Boek 29 - God self openbaar die geheim van GOLGOTHA aan ons
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28.

DIE BLOED VAN CHRISTUS - DIE SONDESKULD
B.D.5478 - 2 September 1952
Vir u My kinders op aarde het Ek My bloed vergiet. Vir u het Ek die swaarste weg gegaan, want Ek wou u red uit die dieptes, wat u nooit uit eie krag sou kon verlaat nie. Die offer wat Ek vir God, die Vader wou bring, was deur Hom aangeneem, en so het dit tot verlossing vir u geword. U mense kon u dus bevoordeel met dit wat Ek van God afgesmeek het, waarvoor Ek die offer moes bring wat u gebaat het, omdat u absoluut hulp nodig gehad het in die toestand waarin u uself bevind het, toe Ek op aarde neergedaal het.
Maar Ek weet ook dat nie alleen die mense in My tyd op aarde, noodlydend was nie. Ek het geweet dat solank die aarde bestaan, die mense nie hulle aardse opdrag kon vervul nie, omdat hulle te swak was. En Ek het medelye met die hele mensdom gehad, ook met dié uit die verlede en in die toekoms - en Ek het alle mense in die verlossingswerk ingesluit. Vir alle mense het Ek barmhartigheid verwerf sonder beperking, waarvan hulle nou gebruik kan maak om hulle doel op aarde te bereik.
My offerdood was `n werk van die allergrootste barmhartigheid. Ek het in volle bewussyn en in vrye wil `n lydingsweg op My geneem wat Ek nie sonder die Goddelike liefdeskrag sou kon verdra nie. Maar die ontsettende nood van die mensdom het My medelye gewek en laat alles op My neem wat maar moontlik was om haar te help. Ek weet wel dat die hele Vergoddeliking van My wese, My verlossingswerk sou bekroon, maar Ek het dit nie vir die doel gedoen nie, nie maar slegs uit liefde tot die lydende geestelike wat van God afgeval het, wat so ver van God af, en daarom so onsalig was.
Die liefde het My so geweldig vervul, dat Ek daaruit krag geput het vir die werk van barmhartigheid, sodat Ek lydend gesterf het vir die mensdom in onuitspreeklike liggaamlike pyn. Ek het My lewe aan die kruis gegee vir My ongelukkige broeders wat eens, net soos Ek, van God uitgegaan het, maar die weg verlaat het wat hulle eintlike bestemming was. Ek het die saligheid van God se nabyheid geken en het medelye gehad met die gevalle onsalige geestelike. Maar Ek het ook die liefde van God tot al Sy skepsele geken, en Ek wou tot Hom terugbring wat hulleself vrywillig van Hom verwyder het.
My liefde tot God was alles oorheersend, soos ook die liefde tot almal wat uit Hom voortgekom het. Alleen vanweë hierdie liefde het God My offer aangeneem. En My liefde het God om vergewing van die skuld gesmeek, wat die gevallenes se eie was en nie anders gedelg kon word nie, omdat dit uit liefdeloosheid bestaan het. Slegs liefde kon daarom die offer bring, en so was dit nie alleen die kruisdood nie, maar die liefde wat deur hierdie dood bewys is aan die mense wat God nou aanneem as versoening.
Ek het My bloed vergiet vir u mense en so die versoening tot stand gebring vir dit wat u gedoen het. Ek het u sonde op My geneem en daarvoor geboet. Maar ook u mense moet u deel daartoe bydra. U moet bereid wees om deur My kruisdood verlos te word en u moet wil, dat die barmhartigheidswerk ook vir u gebring word. U moet gebruik maak van die barmhartigheid, deurdat u My en My verlossingswerk erken en uself vanuit u wil by die groep aansluit, vir wie Ek aan die kruis gesterf het.
Sonder hierdie erkenning en u wil, is en bly u met u sondeskuld belas en in die boeie van hom wat u tot `n val gebring het. Ek het wel die werk van verlossing vir u almal volbring, maar eers u eie wil maak dit doeltreffend vir u - want u kan nooit teen u wil in verlos word van `n sonde wat u uit vrye wil begaan het nie. U moet u onder die kruis van die Christus plaas, u moet My erken en My aanroep, u moet aan My u skuld beken en tot My bid dat Ek die skuld vir u wil dra en met My bloed uitwis. En terwille van My liefde sal alle skuld dan vir u vergewe word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205