Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

LAAT DIE KRUISOFFER NIE TEVERGEEFS GEBRING WEES NIE
B.D.6938 - 7 Oktober 1957
My lyding en sterwe aan die kruis kan vir u mense ook nutteloos was. Die kruisoffer kan vergeefs gebring wees vir u wat nie onder die indruk is daarvan nie, vir u wat die Goddelike Verlosser Jesus Christus nie erken en wat slegs kennis neem van die mens Jesus - Hom egter geen Goddelike geestelike sending toeken en homself gevolglik buite diegene plaas vir wie die verlossingswerk volbring word.
U moet uself bewustelik tot Hom wend, as u deel wil hê aan die barmhartigheid van die verlossingswerk. Die verlossing hang van uself af, ofskoon Ek vir alle mense aan die kruis gesterwe het.
Maar u mense besef nie dat u gebonde is, dat u uself sonder die verlossing deur Jesus Christus nooit in die vryheid van lig en krag sal kan verheug nie, dat u gebonde bly al sou ewige tye vergaan. U besef nie dat die toestand van onvryheid, van lig en kragteloosheid nooit op `n ander manier verander kan word as om te gaan via Golgotha nie.
En of u ook die Goddelike Verlosser Jesus Christus afwys, of u ook geen ag slaan op Sy werk nie, die beslissing is tog aan Hom oorgelaat hoe lank u uself in `n onsalige toestand sal bevind. U bestaan as mens lyk weliswaar nie so arm nie, en daarom sien u nie uit na Die Een, wat u `n salige lot kan verskaf nie.
Maar u aardse bestaan as mens is nie van `n lang duurte nie, en daarna word u eers van die kwellinge van `n gebonde toestand bewus. Dan word die lewenskrag u ontneem wat u as mens besit, as u tenminste selfs gekluister in die harde materie is en hierin ook die kwellinge van die gebondenheid moet voel. Maar solank u in besit is van die ‘ek-bewussyn’, is daar steeds nog die moontlikheid dat u tot Jesus Christus, u Verlosser sal roep, hetsy hier op hierdie aarde of in die ryk hierna, as die uiterste duisternis u nie sal opneem nie.
Daarom is My liefde onvermoeid besig om u gedagtes te rig op Hom, in Wie Ek Myself beliggaam het om u te verlos. Steeds weer sal Ek trag om u die daad van Jesus voor oë te stel, steeds weer sal Ek daarvoor sorg dat daar van Sy verlossingswerk melding gemaak word en u mense daarvan in kennis gestel word, u wat nog heeltemal afsydig staan van die kruis en wat alles wat met Jesus Christus in verband staan, weinig of heeltemal geen belang heg nie.
Telkens word elkeen van u aangespreek en op Hom attent gemaak en elkeen van u kan homself in sy gedagtes besig hou met wat aan hom oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk verkondig word, en elkeen kan nou volgens eie wil `n standpunt oor Hom inneem. Maar hoe hy homself instel is beslissend vir eindelose tye, of selfs vir die ewigheid. Want hy kan nog eindelose lang tye in ellende en gebondenheid vertoef, asook kan hy vir ewig vry wees en in lig en krag en saligheid sy Goddelike Verlosser dank vir die werk van barmhartige liefde, waarmee die vryheid vir hom betaal word en waardeur hy weer sy oertoestand terugkry waarin hy salig was.
Geen mens is van hierdie beslissing onthef nie en elke mens berei self sy toekomstige lot, maar My liefde help hom om voortdurend die regte beslissing te neem. My liefde gee hom steeds weer aanwysings, sodat geen mens kan sê dat hy in onwetendheid gebly het oor dit wat vir hom verlossing kan bring nie. Dog My liefde bepaal nie u wil nie, want vrywillig het u hierdie onsalige toestand gekies en vrywillig moet u weer die verlossing daaruit nastrewe.
En daarom stel die verlossing deur Jesus Christus dan ook u vrye wil voorop, anders sou die hele wêreld reeds verlos gewees het en niks homself meer in onvryheid en swakheid sou bevind nie, omdat die verlossingswerk vir u mense volbring is.
Slegs u wil benut die barmhartigheid van die verlossingswerk, as u uself vrywillig tot Hom keer wat vir u aan die kruis gesterwe het, as u Myself erken in Jesus Christus en sodoende sou wil dat Ek vir u mag gesterwe het. Dan sal u waarlik uit die toestand van gebondenheid vry word en sal as verloste van hierdie aarde kan skei. U sal kan ingaan in die Ryk waar u nou onbeperk in lig en krag kan werk - en salig wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205