Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

DIE SKEPPING IS DIE WERK VAN GOD
B.D. 8613 - 11 September 1963
Al My skeppingswerke bewys My eindelose liefde vir u, en My onoortreflike wysheid en almag, want dit het enkel en alleen ontstaan vir die redding en terugvoering van die eens gevalle geestelike. Daarom is die hele skeppingswerk `n uitdrukking van My oorgrote liefde, want dit betrek regstreeks die geestelike wesens wat hulleself teen My verset het, My liefde afgewys en daardeur My liefde nie meer waardig is nie. En nogtans het juis die weerspannige geestelike My daartoe beweeg om skeppingswerke te laat ontstaan, wat ten doel het dat die geestelike sy weerstand sou opgee, en weer na My toe sou terugkeer.
Die liefde het dus nie op die weerstand gelet nie, maar het hierdie gevalle wesens gevange geneem, dit wil sê, My Wysheid en Mag het die wese in ontelbare deeltjies opgelos. My liefdeskrag het hulle omhul en vorm die, eens as wesens uitgestraalde krag, om tot skeppingswerke; welke My Wysheid weer hulle bestemming toewys. Liefde, Wysheid en Mag was onophoudelik besig om skeppingswerke te laat ontstaan, sodoende was en is die skepping in die ware sin van die woord `n Goddelike werk wat van My en My Wese getuig. En wat vir u mense as die grootste wonder moes voorkom, wanneer u net ernstig daaroor nadink.
En hierdie skepping sal ook steeds `n wonder bly, want die dinge is nie sonder lewe nie, maar is in voortdurende verandering. Die funksies van die afsonderlike skeppingswerke bewys vir elke nadenkende mens `n lewende God, vol van wysheid en energie, Wie se liefde onuitputlik en Wie se mag onbegrens is. En wat sonder ophou vorme laat ontstaan, wat die eens gevalle deeltjies wat in `n "jy moet toestand" in die skeppingswerke dien, berg. Want Ek het die gevalle geestelike uit die mag van My teenstander onttrek, wat mag het en eens die geestelike tot val gebring het, toe hy vrywillig gevolg is. Dit was weliswaar as gevolg van hom, omdat hulle hom vrywillig gevolg het, en tog was van hom alle mag oor die geestelike, wat My liefdeskrag tot materie laat word het, ontneem. Die geestelike is dus sodoende aan die invloed van My teenstander onttrek en staan nou onder My wet. Hulle was nie meer vry nie, want hulle het vir hulleself hul vryheid verspeel. Maar vir hulle beswil stel Ek hulle nou onder My wet, sodat hulle moes dien in `n gekluisterde toestand.
Die algehele skepping is dus `n werk van My liefde vir die gevalle ongelukkige geestelike, wat die weg deur die materie moet aflê in groot ellende.
As die eens gevalle geestelike egter die weg deur die skepping afgelê het en dan as mens oor die aarde gegaan, dan is die skeppingswerk ook vir hom begryplik, hy kan homself daaroor verheug omdat die toestand van ellende agter hom lê. - Hy sien die skepping in al haar heerlikheid vir homself, dit getuig ook van die liefde, wysheid en mag van die Skepper, wanneer hy die laaste weerstand teen My opgee. Die mens is dan in `n sekere sin wel al vry, maar tog nog blootgestel aan die invloed van My teenstander, wat voorheen geen mag oor die geestelike gehad het nie. Die mens is dus steeds nog solank sy aandeel, totdat hy homself in vrye wil van hom losgemaak het.
En aldus moet u goed begryp: Die skepping kan en sal u mense gelukkig maak, omdat dit My werk is, maar dat Ek voor haar ontstaan gebruik gemaak het van die eens deur My as gees uitgestraalde krag, wat Ek omvorm het tot die mees verskillende werke van My oneindige liefde en wysheid. Dat sy ewenwel in haar wese die gevalle geestelike is, en sodoende aan My teenstander behoort het, totdat hulle heeltemal verlos weer na My toe teruggekeer het. U mense sien nie die gevallenes in die skeppings nie, u sien slegs die uitwerking van My liefde en mag uself daaroor verheug. U mag My self daarin herken en u mag uself gelukkig prys dat u die weg weer deur die skepping terug afgelê het, en kort voor u voleinding staan.
U moet egter ook daaraan dink dat die werklike wêreld `n geestelike wêreld is, wat slegs sigbaar is vir hom wat met geestelike oë kyk en dat alles wat vir u mense sigbaar is, slegs `n weerkaatsing is van hierdie werklike geestelike wêreld. U moet daaraan dink dat alle materie bestaan uit verharde geestelike substansie, en dat hierdie verharding weer slegs die gevolg was van die weerstand teen My en die afwysing van My liefdeskrag. Want dan sal dit vir u ook begryplik wees dat die aardse materie, wat My wederstrewende geestelike is, wat My liefde en wysheid slegs tot `n dienende funksie aanspoor om sy weerstand te breek en eenmaal weer tot sy oertoestand terug te voer.
Die afvalligheid van die wesens van My, het dus die verharding van die geestelike substansie te weeg gebring. Dus behoort die verharde geestelike solank nog aan My teenstander totdat hierdie substansie weer vergeestelik is, wat My egter nie hinder om hom die mag oor daardie geestelike te ontruk en dit tot skeppings van allerlei aard te omvorm met die doel om die geestelike definitief tot `n vrywillige afkeer van hom en `n vrywillige terugkeer tot My te beweeg nie. En so bly die skepping ook steeds `n Goddelike werk van My eindelose Liefde en Wysheid wat slegs Ek self kon laat ontstaan, Ek wat alle mag en krag besit en wat alles tot uitvoering kan bring wat My Liefde en Wysheid wil en as suksesvol insien.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205