Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE KENNIS VAN DIE AARDSE LEWENSDOEL EN DIE OORSAAK DAARVAN
B.D. 8020 - 16 Oktober 1961
U moet veral weet dat u bestaan as mens op aarde `n oorsaak en `n doel het. U is nie toevallig deur die Skepper in die wêreld geplaas nie; maar geestelike gebeurtenisse is die oorsaak van u bestaan. Dit was voorvalle, wat homself afgespeel het in die geestelike Ryk, `n geweldige lang tyd gelede. `n Verandering het homself voltrek in die ryk by die wesens wat deur My liefdeswil uit My voortgebring was. Die wetlike orde, waarin alles homself moes beweeg wat volmaak was, was omvergewerp, en toe verander die volmaak voortgebringde wesens in die teendeel. - Hulle het deur hulle vrye wil uit die wetlike orde getree en het onvolkome geword.
Die wil van hierdie wesens het in verset gekom teen die bestaande orde en in opstand teen Myself, hulle God en Skepper, wat hulle wel erken het, omdat hulle in die lig van die insig gestaan het. En hierdie voorval in die geestelike Ryk is die oorsaak van u bestaan as mens op hierdie aarde, want u is een van hierdie geeste wat u in u vrye wil eens van My afgewend het. U is hierdie wesens wat eens in hoogste volmaaktheid deur My voortgebring is en uself uit vrye wil tot die teendeel gekeer het. U is hierdie gevalle geeste. Maar tussen u verval van My en u bestaan as mens, lê ewighede, eindelose lang tye waarin die gevalle wese `n veranderingsproses moes deurmaak en waarin hy ook onbeskryflike lyding en kwellinge moes deurmaak, waartydens hy homself langsaam uit die diepte omhoog moes ontwikkel, steeds onder My leiding, want niks bly vir ewig van My geskei, wat uit My voortgekom het nie. En so het u eenmaal die fase van ontwikkeling bereik waarin u as mens oor die aarde gaan, om die laaste kort weg terug af te lê vanwaar u uitgegaan het, om in vrye wil die terugkeer te bewerkstellig tot u God en Vader, van wie u uself eens verwyder het deur `n verkeerde gerigte wil.
En wanneer u u menswees beskou, sal u leer begryp hoe belangrik dit vir u is; u sal dan die aardse bestaan nie as doel self - maar as `n middel tot die doel insien, en u sal dan ook meer bewustelik gaan lewe. Maar dit is moeilik om u te beweeg om te glo dat u geen "gril" is van u God en Skepper nie, want daar is geen bewys vir dit wat Ek u verkondig nie. U moet hier ernstig daaroor nadink dat u self en alles wat u omgewe “wonderwerke" is, wat nie maar willekeurig kon ontstaan het nie. En dan sal u deur ernstige nadenke ook `n God en Skepper kan erken en daarvan oortuig wees dat niks doelloos is nie, en dat u aardse bestaan ook `n doel het. En u moet uself nou probeer verbind met hierdie Skeppingsmag, wat deur u erken word, wat altyd moontlik is deur goeie gedagtes, gebede uit die hart en dade van liefde. En in verbinding met My sal daar spoedig `n lig in u straal en dit sal u spoedig `n glans van insig gee en verlig dat u dit eendag in volle mate sal besit.
En die lig in U sal steeds helderder straal hoe inniger u die verbinding soek met My, en u sal dan ook u aardse lewensdoel vervul. U sal dan die verandering voltooi in vrye wil, die hervorming van u wese tot die volmaaktheid wat u toestand was in die begin. U sal die "liefdesvonkie in uself” ontsteek en tot `n vurige vlam laat ontbrand, wat beteken om weer in die wetlike orde getree te wees waarin die volmaakte homself moet beweeg.
En u sal `n ontwikkelingsproses kan afsluit wat ewighede geduur het. Met die gevolg, om weer My oerwese aangeneem te hê en uself weer tot liefde gevorm te hê, dit wil sê, weer die Goddelike volmaakte wese te wees wat u was in die begin.
Want dit is die doel van u aardse bestaan, wat u tot `n bewustelike lewe moet aanspoor, sodat die laaste stadium van `n eindelose lang weg van ontwikkeling vir u wese suksesvol is en dit, heeltemal vergeestelik, in alle volmaaktheid van hierdie aarde kan skei om te kan ingaan in die Ryk van lig en saligheid, waarvan u eens uitgegaan het. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205