Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

OPHELDERING OOR DIE MATERIE EN HAAR OPDRAG
B.D. 8575 - 30 Julie 1963
Alle materie is verdigte gees. En so is die gehele aardse stoflike wêreld eens deur My uitgestraalde krag wat in die allereerste begin haar bestemming nie nagekom het nie, omdat hulle nie daartoe gedwing was nie; wat egter volgens die wet van die ewigheid werksaam moet wees, en daarom omgevorm was tot skeppings van allerlei aard - waarvan die funksionering bepaal word deur natuurwette en dit onder die dwang van "jy moet".
Deur die wetlike vervulling van hulle taak tree die geestelike `n steeds hoër stadium van ontwikkeling binne en sodanig is die skepping in die grond van die saak geestelik op die mees uiteenlopende vlakke van ontwikkeling. Vanaf die hardste gesteente, of as plant of dier - omhoog tot die mens toe - gaan die ontwikkeling opwaarts, wat gewaarborg is deur `n voortdurende dienende werksaamheid van elke afsonderlike skeppingswerk. Die materie val steeds weer uiteen, dit wil sê, al die geestelike wissel gestadig van die buitekant en neem `n nuwe hoër vorm aan en ontwikkel homself op die manier tot by die stadium, waarin hy homself as mens mag beliggaam om ook nou weer, deur dienend werksaam te wees, - homself te bevry uit die laaste omhulsel op hierdie aarde. Steeds sal materiële omhulsels of uiterlike vorme die ryper geestelike bevat en dit dien om homself verder te voltooi. Die omhulsels self word steeds weer opgelos en die daarin geborge geestelike substansies sal homself eweneens verenig met substansies van dieselfde rypheid en hulle naas volgende vorm aanneem, solank tot alle krag homself weer versamel het, wat in die oerbegin as "wesens" uitgestraal was en nou as wese weer bestaan in sy vroeëre hoedanigheid, egter sonder enige liefde, wat hy eertyds nie meer van My wou aanneem nie.
Hierdie liefde word nou as vonkie aan die mensesiel op aarde as lewende oergees toegevoeg, as `n barmhartigheidsgeskenk van My. En nou kan die mens weer sy voltooiing bereik, hy kan weer volmaak word soos wat hy eens uit My voortgekom het. En dan sal die uiteindelike doel bereik wees, wat Ek My voorgeneem het by die skep van die wesens.
Vandaar dat, vanaf die vroeëre wese die weg deur die skeppings van die aarde heengegaan het, daar eindelose tye verbygegaan het. Want wat as materie vir u sigbaar is, het lang periodes nodig vir haar omsetting. Want die eerste harde materie, die gesteentes, gee nie so gou die geestelike vry nie. En as daar nie onder invloed van natuurwette `n uiteenval van die harde buitekant plaasvind nie, kan ewighede verbygaan totdat daar `n verlosser intree; totdat hierdie wêreld van gesteentes `n ligter vorm van lewe laat sien in die sin, dat hulle heeltemal verander, of ook wel uiteenval, om die gekluisterde geestelike, wat nou in `n minder vaste vorm opnuut gebondel word, vry te laat. En so sal die nuwere vorm steeds makliker oplosbaar word en al die skeppingswerke gee die geestelike die moontlikheid daarin om verder ryp te word. En so kom die aanvanklike heeltemal verharde dooie geestelike langsaam tot lewe. Die wisseling van die uiterlike vorm vind steeds vinniger plaas en is daar in die hele skepping `n voortdurende lewe en sterwe, `n wording en verganklikheid te sien. Maar die geestelike het eindelose tye nodig vir sy ontwikkelingsgang, wat as mens op die aarde beëindig word. En steeds moet onderskei word, dat elke uiterlike vorm uit geestelike substansies bestaan wat in die begin van hulle ontwikkeling staan en wat alle uiterlike vorms weer geestelike substansies bevat wat reeds `n hoër graad van rypheid bereik het en in die vorm nog verder uitryping moet ondergaan. En daarom hoef die uiterlike omhulsel nie steeds so gewaardeer te word as dat dit die geestelike in homself bevat nie. Die uiteenval van die buitekant sal altyd `n daad van bevryding wees vir die gekluisterde geestelike en tewens ook `n stap omhoog in die positiewe ontwikkeling beteken vir die materie self, wat as uiterlike vorm die sielesubstansies omhul.
Hierdie omhulling het nog `n lang tyd nodig totdat ook hulle, as bestanddeel van `n siel, hulle laaste weg oor die aarde sal aflê. En hoe gewilliger `n omhulsel sy diens verrig, hoe vinniger gaan dit vooruit in sy ontwikkeling, egter steeds volgens die wetlike ordening. En so ook het die laaste uiterlike omhulling - die menslike liggaam - `n baie groot opdrag, waarvan die nakoming daarvan, die geestelike substansies waaruit die liggaam opgebou is, ook `n vinnige vooruitgang van haar ontwikkeling bring, sou die liggaam homself heeltemal volgens die eise van die siel voeg en dus saam vergeestelik kan word tydens die aardse lewe, wat vir die ander gevalle oergeeste `n verkorte aardse weg kan beteken. Want, wat deel van hom uitmaak, dra deur buitengewone diening en lyding by tot `n veel vinniger terugkeer van die oergees tot My, wanneer hy as mens sy gang oor die aarde gaan en nie meer die terugval in die diepte hoef te vrees nie, omdat hierdie substansies wat al uitgeryp is, hom `n sekere voltooiing verseker.
Die kennis hieroor kan u daartoe aanspoor, om heeltemal bewustelik die vergeesteliking van die liggaam gedurende die aardse lewe na te strewe en dus `n lewenswandel te lei heeltemal volgens die gebooie van die liefde, omdat die liefde die weg is wat tot die totale vergeesteliking van die liggaam voer.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205