Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

LIGGAAM - SIEL – GEES
B.D.4757 - 9 Oktober 1949
Dit is onbegryplik vir die mense in welke verhouding liggaam, siel en gees tot mekaar staan, en daarom is ook die uiting van die gees vir hulle moeilik te verklaar. Die gees staan in teenstelling tot die liggaam terwyl die siel tussen beide staan, en dus as`t ware tussen die liggaam of die gees moet kies maar haarself nooit op beide kan rig nie.
Die siel is by die beliggaming as mens, die liggaam heeltemal toegewy. Sy beywer haarself om dus alle wense van die liggaam te vervul, dit wil sê, die denke, gevoel en wil van die siel is op die liggaam gerig wat self nog uit materie bestaan en waarmee sy haarself probeer verenig. En daarom sal die mens slegs verlange hê na materiële goedere, omdat dit behoort tot wat die liggaam behaag.
Die gees kom dus heeltemal nie tot sy reg nie, want die siel luister nie na wat die gees van haar verlang nie. Hy kan homself nie laat geld nie, omdat die liggaam nog voorrang geniet en heeltemal beslag lê op die siel, dus haar gesindheid en strewe beheers.
Maar die siel kan ook die waardeloosheid van aardse dinge erken en sal liggaamlike begeertes as onbeduidend beskou. En sy kan van die lewe meer verlang as slegs aardse goedere, dan kom die gees tot sy reg. Dan openbaar die gees homself aan die siel en word deur haar aangehoor.
Dan begin die siel `n ander rigting inslaan en verlang nou niks meer vir die liggaam nie, maar streef geestelike goedere na. Sy laat haarself onderrig, dit wil sê, sy neem sonder teenspraak aan wat die gees vir haar te sê het. Ja, sy voel haarself gelukkig en gee steeds minder ag op die liggaam, of sy soek om die liggaam meer gewillig te maak vir wat die gees van die siel verlang, naamlik om die aardse materie op te gee en te verwissel vir geestelike goedere.
Dan het die gees geseëvier oor die liggaam, want beide, gees en liggaam probeer om die siel vir homself te wen. En as die gees slaag om die begeertes van die liggaam te verdring, dan is hy die oorwinnaar.
Maar wat is onder "gees" te verstaan? - Gees is die Goddelike in die mens, wat die mens as Goddelike skepsel kenmerk. Gees is die band wat die mens verbind met die Vadergees van die Ewigheid; hy is die bewussyn in die mens wat met die Vadergees vir ewig verbonde is. Want sodra hy in aksie kom, besef die mens eers dat hy `n skepsel van God is, voorheen was hy homself maar net as lewende wese bewus van dit wat die lewe alles wil opneem wat dit te bied het.
Besef die mens egter wie hy is, dan beteken die wêreld niks meer vir hom nie, dan soek hy goedere van hoër waarde en dan is sy gedagtes tot die geestelike Ryk gewend. Dan soek hy om in verbinding te kom met Hom wat hom die Lewe gee, dan is sy denke reg en sy wil en handeling ook ooreenkomstig die Goddelike Wil.
En dan werk die Gees uit God in die mens, waaraan die siel homself dan oorgee om gelei en onderrig te word, sodat liggaam, siel en gees een kan word en die verbinding met God weer herstel. Want die gees streef onophoudelik na die Vadergees, met wie hy verbonde is en bly tot in alle ewigheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205