weer tot deurbraak kom en die vlees, die aardse omhulsel, tot toegewing sou verlei, waarteen in die aardse lewe uiterste weerstand gebied moet word.
Slegs so is te begryp welke buitengewone verantwoording die mens dra in die aardse lewe, hoe daar blywend geworstel moet word om ten slotte vergeestelik as oorwinnaar oor alle gevare te kan triomfeer en elke verleiding te kan weerstaan. - Want, hoe dikwels is "die gees gewillig, maar die vlees te swak".
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205