Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE GEESTELIKE MISSIE VAN DIE MENS JESUS
B.D.6985 - 5 Desember 1957
Wanneer u die hoë geestelike missie van die mens Jesus ingesien het, dan word vir u ook begryplik waarom van die Goddelike Verlosser onophoudelik gewag gemaak moet word. Want eers wanneer die mens vry sal wees van sy oerskuld, is `n opstyging na die stralende hoogtes vir hom verseker.
Die mense het geen kennis van hulle oerskuld nie, en daarom weet hulle ook nie wat die verlossingswerk beteken nie. Hulle kan die verband nie vind tussen die kruisdood van die mens Jesus, aan Wie hulle miskien nog glo - en die salig word van die mense nie. En daarom wys soveel mense Hom af, omdat die verlossingswerk slegs aan hulle verkondig word; maar nie met rede omklee word nie. En wederom kan so `n motivering slegs aan diegene gegee word wat na opheldering verlang, en dat hulle altyd maar weinig sal wees. Want ook die duidelikste verklarings is onbegryplik vir die mense wat geen insig het in die geestelike Ryk nie, wat slegs die aardse wêreld as realiteit aanneem en alles wat vir hulle sigbaar en bewysbaar is.
Die missie van die mens Jesus was egter nie slegs `n aardse aangeleentheid nie, ofskoon dit homself duidelik voor die mense afgespeel het. Die missie van Jesus het `n dieper geestelike rede. En solank die mense niks daarvan weet nie, staan hulle ook nog nie teenoor die Verlosser Jesus Christus as skuldbelaaide broeders nie, wat aan Hom hulle skuld opdra en tot Hom bid om dit tot niet te maak. En tog moet hulle bede dit voorafgaan, as hulle verlossing wil vind.
Daarom moet hulle op hoogte wees van hulle sondeskuld, van die groot misdryf teen God wat hulle laat sondig het en wat nie anders as deur die groot soenoffer van die mens Jesus gedelg kon word nie. En solank die mense geen skuldgevoel het nie, gaan hulle ook nie tot Hom, na die kruis met hulle skuld nie. En solank erken hulle ook nie die Goddelike Verlosser nie.
Eers die kennis van hulle oerbegin, van hulle vroeëre gesteldheid, hulle weerstand teen God, hulle oersonde, gee hulle ook insig in die daad van die verlossing deur Jesus, wat as mens so geleef het dat Hy God self in Hom kon opneem, en die verlossingswerk word nou volbring deur die Ewige Liefde, wat haar skepsele uit die kettings van die teenstander wil bevry.
So 'n motivering van die missie van Jesus sal vir die mense geloofwaardiger wees, as wanneer daar slegs van sonde gepraat word wat in die aardse lewe begaan word - en wat vir die mense dikwels te gering lyk as dat so 'n werk van versoening daarvoor nodig sou gewees het om hierdie sonde tot niet te maak.
Elke sonde is wel `n oortreding teen die Liefde en sodoende `n oortreding teen God, maar die oersonde van die vroeëre verval van God was so groot, dat die wese dit self nie kon versoen het nie, al sou ewighede hiermee gemoeid wees. Dit is vir u mense moeilik om te begryp. Maar so 'n ontsaglike sonde eis ook `n baie groot versoening, wat wel deur `n mens volbring is, maar wat Hy slegs kon volbring omdat hierdie mens God in Hom bevat het, dus die krag uit God Hom daartoe in staat gestel het, die Liefde - die Oerwese van God.
Die mense het as oorspronklik geskape wesens hierdie liefdeskrag van God afgewys, en was dus sonder die krag. Die mens Jesus het egter bewustelik `n beroep op hierdie liefdeskrag van God gedoen en het dit gebruik vir `n werk van barmhartigheid vir Sy gevalle broeders om hulle skuld te versoen.
Maar die mense weet ook nie dat hulle bestaan as mens op aarde die gevolg is van die oerskuld nie. Dat hulle die oorspronklike toestand ooit wel weer sal bereik, maar nooit sonder die erkenning van Hom, wat hierdie skuld uit oorgrote liefde uitgewis het nie. Want hulle afvalligheid van God was `n bewustelike “hulself van Hom afkeer”, - wat ook weer `n bewustelike “hulself tot Hom wend” vereis om weer in die oorspronklike verhouding met God te kan binne gaan.
En wanneer hierdie kennis die mense gegee word, is dit `n besondere barmhartigheid wat elkeen moet benut in sover, dat hy homself in sy gedagtes daarmee besig moet hou en dit dan as waar aanvaar wat hom verkondig word. Hy hoef homself dan maar tot die mens Jesus te wend en met Hom te spreek, en Hy sal hom dan as God antwoord gee. Hy sal die mens help om tot die ware besef van sy skuld te kom en Hy sal die skuld van hom wegneem, as hy berou daaroor het en Hom om hulp bid.
En elke mens kan persoonlik tot die insig kom dat hy eens gesondig het, sodra hy daaroor nadink dat hy `n onvolmaakte, swak en onwetende wese is en daarvan die oorsaak probeer vind. Want geeneen van sulke innerlike vrae bly onbeantwoord nie, maar dit moet eers gestel word, wat die meeste mense egter agterweë laat.
Maar sonder aarseling wys hulle elke verwysing na die Goddelike Verlosser af, as hulle opmerksaam gemaak word op Hom en Sy groot geestelike missie. En van God se kant af sal die mense steeds weer die Goddelike Verlosser Jesus Christus verkondig word en al Sy dienare, wat op aarde vir Hom werksaam is, sal met steeds groter ywer Sy Naam en Sy evangelie predik, sodat almal wat daarna luister, vry kan word van hulle groot skuld en self `n innige verbinding met Jesus Christus aangaan in Wie God Self mens geword het om te verlos wat gebonde is deur Sy teenstander.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205