Boek 28 - Die Geheim van Menswees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35.

GEEN SKEPPINGSWERK IS DOELLOOS EN SONDER BETEKENIS NIE
B.D. 7098 - 20 April 1958
Niks wat daar in die skepping bestaan is sonder doel of betekenis nie, maar nie altyd kan u die korrekte doel van `n skeppingswerk begryp nie. U vra uself dikwels af waartoe die een of ander geskape is, omdat dit volgens u bevattingsvermoë nêrens skyn te dien nie. Maar reeds hierdie verklaring moes vir u al toereikend wees, dat alles wat bestaan "krag is uit God" wat eens weer tot werksaamheid moet kom. Dat hierdie krag egter heeltemal verskillend is volgens haar werksaamheid, omdat sy haarself op heeltemal verskillende afstande van God kan bevind. En “afstand" is gelyk te stel met weerspannigheid.
Sodoende is dit geestelike substansie deur God se uitgestraalde krag, wat ondanks die reeds baie lang weg van ontwikkeling in die ‘jy moet toestand’, sy weerstand maar baie weinig verminder het; wat egter tog volgens die Goddelike ordening die weg van ontwikkeling voortsit, en dus steeds nuwe uiterlike vorme betrek wat `n langsame aktiwiteit toelaat. Maar hierdie aktiwiteit stem ook weer ooreen met die weerstand van die geestelike. Dit verrig dus geen duidelike diens aan die mens, of aan ander skeppingswerke nie, maar dien tog indirek.
Dit sal vir u meer begryplik word as u dink aan die skadelike soorte uit die diere en planteryk, aan ongediertes en aan giftige plante; juis dit wat u as doelloos en skadelik in die skepping van die natuur beskou. Maar al hierdie produkte is draers van Goddelike krag, wat in hulle ingeslote geestelike substansies `n beperkte moontlikheid gee tot loutering. Want gelyktydig dien hierdie eenvoudige skeppingswerke weer ander skeppings tot behoud, deels as voeding vir groter lewende wesens, deels as bemesting van die voedingsbodem van die plantewêreld; hoewel u mense so `n uitwisseling dikwels nie kan waarneem nie. Maar ook vir die mens self kan dit vir sy geestelike ontwikkeling, wat dikwels beproewinge vra, dienstig wees. Wanneer die mens deur geduldsproewe van allerlei aard moet bewys of hy die korrekte ingesteldheid het tot alles, wat God deur Sy wil laat ontstaan het.
Daar bestaan dus niks wat sonder doel of betekenis is nie, of die mens egter die betekenis en die doel van elke werk insien, is nie beslissend nie. Maar sy geloof in God se Liefde, Wysheid en Mag moet hom `n sekere eerbied gee teenoor alles wat deur God geskape is, omdat hy andersins aan die Liefde, Wysheid en Mag van God sal twyfel. Van die van God eens uitgegane "kragstroom”, dit wil sê, vir die opgeloste substansies van die geskape geeste, is alle stoflike omhulsels `n groot barmhartigheid - want dit word omvat deur God se liefde en sodoende in `n uiterlike vorm geplaas. En al verraai die verskillende vorme die weerspannigheid teen God, soos het God desondanks tog die geestelike omvou om dit langsaam van `n "jy moet toestand" omhoog te voer. Hierdeur alleen, moet u mense leer om elke skeppingswerk slegs met geestelike oë te bekyk. U moet daaraan dink dat God waarlik van alles weet wat vir u mense nog `n verborgenheid is. Dat u dus nie voortydig mag oordeel nie, omdat u dan op die skeppings van God kritiek uitoefen, waartoe u waarlik geen reg het nie.
Want sodra u glo dat die skepping God se werk is, moet vir u ook alle skeppingswerke bo twyfel verhewe wees. En u sal dan ook leer om dit met liefhebbende oë te beskou, wat vir u tot nog toe afkeer en antipatie inboesem. Wat egter nie beteken dat u die geskapene teen sy bestemming mag begunstig nie, want sodra dit duidelike skade aanrig, mag u ook daarteen ingaan en die ontwikkelingsweg beëindig. Want ook dit is volgens die wil van God, dat hierdie skeppings geen lang lewensduur sal hê nie en dat u die reg het om die lewensduur te verkort, sodat die geestelike substansies hulself deur steeds nuwe uiterlike vorme `n sekere rypheid kan verwerf. Want dan kan hulle tot dienende funksies toegelaat word, sodra die voormalige weerstand afneem, sodra die geestelike so ver gekalmeer is dat dit bereidwillig wil dien en daardeur langsaam opwaarts styg.
U mense moet weet dat ook uself, dit wil sê, u siel, sulke substansies in haarself berg wat hierdie voorgenoemde weg moes aflê. Want u het alles waartoe u oë in staat is om te sien, in uself. Maar God se Liefde, Wysheid en Mag weet om alles in die korrekte orde te lei, want Hy beoog slegs die doel wat Hy ook eens sal bereik.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205