Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE HUWELIK WAT DEUR GOD GESEËN IS
B.D.4357 - 28 Junie 1948
In liefde moet u mekaar vind, anders kan `n verbond deur My nie geseën word nie. Die huwelik is die samesyn tussen twee en `n saamlewe in die innigste harmonie. Die huwelik is `n toestand wat nie wetmatig tot stand gebring kan word nie, maar steeds `n diep onbaatsugtige liefde as voorwaarde het wat, as dit eenmaal in die hart ontbrand het, nimmermeer uitgedoof kan word nie. Want die ware liefde verbind die harte en is geen liefde wat slegs in die luste van die sinne haar vervulling soek nie en is daarom geen begerende liefde nie. `n Liefde wat gedurig gelukkig wil maak, is die fondament van `n egvereniging wat deur My geseën is, want dit is `n innige gemeenskap van twee mense wie se harte `n rein liefde vir mekaar voel. So 'n huwelik is onontbindbaar, omdat egte liefde nooit kan vergaan nie. En so 'n huwelik word gesluit sodra twee mense hulself tot My aanbeveel, sodat Ek hulle verbond kan seën.
Eers dan geld hulle vir My as man en vrou en moet saam bly tot die dood hulle skei. Wie dan so 'n huwelik aangegaan het, sal hulself ook steeds by die ander behorend voel, al sou ook uiterlike omstandighede die mense van mekaar skei. My seën sal op hulle rus, omdat die mees heilige gevoelens sy oorsprong het in My, wat die eerste voorwaarde is vir `n deur My gewilde egvereniging, en hierdie verbinding ook veroorsaak het.
Maar die ware liefde is nouliks op aarde te vinde. Ewenwel word wetlike huwelike wel bevestig en dit is ook nie teen My Wil nie, omdat die mensegeslag homself moet voortplant, omdat tallose siele ongeduldig wag op die beliggaming in die vlees om hulle laaste weg van ontwikkeling in die wêreld van die materie af te lê.
Dus moet die verbinding van twee mense in `n na buite herkenbare vorm gegiet word wat bepaalde wette, verpligtinge en regte in sigself insluit. Want sonder hierdie wette sou die mense die ordening wat deur My gewil is weer verwerp en die korrekte opvoeding van die nakomelinge in gevaar bring, wat egter vir die geestelike ontwikkeling van groot betekenis is. Daarom is die huwelik volgens die wetlike vorm, nie teen My Wil nie, of My besondere seën egter daarop rus, is afhanklik van die grootte van die liefde wat die egpaar vir mekaar voel.
My seën is egter weer deurslaggewend of `n huwelik deur My of deur mense gesluit is, want word `n huwelik uit ander motiewe gesluit sonder diep liefde van beide mense, dan geld dit wel vir die wêreld en Ek sal die hulp wat van My gevra word, nie weier nie. Dit is egter geen huwelik in die korrekte betekenis van die woord waarin Ek My welgevalle het nie. Dit is nie deur My die gewilde verbinding wat eers deur die liefde tot `n handeling word van saligheid, en wat Ek sal seën nie.
Want waar die rein liefde is, sal die gegewe beginsels steeds oorheersend wees, dus word Ek in so `n huwelik nie uitgeskakel nie, omdat Ek die liefde Self is. Veel meer sal My Gees die mense beheers wat op hierdie manier voor My gaan staan en as man en vrou vir My seën te bid. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205