Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE WARE VADERLAND VAN DIE MENS
B.D. 9009 - 6 Julie 1965
Laat u nie irriteer wanneer My Woord as vals verwerp word nie, want slegs van My self kan die suiwer waarheid voortkom. En dat u deur My self onderrig word, kan maklik vasgestel word, wanneer mense van goeie wil hulself met die ondersoek van die geestelike goed, wat aan hulle deur u gebring word, gaan besig hou. Hulle sal weliswaar geen bewys gegee kan word nie, omdat die mense deur hul eie skuld nie die geestelike openbaringe ken nie, en in met betrekking tot die geloofsvryheid kan dit nie deur bewyse aan hulle bevestig word nie. Maar elkeen wat van goeie wil is, sal in homself die oortuiging hê om op die korrekte weg te wees, dus kan hy ook sonder bewys glo en tog weet dat dit korrek is wat hy glo. Maar die wêreld en die geestelike Ryk is twee heeltemal verskillende ryke wat slegs deur die geloof met mekaar verband hou.
Wanneer u nou kennis ontvang uit die geestelike Ryk welke nie deur `n verstandelike denke verkry kan word nie, dan kan u mense dit tog sonder beswaar aanneem as teken van die realiteit van die ryk, omdat daar vir u gebiede ontsluit word waarvan slegs Ek Self u volgens waarheid opheldering kan gee.
Daarom is dit geen teken van `n skerp verstand wanneer `n mens die ryk wil verloën nie, maar slegs omdat hy self nie op hoogte is daarvan nie. Elke mens sou hierdie bewys van `n geestelike wêreld aan homself kan verskaf, as hy My daaroor sou raadpleeg, maar meestal word dit hom deur sy verstand belet om maar net dit te begryp wat te bewys is.
Daarom kan hy nie oor die grense van sy verstand heen kom nie, omdat hy homself grense gestel het deur sy ongeloof, wat hom verhinder om oor sulke probleme na te dink wat vir hom onoplosbaar is, omdat hy nie tot die Skepper Self vir opheldering bid nie. Omdat hy egter eers aan `n Skepper moet glo, kan ook slegs die gelowige mens die verbinding met Hom herstel. Die ongelowige mens neem genoegdoening met die wêreld wat hy met sy oë sien en dit beteken vir hom die realiteit.
Welke resultate sou die mens egter kan bereik, wat naas sy skerp verstand, ook diep gelowig is, wat homself met alle vrae tot My wend en wat Ek hom dan ook sou beantwoord. Maar hiervan is daar maar enkeles, want meestal vermy die mense om so 'n verbinding met die geestelike Ryk te hê, omdat dit deur hulle medemens as bonatuurlik aangesien word, wat in die samestelling van hierdie wêreld nie pas nie. Maar omdat u weet hoe seënryk sulke mense kan werk en hoe belangrik die kennis is wat hulle van Bo ontvang - dan sou u alles in werking stel om uself met hierdie kennis te verryk. Want dit is vir u mense die weg om van die aardse tot die geestelike Ryk te kom wat elkeen se ware vaderland is, en almal sal dit eendag opneem, ongeag of hulle volmaak is of nie.
Ek self bied u `n geweldige barmhartigheid aan deurdat Ek met u spreek om hierdie twee ryke met mekaar te verbind, om daardeur alle mense die moontlikheid te gee om die stap uit die aardse na die geestelike Ryk te doen. Maar u wys hierdie barmhartigheid af, omdat u verstand homself daarteen verset en u nie u hart laat spreek nie. En die hart kan nie tot u spreek nie, omdat die liefde u ontbreek, sodat u onafgebroke tot liefde gemaan moet word. Want slegs die liefde tot My kan u hart sag stem en u is dan ook meer bereid om My aan te hoor. Steeds verlang Ek slegs liefde van u om u `n kennis te kan gee wat u begrip te bowe gaan, en wat u waarlik gelukkig sal maak. Want om insig te verkry in gebiede wat andersins vir die sterflike oog gesluit is, sal elke mens salig maak, omdat dit hom die stille vreugde kan gee van `n wetende, wat nie meer in die donker wandel en vir wie nou alles helder en duidelik is.
En die omstandigheid om met sy gedagtes in `n tot nou toe onbekende gebied te kan ingaan, moes u al van die waarheid van so `n kennis oortuig. U moet dus ook self probeer om hierdie kennis te verkry, maar altyd met die gedagte dat u ook die ryk eens sal bewoon, dat u maar verbygaande op die aarde is en eenmaal in u ware vaderland sal binnegaan. Want dan herstel u weer die verbinding met My, wat u in die diepte gevolg het, wat solank gewag het tot u uself as mens weer bewustelik met My kon verbind. En om u dan ook weer die kennis te laat toekom van wat u eertyds in so `n hoë mate besit het, om u gelukkig te maak. Dan sal u egter nie meer ver weg wees van u uiteindelike terugkeer na u vaderhuis nie, wat u eens vrywillig verlaat het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205