Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

WAT IS MATERIE?
B.D.2494 - 4 Oktober 1942
Wat is die wêreld en wat is haar materie? - Hierdie vraag hou baie mense besig en tog is hulle nie in staat om hierdie vraag met hulle verstandelike denke op te los nie. Alles wat sigbaar is bestaan uit materie, dit wil sê, uit "stof” wat homself saamgepers het tot `n vorm. Dit het as`t ware eers deur die samepersing tot `n sigbare stof geword, want voorheen was die materie as geestelike substansie onsigbaar.
Geestelike substansie is van God se uitgegane krag wat ooreenstemmend met Sy Wil tot dit word wat dit is; sodra God vir haar `n bepaalde vorm bedink het. En hierdie vorm is dus weer die samesluiting van tallose substansies, dus `n maaksel wat homself kan oplos om elke aparte substansie weer vry te laat wanneer God dit wil. Elke materiële vorm is dus vernietigbaar. Die materie is iets wat geen ewigheidsbestaan het nie, want dit is slegs die omhulsel van geestelike substansies wat hulleself moet ontwikkel en daarom nie vir ewig in hierdie omhulsels bly nie. Weliswaar bestaan die materie ook uit geestelike substansies, dit wil sê, uit deur Goddelike wil saamgeperste geestelike krag, wat deur oplossing vervlieg en weer nuwe vorme aanneem, en bowendien net so word, dat hulle hulself na `n eindelose lang tyd self in so 'n vorm kan beliggaam.
Dus bestaan alles wat sigbaar is uit geestelike krag wat nog in die begin staan van ontwikkeling; terwyl al die ryper geestelike vir die menslike oog onsigbaar is, maar homself egter van `n sigbare vorm bedien om sy verblyf daarin te neem. In alle uiterlike vorms leef dus iets geestelik, `n wese wat van homself onbewus is; wat egter na aaneensluiting met gelyke wesens verlang om sy hoeveelheid krag te vermeerder deur so `n aaneensluiting, want elke wese streef na voleinding.
En sodra die materie oplos en `n vorm uiteenval, streef die vry geworde geestelike tot die geestelike wat aan hom gelyk is, en verenig homself om `n nuwe vorm te laat herlewe. Hierdie toedrag lê die voortdurende ontstaan en ook die verganklikheid in die natuur ten gronde, en is die aanleiding tot gestadige lewe en sterwe in die natuur.
Want die geestelike substansies deurloop die hele skepping, deels afsonderlik en deels in tallose samevoegings. Dienooreenkomstig is daar ook omhullende vorme in grootte en aard, want alles wat `n omhulsel het, is van geestelike bestaan uit materie.
Die materie self bestaan uit sulke geestelike substansies wat in die begin van hulle ontwikkeling staan en daarom vir die menslike oog sigbaar is; slegs die reeds ryper geestelike is onsigbaar.
Daarom moet alles wat sigbaar is, as nog onvolmaak beskou word, dit wil sê, as die geestelike wat nog ver van God verwyder is en sy weg van ontwikkeling eers begin. Daarenteen het die geestelike wat dit in homself berg, reeds hierdie weg afgelê, en streef al na God. En daarom is `n vernietiging, dit wil sê, `n verganklikheid of oplossing van die vorm, nie teen die wil van God nie, omdat die voortsetting van ontwikkeling vir die geestelike daardeur moontlik gemaak word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205