Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

BEWYSE VIR DIE BESTAAN VAN JESUS OP AARDE
B.D.7250 - 9 Januarie 1959
Aan elke mens is die moontlikheid gegee om agter die geheim te kom van die menswording van God. En elke mens sal dan ook die bewys hê van die bestaan van Jesus, wat as "Seun van God en Verlosser van die wêreld" vir hom nou duidelik word - sodat geen ander bewys meer nodig is nie. Wie egter die menswording van God begryp het, die weet ook dat en waarom hulle geloof geëis word en waarom bewyse nie bevorderlik, maar eerder nadelig is vir die uitrypingsproses van die siel, die doel waarvoor die mens op die aarde is. Dat God Homself in Jesus Christus, in die mens Jesus, beliggaam het, is en bly ongelooflik vir mense, wat geen enkele binding het met die geestelike en vir wie `n geestelike strewe vreemd is.
Onder geestelike strewe is dus die ontwikkelingsproses van die siel te verstaan wat vir die aardse lewe nie as doel op sigself met sorg dra nie, maar as middel tot die doel. Wie homself dus nie vir die geestelike inspan nie, het ook nog nie "ontwaak" nie, dit wil sê, sy denke is veeleer aan die dwaling onderworpe as aan die waarheid. Hy sal eerder dwaling aanneem en as waarheid laat geld. Die suiwer waarheid daarenteen sal vir hom onaanneembaar lyk, omdat sy gees nog verduister is, waarmee nie die verstand bedoel is nie, maar die geestesvonk in die mens wat `n deeltjie van God is.
So 'n mens sal ook geen geestelike oorsaak aanvaar nie en daarom sal die menswording van God as gevolg van so 'n "geestelike oorsaak" ook vir hom onbegryplik wees.
Maar dit het plaasgevind. God Self het Hom in `n mens uitgestort, en hierdie mens was Jesus - die seun van Mirjam (Maria), wat uit die Gees van God voortgekom het. Niks mag die mense tot geloof dwing nie en daarom was die geboorte van Jesus aan menslike wette onderworpe, - maar egter nie die "verwekking" nie .
Die mense mag hulself nie aanmatig om dit te betwyfel as hulle bedink dat al die geskapenes, asook die gehele skeppingswerk, deur die krag van God voortgebring is. Dit is dus vir hierdie Krag ook moontlik om `n menslike wese deur Sy wil te laat ontstaan. Ook dat hierdie geboorte sonder verwekking `n geestelike rede het en dit is vir `n ontwaakte gees gemaklik te begryp. Daarom moet die mens weet dat die hele skeppingswerk geestelike oorsake het waaraan die vrye wil van die oergeskape geestelike wesens ten grondslag lê. Dat hierdie vrye wil ook in die bestaan as mens, die eertyds geskape oergees, `n rol speel wat belangrik is en ook die verklaring dat hulle vir Sy bestaan maar weinig of geen bewyse vind nie.
Want geen dwang mag die mens aanleiding gee om `n negatiewe of positiewe standpunt in te neem teenoor die Goddelike Verlosser Jesus Christus nie. Volledige wilsvryheid moet die ingesteldheid teenoor Hom bepaal, omdat die omvorming van die mens terug na die oergeskape wese slegs daarvan afhanklik is, die doel waarvoor die mens op aarde leef, wat homself deur bewyse laat dwing tot `n beslissing. Geen mens mag egter tot hierdie beslissing gedwing word om die vroeëre volmaaktheid van die oerwese weer te bereik nie, wat die betekenis en die doel van die gehele skeppingswerk is. Daarom moet die mens op hoogte wees van die oeraanvang en die doel van alles wat bestaan, oor sin en doel van die skepping en alle geskape wesens daarin. Maar hierdie kennis kan hy nooit as te nimmer uit boeke verkry nie. Dit moet deur die Gees van God, wat die Ewige Waarheid is, oorgebring word.
Maar hieraan is voorwaardes verbonde, wat elke mens wel kan nakom, maar slegs min mense wil dit vervul. Die Gees van God kan Hom egter slegs openbaar waar hierdie voorwaardes aanwesig is, so `n lewende geloof in God wat deur die liefde lewend kan word, en `n bewustelike vra na die waarheid uit God - in volle geloof om van Hom die waarheid te ontvang. En dit sal die mens ook gegee word - want nou tree die Gees van God in verbinding met die geestesvonk in die mens wat `n deeltjie van Hom is, en die mens word dan deur die Gees onderrig.
Wie dit nie kan glo of wil glo nie, sal nooit tot wysheid, of tot die lig van die insig kom nie. Maar wie glo, aan hom sal die heerlikste dinge onthul word en hy sal helder en klaar insien wat vir ander mense onbegryplik is. Hy sal die gehele verband kan begryp en vir hom sal die menswording van God in Jesus soos `n wonderbaarlike opgeloste probleem wees, dat hy geen enkele bewys meer nodig het nie. En hy sal tog alles duideliker deursien as waartoe die skerpste verstand ooit in staat is.
En vir `n ontwaakte gees maak dit dan ook niks uit welke tydsduur daar lê tussen die tyd van Jesus se lewe op aarde, en die teenwoordige tyd nie. Want die lewe van Jesus was nie `n daad vir `n bepaalde kring van mense nie, maar geld alle mense van die verlede - van vandag - en die toekoms. Want alle mense sal van Jesus se lewe op aarde verneem, maar geen bewys van Sy bestaan nodig het nie, sodra hulle gees ontwaak het nie.
Maar sonder verligting van gees sou ook die strengste bewys nutteloos wees vir die verkryging van sielerypheid, want `n geloof verkry deur bewyse, is geen geloof wat die vrye wil respekteer nie; en slegs dit tel. Die verstand van die mens het niks of maar weinig te doen met die ontwaking van die gees in die mens, want die ontwaking is `n gevolg van `n lewe in onselfsugtige naasteliefde. Daarom is die navorsing van die diepste verborgenhede nie die voorreg van `n aktief werksame verstand nie, maar slegs die voorreg van hulle wat die gebooie van God onderhou, wat die mens Jesus op aarde geleer het, naamlik: “U moet God liefhê bo alles en u naaste soos uself.”
Die resultaat van die nakoming van hierdie gebooie is die sekerste en duidelikste bewys van die bestaan van Jesus, want dan lei die Gees uit God die mens in alle waarheid en gee hom opheldering oor die hele geestelike samehang, wat die verstand nooit sal kan gee nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205