Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE STEM VAN DIE GEWETE
B.D.7698 - 13 Augustus 1960
U moet tot volmaaktheid gelei word en daartoe het u My ondersteuning nodig. Want u het eens alle krag weggegee en het swak, liglose skepsels geword wat so lank in die diepte moes bly, totdat My liefde u opgeneem het en uit die diepte omhoog gehelp het. Nou is u wel al in `n bepaalde graad van rypheid, maar dit is nie voldoende om u weg opwaarts, wat u nog moet aflê tydens u aardse lewe, te waarborg nie.
Daarvoor het u My Krag en My leiding nodig. En as u nou self bewus is van u swakheid, as u opsien na hulp, dan staan Ek reeds aan u sy en wag slegs totdat u vir My om hulp vra. Maar hierdie bede moet u in u vrye wil tot My rig, omdat van My kant uit geen enkele dwang op u wil uitgeoefen sal word nie.
Maar Ek is te alle tye bereid om u die gevraagde hulp te gee, soos Ek u ook altyd van krag sal voorsien as u dit maar begeer. Juis sodat in u die verlange daarna opgewek word, laat Ek u soms u swakheid en duisternis besonder sterk voel. Maar dit is slegs `n teken van My liefde vir u, omdat Ek u daardeur vir My Wil wen en u wil beweeg dat u My vrywillig om hulp vra.
Daarom moet u ten eerste in My glo. En ook word u kennis oor `n God en Skepper bygebring wat u slegs hoef aan te neem en daaroor na te dink, wat u dan vanuit `n goeie wil ook tot geloof in staat stel. U kan verseker wees dat Ek u `n vaste geloof verskaf as u slegs die goeie wil het om korrek te dink en te handel, as u slegs aan die innerlike stem gehoor gee wat u die goeie weg sal wys.
My stem klink in elke mens soos die stem van die gewete, maar dit kan na geluister of ook nie na geluister word nie - dit hang slegs af van die wil van die mens. Dus sal die stem van die gewete die mens ook kennis gee oor wat reg en wat verkeerd is; hy word deur die stem van die gewete onderrig oor die grondwet, oor die liefde, want as mens weet hy presies wat hom vreugde en welbehae of wat hom lyding en ellende veroorsaak. Daarom kan hy ook teenoor sy medemens so handel soos dit homself tot welsyn dien en hy kan hom teen skade aan sy liggaam behoed.
Dus kan die liefde ook in hom ontwaak, waardeur die lig van insig hom dan sal verlig. Elke mens kan tot die korrekte denke en handeling kom, want vanuit My is in hom die fyn gevoel gelê wat deur die stem van die gewete tot uitdrukking kom. En sodra hy hierdie stem in ag neem, kan hy sy wese, wat in die begin van sy beliggaming as mens, nog baie selfsugtig is, verander om sy naaste lief te hê. En dan is die sekerheid ook gegee vir `n sterk en lewende geloof in My, sy God en Skepper.
En dan sal hy ook spoedig in My sy Vader erken wat hom liefhet, en na Hom toe wil trek. Hy sal hierdie verbinding in vrye wil nastrewe en Ek sal hom kan lei na volmaaktheid, omdat Ek elke mens die hulp skenk. Ek laat geen mens in swakheid en onwetendheid nie, Ek is en bly sy Leier gedurende die hele aardse lewe, solank hy homself nie teen My verset nie, solank sy wil homself deur die stem van die gewete laat beïnvloed. Dit sal steeds geskied wanneer die siel gewillig is om die doel van die aardse lewe te bereik. Want dan kan die mens verseker daarvan wees dat alles van My kant af gedoen word om hom tot volmaaktheid te bring, dat hy nooit aan homself oorgelaat is nie en ook sy bestemming sal bereik.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205