Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE KRUISOFFER WORD VIR TYD EN EWIGHEID GEBRING
B.D.7019 - 17 Januarie 1958
Die verlossingswerk het Ek vir alle tye volbring. Solank as wat die terugvoering van die eens gevalle geestelike nog nie beëindig is nie, is dit noodwendig so dat die geestelike hierdie tyd as mens oor die aarde sal gaan. En in hierdie tyd het hy My hulp nodig wat hom deur die verlossingswerk van Jesus Christus verseker is.
Daar moet in hierdie tyd `n beroep gedoen word op die aan die kruis verworwe Barmhartigheid, as die mens vir goed wil vryword van sy kettings wat hy verdien het deur die val in die diepte; wat om hom geslaan is deur My teenstander en ook die reg hiertoe gehad het - omdat hierdie wesens hom vrywillig gevolg het. Steeds weer sal daar dus vir die eens gevalle geestelike `n kort tydjie kom waarin hy homself maar net tot die Goddelike Verlosser Jesus Christus hoef te wend, en waarin hy deur die terugkeer ook weer Myself sal erken in Jesus die Christus.
En hierdie kort tydjie is die gang as mens oor die aarde, waarin die wese weer sy vrye wil terugkry, wat nou opnuut weer moet beslis. Hierdie beslissing sou hy nooit sonder My hulp kan neem nie, want My teenstander hou hom nog geketting. Maar deur My verlossingswerk is hierdie beslissing vir die mens moontlik, omdat hy maar net die vir hom verworwe barmhartigheid hoef te gebruik, om ook teenstand te kan bied en homself te bevry van die vyandige mag.
En solank die aarde vir die geestelike as `n plek om heeltemal ryp te word, bewoon word; solank sal die kruisoffer ook deur Jesus Christus vir die mensdom die enigste waarborg wees om van elke ketting bevry te word, want dit is gebring vir tyd en ewigheid. Dit het nie alleen sy uitwerking vir hierdie tyd nie, ook alle toekomstige verlossingsperiodes op hierdie aarde sal maar net suksesvol wees vir die as mens beliggaamde siele onder die teken van die kruis.
Ook in die ryk hierna sal die verlossende krag van Jesus nog benut kan word. Ook in die hiernamaals moet die Goddelike Verlosser aangeroep word, omdat My kruisoffer ook dan nog erken word en daardeur dus Ekself in Jesus, en dat die vrywording van die wese van My teenstander beteken dat dit eers moet plaasvind as hy tot saligheid wil kom.
Ek het die verlossingswerk as mens op hierdie aarde volbring, en hierdie aardse periode het `n bomatige geseënde tyd geword waarin baie van die eens gevalle geestelike die weg terug tot My opgegaan het. Maar hulle wil word nie gedwing nie en kan ook nooit gedwing word nie, om welke rede nog tallose skeppings moet ontstaan, of te wel, eindeloos baie skeppings sal nog volg wat almal in die teken van die verlossingswerk sal staan - omdat geen verlossing sonder Jesus Christus kan plaasvind nie. En My erbarmende liefde sal die mense steeds weer die kennis van die kruisoffer en die aan die kruis verworwe barmhartigheidskat laat toekom.
Steeds weer sal verligte mense deur My Gees onderrig kan word, en steeds weer sal hulle in staat wees om die hele verband te begryp en sodoende ook hulle medemens die betekenis van die verlossingswerk deur Jesus die Christus, die daad van My menswording op aarde, en die vergoddeliking van die mens Jesus volgens waarheid kan uitlê. Hierdie kennis sal vanuit `n periode op aarde na die volgende oorgeneem word en nooit meer verlore gaan nie.
Want die werk van erbarming word volbring vir alle mense, vir die mense uit die verlede, van vandag en die toekoms. En geen eens-gevalle-wese kan tot My terugkeer, wat homself nie uit vrye wil deur Jesus Christus laat verlos nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205