Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

IN DIE BEGIN WAS DIE WOORD
B.D.6852 - 5 Maart 1957
In die begin was die Woord en die Woord sal bly tot in alle ewigheid. Die woord is die uitvloeisel van My liefde, en is die verbinding tussen My en die geskapene wat vanuit sy "ek bewussyn" die verbinding met My begeer. Want eers hierdie wens, naamlik die wil om My te hoor, gee die wese die geskiktheid om homself aangeraak te voel deur die liefdeskrag wat elke woord van My eie is. Want die woord gee die wese die bewys dat daar `n ander Wese bestaan en wat dus tot hom spreek. Die woord het van My uitgegaan, toe My wesens in die lewe tree. Ek gee daardeur die wese die gawe om iets in homself te verneem wat as woord, as gevormde gedagte, tot hom deurdring en hom die aanwesigheid van `n tweede Wese bewys wat Hom aan hom wil meedeel.
Slegs die geskapene het My Woord nodig en daarom heet dit ook; in die begin was die Woord, want Ek self is van die Ewigheid af. Solank as wat daar buite My geen wesens bestaan nie, hoef My Woord ook nie te weerklink nie, maar die geskape wese moes deur My aangespreek word om sy saligheid te verhoog. Hulle moes My kan hoor om deel te kan hê aan My gedagtes wat as "Woord" in die wese weerklink en dit self weer tot denke aanspoor, tot vrye werksaamheid van die denkvermoë en van die wil. Die wese was dus selfstandig buite My geplaas, maar moes egter in gestadige verbinding met My kon bly, deur die uitruiling van gedagtes wat deur die woord tot uitdrukking kom.
Onberekenbare liefde het My vervul toe Ek wesens skep wat die "ewebeeld was van Myself”. En die drang om My Self aan die wesens te openbaar, het My beweeg om hulle aan te spreek en My liefde te toon. Want daardeur voel hulle ook self die verbinding met die Wese wat hulle bomatig liefhet. My liefde het dus oorgevloei in hierdie wesens, in die vorm van My Woord. En hulle kon ook My liefde beantwoord, want hulle was produkte van My liefde, dus in hulle oerwese self liefde. Hulle kon dus My Woord begryp en beantwoord, en hulle was ook bekwaam om onder mekaar gedagtes te wissel. En dit was steeds weer gedagtes wat hulle van My uit in die vorm van woorde toegevloei het.
Die woord het dus van My uitgegaan, omdat Ek self die woord is van die ewigheid af, die alles voortbringende krag wat in sigself liefde is. En die woord sal bly bestaan tot in alle ewigheid, want Ek is van die Ewigheid af. Die woord het wel `n begin, maar dit sal bly bestaan tot in alle ewigheid omdat die wesens wat Ek skep, nie kan vergaan nie. Ewig sal Ek hulle sodoende aanspreek en salig maak, deurdat My liefdeskrag die wese vir ewig sal toestroom, en in die vorm van My Woord aanraak en salig maak.
Dus is Ekself die Woord en Ek bewys Myself aan My skepsele deur die woord, want hulle kan My verneem ook al kan hulle My nie aanskou nie. En hulle kan ook voel dat Ek hulle self aanspreek, hulle God en Skepper van die Ewigheid af, wie se eindelose Vaderliefde op die manier tot uitdrukking kom dat daar `n band bestaan tussen die Skepper en die geskapene, tussen Vader en kind. Die woord sal dus weerklink tot in alle ewigheid, want die liefde tot die geskapene kan nooit vergaan nie. En daarom sal die geskapene die liefde ook altyd gewaar word, want Ek sal steeds tot My kinders spreek en sal My Woord laat hoor in die algehele oneindigheid. Ek sal nie net die wesens in die ligryk aanspreek nie, maar ook alle mense op aarde wat nog weinig kennis van die oneindige liefde van die Vader tot Sy kinders het.
Daarom bedien Ek My van `n mens (B.D.) wat haarself vrywillig met My verbind het en as werktuig dien, want alle mense moet ervaar dat EK IS en moet ook `n bewys hê in die vorm van My Woord, in die vorm van My Goddelike liefdesuitstraling. Maar of hulle hulself deur My sal laat aanspreek en of My Woord hulle harte beroer, dit is altyd net `n gevolg van die goeie wil, wat Ek nooit sal dwing nie. Wie egter die goeie wil het, sal My ook Self herken in die woord. En wie homself bewustelik deur My laat aanspreek, die het ook My liefdestraling opgeneem, en dit sal nie sonder uitwerking bly nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205