Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

JESUS KOM AS REDDER IN DIE NOOD
B.D.6951 - 21 Oktober 1957
Vanweë die groot geestelike nood het Ek neergedaal na die aarde, want Ek het medelye met die mense wat deur My teenstander gekluister was. Hulle kon hom geen weerstand bied nie en roep na hulle God vir `n redder. Slegs weiniges glo nog vas en onwankelbaar dat die Christus sou kom soos dit geskrywe staan. Maar die weiniges verwag Hom met `n vurige verlange, hulle verwag Hom as hulle Redder uit die diepste nood en angs.
En terwille van hulle het Ek neergedaal, omdat hulle roeping om hulp My oor bereik het, omdat Ek hulle geloof nie wil teleurstel nie. Bowendien het die tyd vir die sending van die mens Jesus gekom. Ek wil die hele mensdom verlos uit die boeie van die teenstander, en Ek wil ook vir hulle verlossing bring wat reeds gesterwe het, maar nog nie My Ryk kon binnegaan, voordat die groot sondeskuld tot niet gemaak is nie, wat die aanleiding was van die bestaan van die mense op aarde.
In hierdie mens kom Ekself op die aarde om alle mense die heil te bring, om hulle te bevry uit die ketting wat al vir `n ewige lange tyd op hulle druk en hulle die weg na My Ryk vry te gee - in die Ryk van Ewige Vrede en Saligheid.
Toe Ek na die aarde neerdaal, was maar weinig mense bereid om My aan te neem, dit wil sê, slegs weinig het My erken, omdat hulle `n lewe van liefde geleef het. Sodoende was die skare van My aanhangers nie baie groot nie, ofskoon Ek voortdurend besig was om die mense tot werk in liefde aan te spoor, met die gevolg dat hulle My dan ook kon herken as hulle God en Vader van die Ewigheid.
Die groot nood bestaan daarin dat daar onder die mense weinig liefde was, dat hulle heeltemal vasgebind was deur hom wat self sonder enige liefde was - en as vyand teenoor My staan. Teen hom wil Ek die stryd opneem en deur die oorwinning, die siele wat hy gebonde hou, van hom te ontruk. Daarom leef Ek die mense `n lewe voor van onselfsugtige liefde, omdat die liefde die wapen is wat Ek teen My teenstander wil gebruik en wat die mense ook die krag sal gee om hom teenstand te bied.
Sonder liefde behoort hulle geheel en al aan hom. Die liefde kan hy egter nie weerstaan nie. Die liefde is die enigste wapen waarvoor hy moet beswyk, wat egter gedurende die tyd van My koms op aarde, maar net by weinig mense te vinde was. Die liefde was dus die enigste verbinding met My, hulle God en Vader van die ewigheid, en die verbinding moes tot stand gebring word, as die mense My Woord wou verneem.
My Woord kon nie meer in hulle weerklink nie, omdat hulle, deur hulle gebrek aan liefde, ook geen geloof meer het aan `n God gehad wat tot hulle wil spreek nie. En daarom het Ekself na die aarde gekom om die mense aan te spreek, om My Wil opnuut aan hulle te verkondig, om hulle My gebooie van die liefde opnuut te verduidelik, om hulle opnuut die Evangelie van die Liefde te verkondig - die Goddelike leer, wat hulle tot saligheid sou voer.
Maar Ek moes aan die mense nog `n groot hulp verskaf. Ek wou hulle eers bevry van die mag wat hulle gebonde gehou het, wat hulle wil verswak het en die mense verhinder het om My Wil te vervul. Ek wou hulle uit sy mag verlos en kies daarvoor vir My die vorm van die mens Jesus, om in Hom `n werk van liefde en barmhartigheid te volbring wat die mense bevryding sou bring uit alle nood.
Alle mense wat van hulle pyniger bevry wou word, moes hulleself aan My sy stel; die wat egter vrywillig by hom wou bly, kon Ek geen redding bring nie. Maar die wat hulself tot My wend, ontvang ook van My die krag om hulleself van sy kettings los te maak. Maar die verlossingswerk moes ook op menslike wyse plaasvind, omdat die mense nie gedwing mag word in hulle wil nie. Hulle moes heeltemal vry wees om die verlossingswerk van die mens Jesus, in Wie Ek Myself beliggaam het, wou aanvaar of afwys. Daarom het Ek as mens in Jesus op die aarde geleef en het die mense voorberei op die groot offer van verlossing, wat die groot sondeskuld sou versoen, om welke rede hulle op die aarde is.
Slegs weiniges herken My en sien in My die Redder, die Christus - die sieners en profete het dit steeds weer aangekondig. Die geestelike nood was baie groot toe Ek na die aarde gekom het, maar die verlossingswerk was volbring, omdat My liefde ook baie groot was en die liefde sodoende die sondeskuld uitgedelg het, deurdat Hy Homself opgeoffer het aan die kruis.
En hierdie Liefde sal steeds weer probeer om die mense hulp te bied wat tot nog toe geen verlossing gevind het nie; wat nog geen gebruik gemaak het van die barmhartigheid van die verlossingswerk nie en daarom nog steeds in die nette van die vyand smag en hulself nooit sonder hulp kan bevry nie. Wat Ek egter nie sal opgee nie, maar steeds tegemoet tree en hulle dan wys op die verlossingswerk van die mens Jesus. Op Hom, wat as mens kragtens Sy liefde, die nood van Sy medemens besef het en wat op grond van Sy liefde die offer gebring het om onder onmeetlike kwellinge te sterwe aan die kruis. En Ek sal ook steeds weer tot die mense kom en aan hulle die groot werk van liefde en erbarming verkondig deur Jesus, wat Myself opgeneem het, wat Homself heeltemal verenig met My deur die liefde - en wat vir u almal tot Redder en Verlosser geword het van sonde en dood.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205