Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

KENNIS OOR DIE VERLOSSINGSWERK VAN JESUS CHRISTUS
B.D.8445 - 22 Maart 1963
Die grootste misterie, My menswording in Jesus, met die doel om al die eens gevalle geestelike te verlos en die onmeetlike oerskuld te delg; veroorsaak deur die afvalligheid van die wesens van My - sal vir die mense ook `n geheim bly solank hulle nie in alle waarheid onderrig word en ook nie verlang om die waarheid daaroor te verneem nie.
U mense wil nie glo dat u uself in die diepste duisternis bevind nie, juis as gevolg van die oerskuld wat eerste gedelg moet word, alvorens dit lig in u kan word. Dan sal alles vir u egter onherroeplik duidelik word en u sal nie meer twyfel nie. Die suiwer waarheid daaroor kan u egter slegs gegee word deur die Ewige Waarheid Self, wat u ook wil onderrig omdat Sy Self die lig van die Ewigheid is - en ook wil dat haar skepsele in daardie lig wandel.
Maar u vrye wil beslis of u die waarheid wil aanneem, en u is ook in staat om uit te maak of u volgens waarheid onderrig word. Slegs `n voorwaarde bestaan daar: Dat u in die liefde leef, want die liefde is die vuur wat die lig van die wysheid uitstraal. `n Liefdesvonkie is in u gelê as Goddelike deeltjie wat met My, die Ewige Liefde, in verbinding staan. En sodra u in vrye wil hierdie vonk in uself laat ontbrand, streef dit na die Oerlig en vandaar uit straal die lig in die vorm van `n diep wysheid terug. U word wetend, deur die "lig van die insig" verlig en u denke is korrek en bevind homself in die waarheid.
En hierdie waarheid wil Ek u laat toekom, sodat u u opdrag op aarde kan insien en vervul. En dus moet u kennis hê van u oerskuld en van My heilsplan van die Ewigheid. En die belangrikste wat u moet weet is die verlossing deur Jesus Christus, My menswording in Hom, en dat u voor alles onderrig moet word, dat u nie by Jesus Christus mag verbygaan as u eendag die Ewige Lewe wil verwerf nie. Hy het op die aarde gekom om die Evangelie van die Liefde aan die mense te predik, om aan hulle die korrekte lewenswandel voor te stel en die korrekte weg te wys wat tot die Ewige Lewe voer.
Maar die mense, belas met die oersonde, sou tog nie hulle doel kon bereik het, solank hierdie oersonde nie van hulle weggeneem was nie. En die verlossingswerk van Jesus, met Sy dood aan die kruis het dit eers tot stand gebring. Hy het die werk van versoening vir hierdie skuld volbring en kon dit as mens alleen volbring, omdat Ek self in Hom was, want My wese is liefde. Die liefde is nie net `n eienskap van My wese nie, maar Ek is die liefde Self. Dit sal u nie kan begryp solank u op die aarde leef nie, en tog kan My menswording in Jesus slegs op hierdie manier vir u begryplik gemaak word - sodat die Eenwording vir u nie meer twyfelagtig sal lyk nie.
My wese kan nie as persoon voorgestel word nie, maar in Jesus vorm My alles omvattende Gees homself tot iets wat u vir uself kan voorstel. Die totale versmelting van Jesus met My het egter eers plaasgevind nadat die verlossingswerk volbring was, om welke rede Jesus gedurende Sy lewe op aarde soms ook gespreek het oor die Vader as oor "Iemand buite Homself” – en wat tog nog steeds weer op die Eenheid is. Die mense het hulself in die tyd van Sy lewe op aarde in `n verduisterde toestand bevind, en `n lig, dit wil sê, `n duidelike insig in die verlossingswerk kon slegs vir weiniges gegee word wat hulself bewustelik onder die kruis geplaas het; wat verlang het om verlos te word en hulself so in vrye wil oorgegee het aan Jesus, en om vergewing van hulle sondeskuld gebid.
Daarom bly die geestestoestand van die mense duister. En op die verlossingswerk, die grootste daad van ontferming van die Goddelike liefde, word geen ag geslaan nie en Jesus sal slegs as mens `n begrip bly; Sy verlossingswerk word egter afgewys. Die mensdom bly daarom ook met die oerskuld belas, hulle bly geestelik in die duisternis en besef ook nie die lig as dit by wyle uitstraal nie; want hulle sluit die oë om dit nie te sien nie. Maar die lig van Bo laat homself nie meer uitdoof nie. Want steeds sal daar mense wees wat die geestesvonk in hulleself sal laat ontbrand, en nou ook regstreekse onderrigting deur hulle Vadergees van die Ewigheid kan aanneem.
Eendag sal die Lig ook helder straal en dit sal die duisternis heeltemal verdryf, as My Wil die tyd daarvoor bepaal. Want u mense staan voor die einde van `n verlossingsperiode en daar begin `n nuwe, waarin helder lig egter sal skyn, omdat hy wat die duisternis in die wêreld gebring het, vir `n lang tyd verban sal wees, en omdat die mense in hierdie komende tyd hulself deur Jesus Christus sal laat verlos, waardeur die oerskuld van hulle weggeneem sal word.
Die kennis oor Jesus Christus en Sy verlossingswerk en My menswording in Hom is van so `n groot betekenis, dat Ek waarlik alles sal doen om die mense dit te laat toekom. Maar dit moet aan hulle vrye wil oorgelaat word of hulle dit wil aanneem of nie; of hulle nou die weg tot die kruis gaan en of hulle nou hulle sondeskuld sal wil oordra aan Die Een, wat hulle alleen kan bevry as hulle bevry wil word; as Hy daarom gebid het. Want Hy het gesterwe aan die kruis vir die sondeskuld van die mense. Hy het die groot skuld versoen en die geregtigheid van God was daardeur genoegdoening gegee. Want God se Liefde erbarm Haarself oor hulle wat eens van Hom afgeval het, en die Liefde Self bring die offer. God het in Jesus die mense van die sonde verlos en die weg weer geopen na die Ryk van Lig en Saligheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205