Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

GOD EN JESUS IS EEN. DIE MENSWORDING VAN GOD. DIE VERGODDELIKING VAN JESUS.
B.D.8250 - 24 Augustus 1962
Dat die geestestoestand van die mense steeds donkerder word kom ook hierdeur, dat hulle nie in staat is om die eenwording van God met Jesus korrek te begryp nie, en dat hulle daarom ook oor die menswording van God nie die ware insig het nie. Hulle het deur die leer van "`n God in drie persone" tot `n verkeerde denke gekom. Weer moet steeds gesê word dat van die Ewige Godheid geen persoon gemaak kan word nie, dat Hy dus nie anders voor te stel is as die Krag wat die gehele Oneindigheid vervul. Hierdie Krag is nie te beperk nie, en kan daarom ook nie as `n vorm gedink word nie; dit kan wel `n vorm heeltemal deurstraal.
Die gebeurtenis van `n algehele deurstraling met Goddelike krag het plaasgevind by die mens Jesus. Hy was vol van liefde en die liefde is oersubstansie van die Ewige Godheid wat onafgebroke uitgestraal word in die Oneindigheid, wat alles laat ontstaan en onderhou. Hierdie Goddelike liefdeskrag het die menslike vorm van Jesus deurstraal en het homself dus in Hom gemanifesteer. Die Oerwese van God het Sy verblyf in die mens Jesus geneem en God het sodoende mens geword. En omdat Jesus heeltemal vervul was met die oersubstansie van God - word Hy God. Want ook die menslike omhulling kon homself na Sy kruisdood heeltemal vergeestelik met God verenig, sodat Jesus nou tot `n Godheid geword het wat `n mens vir homself kan voorstel, sodat die mens God nou nie anders vir homself kan voorstel as in Jesus nie - maar dat daar nooit meer van twee of drie persone gepraat kan word nie.
Die mens Jesus het op die aarde Sy doel bereik, naamlik die totale Vergoddeliking wat ook alle geskape wesens moet bereik. Want God wou vir Hom "ewebeelde" skep, wie se laaste voleinding egter deur die wese in vrye wil bereik moet word. Die mens Jesus het nie hierdie Vergoddeliking alleen deur `n lewe van liefde bereik nie, maar deur die werk van verlossing ook die sondeskuld van die mensdom tot niet gemaak. Hy het `n beroep op die liefdeskrag van God gedoen, anders sou Hy nooit in staat gewees het om die ontsettende lyding van die kruisdood te verdra nie. Die liefdeskrag was die oerelement van God, sodoende was God Self in al Sy volheid in die mens Jesus en het die verlossingswerk volbring.
Maar wanneer u mense spreek van `n God in drie persone, lei die opvatting u op `n dwaalspoor, want die Ewige Godheid kan mens homself nie as `n persoon voorstel nie. Hy is Liefde - en die Liefde het Hom in Jesus geopenbaar. Die Ewige Godheid werk in Jesus, Hy is vir alle wesens slegs as Jesus voor te stel. Omdat die deur God eens geskape wesens van Hom afgedwaal het omdat hulle Hom nie kon sien nie, het Hy in Jesus vir hulle tot `n sigbare God geword.
Jesus is egter nie as `n tweede Wese naas God te bedink nie. Hy is God, want God is Liefdeskrag, wat `n heeltemal vergeestelike vorm deurstraal, wat dus slegs nog Goddelike oersubstansie was en daarom ook slegs sigbaar is vir wesens wat hulleself netso vergeestelik het om geestelik te kan aanskou.
Wanneer van die Vader, die Seun en die Heilige Gees gespreek word, dan is dit as aanduiding vir die Wese van God wel korrek wanneer die Vader as Liefde, die Seun as Wysheid en die Heilige Gees as Krag, as Wil of Mag van God erken word - want die Wese van God is Liefde, Wysheid en Mag. Maar die doel wat God Hom gestel het by die skepping van die wesens, naamlik die Vergoddeliking van die wesens vanuit hulle vrye wil, verklaar soos dit bereik word ook die menswording van God in Jesus die sigbare Godheid in Jesus. Terwyl die "drie persoonlike Godhede" in die geheel nie `n korrekte, dit wil sê, waarheidsgetroue verklaring toelaat nie.
Die mense het vir hulself begrippe gemaak wat hinderlik is vir die geestelike voltooiing. Want mens mag slegs Een God aanroep, en egter nie tot drie verskillende Gode bid nie. Inteendeel, God wil Self erken word in Jesus, waarom Hy ook slegs aanbid kan word in Jesus.
En Hy verlang van alle mense hierdie erkenning, omdat hierdie erkenning Hom eens geweier was, en omdat tegelykertyd ook die verlossingswerk erken moet word. Sonder Jesus Christus kan geen mens vergewing van sy oerskuld verkry nie. Daarom moet die mens Hom bely en moet glo, dat God Self Hom oor die mensdom ontferm het en in Jesus die werk van verlossing volbring het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205