Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

VERSOENING VAN DIE SKULD DEUR JESUS DIE CHRISTUS
B.D.6513 - 30 Maart 1956
Om die boosheid van die mensdom op My te neem, was onberekenbaar swaar. Daar was geen enkele slegte daad wat nie sy uitwerking op die mens gehad het nie, en u sou onmeetlik moes ly as u alle sonde wat u belas, self sou wou goed maak. Net die sonde van die allereerste opstand teen God was al so groot, dat u dit nooit kon betaal nie, nóg in u gekluisterde toestand, nóg in u toestand as mens. Daarom het Ek al u skuld op My geneem - die uitwerking van die bose daad het Ek opgevang - alles het Ek op My menslike liggaam gelaai en dit het nou u skuld deur `n bomatige smartlike lyding en sterfte aan die kruis versoen.
My Liefde het My beweeg om u te help en al die ligvolle geestelike, alle geskape oergeeste wat My trou gebly het, was vervul met dieselfde liefde tot u. Die liefde laat egter niks verlore gaan nie, die liefde laat niks in die duisternis, nood of kwelling nie. Die liefde Self bied Haar aan tot redding, tot delging van die groot skuld. In `n Wese vol van lig en liefde het die Liefde Self na die aarde gedaal, immers, dit wat op aarde sou gaan geskied, moes in `n menslike vorm gebeur. Ek Self moes My in die vlees beliggaam en neem daartoe My verblyf in die mens Jesus, Wie ewenwel so rein en sonder sonde was, dat Ek My in Hom kon manifesteer.
En hierdie mens Jesus het u van u skuld gereinig, hierdie mens Jesus het die ontsaglike sondelas van die mensdom op Sy skouers geneem en het na die kruis gegaan daarmee. En soos die onmenslike lyding weer aan u steeds geskilder sou word, sou u dit nooit in sy gehele diepte kan begryp nie, want die gebrekkigheid van u wese verhinder u dit. Sy pyne was onvergelyklik swaar en Hy het dit lankal vooraf geweet; want Hy was vervul van My Gees deur Wie Ek Self My verblyf in Hom geneem het. En daarom was daar ook niks vir Hom verborge nie en het Hy alles oor Sy sending en ook oor Sy kruisdood geweet.
Sy siel het gesidder en gebeef omdat Hy mens was. Sy Goddelikheid wat Hy deur die liefde bereik het, het Hom wel 'krag’ gegee, maar dit het nie die maat van die lyding verklein nie. Dit was die kruisweg van `n mens wat vir Sy medemens wou ly om hulle te help, want hierdie Mens het die onmeetlike lyding van hulle geken wat in die diepte deur My teenstander vasgehou was. Jesus het geweet dat daar `n offer gebring moes word om die siele van die teenstander vry te koop. Hy het geweet dat die groot sondeskuld gedelg moes word om aan die regverdigheid van die Vader te voldoen, wat geen, met skuld belaaide, kind in die Vaderhuis kon opneem nie. Hy wou My kinders vir My terugbring. Hy wou die prys betaal om die siele vry te koop.
En omdat die skuld reusagtig groot was, moes die offer ook ongewoon groot wees. Deurdat die mens Jesus dit geweet het, het Hy die oorgrote lyding op Hom geneem, daarom het Hy Hom nie verset teen dit wat geen mens buiten Hom, sou kon verdra nie. Bewustelik het Hy die weg na die "kruis” gegaan en het ongelooflike pyne gely, wat ten slotte geëindig het met die smartlikste dood aan die kruis.
Om u mense die grootte van dié werk van barmhartigheid te laat besef, is nie moontlik nie, maar u moet u steeds weer voor oë hou dat Hy heeltemal sonder skuld was en vir u, wat sonder Sy werk van verlossing nooit meer uit die diepte na die Vader kon terugkeer nie, gely het. Ek Self was in die mens Jesus, wat Hom met liefde vervul het waarsonder Hy nimmer die werk kon volbring het nie. Maar in die swaarste ure van Sy lydingsweg moes Ek My stil in Hom skuilhou, omdat `n Mens moes ly en sterwe, want die Godheid in Hom kon nie ly nie. Volgens Goddelike regverdigheid kon die Godheid egter die skuld ook nie sonder versoening doen nie.
Die allergrootste werk van barmhartigheid wat vir u mense nog onbegryplik is, sal u eens later in sy hele diepte kan bevat. Die mens Jesus het Homself deur Sy menswees in u sfeer bevind en daarom het Sy siel wat uit die Hoogte, uit die Ryk van die lig, neergedaal het, so verskriklik gely, want Hy het die diepste duisternis aanskou en was daardeur beklem deur die kragte van die hel. Daarom het die mens Jesus nie slegs liggaamlik gely nie, maar ook moes Sy siel die ergste kwelling verdra wat Sy lyding nog eens duisendvoudig vergroot het. Maar Hy het vir u mense verlossing gebring van sonde en dood.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205