Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE OORWINNING VAN DIE MATERIE
B.D. 5594 - 3 Februarie 1953
Uself moet daarvan bewus word dat alles verganklik is en dat u self netso `n verganklike liggaam het. Dat u alles sal moet agterlaat wanneer die uur van skeiding van die aarde gekom het, dat slegs u siel dan sal bly bestaan. Maar wel in dieselfde gesteldheid wat u haarself op aarde gegee het. U moet self bewus word dat sy dieselfde houding, wat u as mens tot die wêreld gehad het, saamneem na die ryk in die hiernamaals. Dat sy in die ryk dus net so sal hang aan die materie of dit verag soos wat sy dit op die aarde gedoen het. Dat `n bomatige leedvolle toestand egter dan haar lot sal wees wanneer slegs die materie haar verlange en begeerte was, wat sy nou moet agterlaat en arm en ellendig die ryk hierna ingaan. Daarenteen, hoe heeltemal vry en geluksalig sal sy nie wees as geen aardse dinge haar belas het nie, wanneer haar strewe en begeertes op aarde reeds geestelik gerig was.
Mense, bedink tog dat die wêreld u slegs skyngoedere kan besorg wat nie blywend is nie. Dat u uself egter tot slaaf daarvan maak wanneer u dit nie oorwin en as skyngoedere erken nie. Die hebsug na aardse goedere is die grootste gevaar vir die menslike siel, en die hebsug is sterk by die mense op hierdie aarde en groei steeds meer, hoe nader dit aan die einde kom. Die mense is heeltemal verblind in hulle gees en hulle denke is verward. Hulle ywer en werk slegs vir wêreldse goedere, maar slaan geen ag op hulle siele, wat hulle gebrek laat ly en tog bly alleen sy bestaan wanneer al die ander verdwyn en vergaan het. En tog word die mense onophoudelik gewys hoe nutteloos hulle doen en late is, welke lot hulle siel verwag na die dood. Hulle word weliswaar daarop gewys en word egter slegs gewaarsku en vermaan, maar word egter nie gedwing tot verandering van hulle vrye wil en eie gedagtes nie. Maar die vermaninge en waarskuwinge slaan hulle in die wind en bly ook onbeweeglik deur die voorspellinge van die naderende einde, omdat hulle dit nie glo nie.
En daarom uiter God Hom somtyds baie duidelik, deur van die mense weg te neem wat hulle vrywillig nie wil kwyt raak nie. Dit is `n Goddelike openbaring wat maar deur weiniges as sodanig erken word. Dit is `n openbaring wat die mense duidelik genoeg die werk van God te siene gee; omdat hulle nie daarteen kan opstaan en nie in staat is om hulleself daarteen te verweer nie. Hulle moet hulle volledige onmag toegee en kon dus ook insien dat `n hoëre Mag werksaam is, volgens Haar wil. En tog wil hulle hierdie Mag nie aanvaar nie, ja eerder ontken hulle nog die Mag en dit kan hulle nie belet word nie, omdat hulle in die besit is van `n vrye wil.
God spreek oral en Sy stem kan deur iedere en `n elk gehoor word, maar tog bly die meeste onbeweeglik daaroor en rig hulle oë na die wêreld en haar goedere. In hulle hart verstom die begeerte na die materie nie, sodat hulle dit wat hulle verloor het, so vinnig as moontlik wil terugwen, maar die siel meer gebrek laat ly as voorheen.
Desondanks laat God deur Sy bemoeienisse nie na om die mense van die materie te verlos nie, en daar sal nog baie gebeur voor die einde, wat vir die doel nog dienstig is. En die seën is vir hulle verseker wat die doel van vernietiging en katastrofes insien en Hom ook erken, wat oor die skepping beveel. Seën ook aan diegene wat God in al die gebeure herken en Hom aanroep om beskerming en hulp in elke nood. Hulle word hulp geskenk op aarde en ook in die geestelike Ryk, en hulle sal lewe, ofskoon hulle liggaamlik gesterwe het.

AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205