Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE WARE HOUDING TEENOOR DIE VERLOSSINGSWERK VAN JESUS
B.D.7024 - 24 Januarie 1958
Hoe u instelling is teenoor die werk van verlossing en teenoor Jesus Christus, is beslissend vir die sukses van u hele aardse lewe. Die barmhartigheid, om beliggaam te word as mens, word aan u geskenk, maar u sou en sal heeltemal niks bereik as u dit sonder Jesus Christus en Sy vergewing van u sonde beëindig nie. Want as u nie eerstens van u oerskuld verlos word nie - dan is u ook die binnegaan in die Ligryk ontsê.
Slegs die Goddelike Verlosser, Jesus Christus, kan vir u die poorte oopmaak. Maar daartoe is die vergewing van u skuld en ook die erkenning van Sy verlossingswerk `n voorwaarde. En as u nou bedink dat u aardse lewe vergeefs geleef kan word en u siel aan die einde in dieselfde toestand sal wees soos in die begin van u beliggaming; as u bedink dat die aardse lewe dan heeltemal sinloos was, om`t ewe of dit vir u vreugde of lyding gebring het - dan sou u tog moet probeer om die korrekte sin daaraan te gee.
U moet meer daarna strewe om die lewe in die hiernamaals in orde te bring, wanneer u tenminste nog in `n lewe na die dood glo. Maar hulle wat onverskillig voortlewe en nie in Jesus Christus en Sy verlossingswerk glo nie, sal ook wel nie in `n lewe na die dood glo nie.
En tog moet hulle steeds weer vertroud gemaak word met die kennis oor Jesus Christus, sodat hulle gedagtes gestimuleer kan word en dit hulle steeds weer oorgebring word, om hulle houding teenoor Hom van naderby te bepaal. En die geringste bereidwilligheid sal ook deur Hom ondersteun word. Hy sal die mens tegemoet kom en dit vir hom maklik maak om die geloof in Hom te verwerf. Maar die vryheid van wil sal die mens behou, want hy self moet vir Jesus Christus kies, sodat die verlossing kan plaasvind. Die mense begryp nie hoe belangrik dit is om die weg na Hom te gevind het nie. Want die aardse lewe duur maar `n kort tydjie en dit kan die siel vry maak van alle kettings, sodat hulle as liggeeste kan opstyg in die uur van haar dood.
Die siel het hierdie beliggaming as mens bewustelik aanvaar, want aan haar was die aardse lewe, asook die doel, vooraf getoon. Sy word nie dwangmatig beliggaam nie; elke siel het, as sy tot rypheid gekom het, die verlange om die beliggaming as mens, en om van die stoflike omhulsel bevry te word - en sy weet dan ook dat die gang oor die aarde as mens aan haar die laaste moontlikheid bied. Maar hierdie herinnering word weer van haar weggeneem sodra sy in `n menslik omhulsel uitgestort word.
Daarom is dit vir elke siel van die grootste belang dat sy haarself aan Jesus Christus hou, wat deur Sy verlossingswerk dit moontlik gemaak het om haar van haar boeie te bevry. Want sonder die delging van die oerskuld kan die mag van die teenstander van God nie verbreek word nie.
Dit moet aan alle mense uitgelê word, alle mense moet volgens waarheid opheldering ontvang oor wat Jesus Christus en Sy verlossingswerk beteken. Alle mense moet daaroor nadink welke doel die aardse lewe het - en of hulle lewe aan die doel beantwoord.
En wie ernstig daaroor nadink, sal ook in sy gedagtes volgens waarheid onderrig word deur die geestelike wêreld en deur God, wat in die mens Jesus die verlossingswerk volbring het om die groot oerskuld tot niet te maak, om alle mense die moontlikheid te gee om deur die poort van die ligryk binne te gaan. Maar sonder Jesus Christus bly hierdie poort gesluit, sonder Jesus Christus kom geen mens tot saligheid nie - omdat hy sonder Jesus Christus in die mag van die teenstander bly wat hom nooit sal vrygee nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205