Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE WERK VAN ERBARMING DEUR DIE MENS JESUS
B.D.7083 - 4 April 1958
Dink steeds aan My eindelose liefde vir u, wat My beweeg het om die verlossingswerk vir u te volbring. Wat die mens Jesus op aarde beleef en verdra het, dit het Hy uit liefde tot die medemens gedoen, omdat Hy geweet het dat hulle in groot geestelike nood verkeer. As mens het Hy al geweet van die groot sondeskuld van die mense en van die hopeloosheid om daarvan vry te raak. Die kennis was die gevolg van Sy lewe in liefde, en daarom het Hy medelye met die mensdom gehad en wou hulle help.
Tewens besef Hy ook, as gevolg van Sy liefde, dat Hy `n missie te vervul het. Dat Ek Hom self na die aarde gestuur het om My tot omhulling te dien, sodat Ek die verlossingswerk om die groot sondeskuld te delg - in Hom kon volbring, en volgens hierdie missie het Sy aardse lewensweg in vervulling gegaan: `n Weg van onmeetlike nood en lyding wat Hom eers moes laat rypword. Die verblyf tussen die sondige mense het Sy siel reeds ontsaglike leed besorg. Want Sy siel het uit die Ryk van die Lig neergedaal in die duisternis in.
Maar die aardse liggaam waarin die Siel geborge was, moes eers deur die lyding en die nood, deur die gestadige stryd teen die begeertes en hartstogte wat aan die liggaam gekleef het, gelouter word; om nou `n waardige opnamehouer te wees vir Myself, Ek wat Hom nou ook geheel en al vervul het en sodoende Een geword het met Hom.
En nou het Sy eintlike missie begin; om aan die mense lig te bring, die waarheid aan hulle te verkondig, hulle die Evangelie van die Liefde te predik en hulle dus die weg te wys en voor te lewe wat hulle ook moes gaan, as hulle na hulle dood wou ingaan in die Ryk van Lig en Saligheid. En ten laaste sluit Hy Sy lewensweg af met `n onvergelykbare werk van erbarming; met Sy bitterste lydingsweg en die smartlikste dood aan die kruis as offer vir die sondeskuld van die mensdom.
Hierdie missie was wel deur `n mens volbring, maar Ekself was in hierdie mens. Ekself as die Ewige Liefde het die werk van verlossing volbring, want slegs die liefde was tot so 'n offer in staat. Slegs die liefde kon die smarte van die kruisweg deurstaan, en slegs die liefde kon die krag opbring om geduldig te volhard in die volste bewussyn tot aan Sy dood.
En ofskoon die mens Jesus aan die kruis die woorde uitgeroep het: "My God, My God, waarom het U My verlaat" - was hierdie uitroep slegs `n getuienis dat die Godheid in Hom, Hom nie tot Sy daad gedwing het nie, maar dat die mens Jesus in heeltemal vrye wil die offer gebring het vir Sy medemens. Dat die liefde Self Hom daartoe gebring het om dit te verwesenlik, wat Hom egter nie onvry gemaak het in Sy denke en handelinge nie.
Die algehele sondelas van die mensdom het die mens Jesus op Sy skouers geneem en daarmee na die kruis gegaan, en geeneen van u mense kan die gesegde in sy diepste diepte begryp nie. Weliswaar het Ek Self die werk van erbarming volbring, omdat sonder die liefde die mens Jesus ook nie in staat sou gewees het om hierdie maat van lyding en smart op Hom te neem nie. Andersyds, die Godheid kon nie ly nie, en daarom moes hierdie lydingsweg deur `n Siel deurstaan word wat wel in staat was om te ly; `n mens, wie se liggaam pyn en smart kon voel en wat dus as`t ware boete gedoen het vir wat die hele mensdom aan God skuldig was. Maar ook Sy siel het onbeskryflik gely, omdat Sy uit die Ligryk gekom het en die duisternis op aarde vir Haar reeds `n ontsaglike kwelling beteken het.
Die mens Jesus was "My Seun" in Wie Ek `n groot welbehae gehad het. Hy was My met al Sy sinne en met al Sy liefde toegewyd. Hy het Hom tussen die sondige mensdom verneder en Sy siel het My onafgebroke gesoek, vir My, Sy God en Vader van die ewigheid. Sy liefde het My gedwing tot `n voortdurende instroming in Hom, en so kon die eenwording van mens en God plaasvind, of anders gesê; die Menswording van God kon met die volste reg geskied.
Want nooit kon Ek vir My `n menslike omhulling tot woonplek kies wat nie suiwer liefde sou gewees het nie, omdat Ek Myself nie met iets onrein kon verbind nie. Alle onrein substansies was deur die lydingsweg van die mens Jesus vergeestelik, en tegelykertyd was die sondeskuld afgelos vir die algehele mensdom - omdat Hy homself geoffer het uit liefde vir Sy medemens.
Die mens Jesus het Myself deur Sy dood verheerlik en Ek het Hom verheerlik, deur Hom as `n sigbare omhulling van Myself te kies vir ewig. Deur Hom het Ek self tot `n sigbare Godheid geword vir al My geskape wesens, wat hulself "die aanskouing van God" waardig maak. U kan vir uself, so lank as wat u op die aarde vertoef, maar net My eindelose liefde voor oë hou, wat u help om vry te raak deur die verlossingswerk. Maar u sal die werk van erbarming eers in sy gehele diepte begryp wanneer u self in die Ligryk ingegaan het, as die lig van die insig u weer soos voorheen deurstraal. Dan sal u self daaraan kan deelneem, u sal dit self as werklikheid belewe en nou eers My eindelose Liefde begryp, wat alles gedoen het om Haar kinders weer terug te wen wat Sy eens verloor het, deur die groot skuld as gevolg van die afvalligheid van My.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205