Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

VERDERE OPHELDERING OOR DIE SIEL
B.D.8012 - 5 Oktober 1961
Dit sal nodig wees om die begrip "siel" te verklaar, sodat u nie in dwaling voortleef nie. Alles wat u om u heen sien is geestelike krag, wat eens deur My uitgestraal was, as wesens wat ontbind was, toe hulle die liefdeskrag wat hulle onophoudelik toegestroom het, nie volgens My Wil gebruik het nie. Want hierdie krag moet werksaam wees volgens die wet van die ewige ordening.
Hierdie, Liefdeskrag wat deur My as wesens uitgestraal was, het Ek dus omvorm tot skeppingswerke wat `n dienende funksie moet verrig. En so is die skepping om u heen, in die diepste grond die krag wat as selfstandige wesens buite My geplaas was. En al is die tot materie geworde geestelike krag nog hoe verhard, dit is alles lig- en liefdesvonke wat uit My straal en slegs deur My Wil `n vorm ontvang het, ooreenkomstig My Liefde en Wysheid.
Die geestelike kan egter nou nie meer vergaan nie. Die deur My eens uitgestraalde krag keer onherroeplik weer na My toe terug. Maar alles wat u omgewe, het die mees verskillende vlakke van rypheid, omdat dit die sin en die doel van die skepping is om die geestelike tot volle ontwikkeling te bring, wat tydens sy val in die diepte in sy wese volledig verander en dit derhalwe nou in die louteringsproses deur die gehele skepping, homself weer moet vergoddelik; dus weer `n selfstandige wese moet word wat in lig en krag en vryheid werk tot sy eie geluk.
Eenmaal sal alle partikeltjies van `n opgeloste oersiel hulleself dus weer versamel en sal dan in die uiterlike vorm van `n mens oor die aarde gaan, om hierop in vrye wil haar laaste voltooiing te bereik. Hierdie siel is dus die Liefdeskrag wat eens deur My uitgestraal is, maar al haar substansies het nog `n loutering nodig. Ewenwel is hulle geestelik, want alles wat u sien is geestelike krag, selfs wanneer dit deur My Wil as materie gestabiliseer is.
Die geestelike wat nou as siel aan die mens lewe gee, het wel reeds `n bepaalde graad van rypheid bereik, omdat haar beliggaming as mens andersins nie toegestaan sou gewees het nie. Tog kan daar nog nie van `n volmaakte siel gepraat word nie, omdat sy deur die ryk van "Lucifer" gegaan het en haar denke en wil nog heeltemal volgens sy aard gerig is. Tog is sy die eens gevalle oergees wat deur die weg oor die aarde heeltemal vry kan word van alle laer invloede, wat vry kan wil en handel en daarom ook die moontlikheid het op aarde om tot die uiteindelike voltooiing te kom en as stralende liggees weer die ryk hierna binne te gaan, wanneer sy die aardse liggaam moet verlaat.
Die siel is derhalwe vir die menslike oog die onsigbare wat onverganklik is, wat bestaande bly tot in alle ewigheid. Terwyl die materie, vir elke oog die sigbare uiterlike vorm is, en wat verganklik is, maar ook net opgelos kan word deur My Wil om die geestelike, wat homself daarin bevind, vry te laat.
Dus is ook die sigbare skepping eweneens die vroeëre wesenlike geestelike, wat nou ontbonde deur hierdie skepping gaan, maar eenmaal ook sover uitgeryp is, dat die gevalle oergees homself as siel van `n mens mag beliggaam.
Die siel het wel die gedaante van `n mens, maar sy is slegs met die geestelike oog te sien, dit wil sê, slegs `n bepaalde graad van rypheid maak dit vir `n ander siel eers moontlik om die siel te sien, soos ook eertyds in die geestelike Ryk die geskape wesens mekaar wel herken het en gedagtes kon wissel. Egter slegs daarom, omdat hulle `n geestelike vermoë gehad het om innerlik waar te neem, wat die mens, of `n onvoltooide siel wat weer van die aarde geskei is, nie het nie.
Die siel is dus geen stoflike vorm meer, soos mens onder "stof” iets materieel, of iets sigbaar verstaan nie. Dit is `n geestelike vorm, dit is die krag wat uit My uitstraal, wat aan die dooie vorm - die menslike liggaam - die lewe gee. Ewenwel, die siel kan dink, voel en wil, wat die liggaam op sigself nie kan doen wanneer hom die eintlike lewe - die siel – ontbreek nie. Die menslike organe verrig wel hulle funksies, maar word tog steeds aangespoor, of tot lewe gebring deur die siel - deur die eintlike “Ek” - wat vir al hierdie funksies hulle werksaamhede vasstel.
En daarom dra slegs die siel die verantwoording vir die aardse bestaan, en nooit die liggaam nie. En die siel sou altyd verkeerd gedink en gehandel het, as Ek haar nie `n vonk van My Gees as deel van My sou bygevoeg het nie, wat nou sy invloed probeer uitoefen om haar aan sy aansporing te onderwerp en wat haar steeds daartoe bring om haar wil volgens My Wil te voeg, maar egter nooit dwingend op die siel inwerk nie.
Dit staan die siel volkome vry om haarself aan die wense van die gees, of aan die begeertes van die liggaam te onderwerp. En dit is die eintlike aardse lewenstoets wat die siel moet deurstaan; om as volmaak te kan ingaan in die ryk hierna.
U, mense moet uself met die gedagte vertroud maak dat juis hierdie gevalle oergees u eintlike “Ek” is, dat hierdie oergees egter by die begin van sy beliggaming as mens `n nog baie ongelouterde gees is, want hy bevind homself in die gebied van "Lucifer". Hy het selfs deur al die skeppings heengegaan waarin al wat by "Lucifer" hoort, nog gekluister is. En ook die menslike liggaam bestaan uit materie, dus uit die geestelike wat homself nog in ontwikkeling bevind.
Die uiteindelike voltooiing moet eers in die aardse lewe plaasvind, maar kan egter bereik word, omdat die Verlossingswerk volbring was deur Jesus Christus, My eniggebore Seun, wat Ek na die aarde gestuur het om die groot oerskuld te delg, wat aan alle gevalle wesens die binnegaan in die ligryk ontsê het.
Die siel van die mens Jesus was dus `n siel van die Lig, wat ten behoewe van `n sending op aarde neergedaal het in die ryk van die duisternis. `n Siel van die Lig het haarself in `n omhulsel van vlees en bloed beliggaam, in die liggaam van `n aardse mens, wat net so geskape was soos die van elke ander mens. Die omhulsel was weliswaar eers deur die Ligsiel gereedgemaak om `n rein tempel te wees, omdat Ek Self in die mens Jesus My verblyf wou neem.
Tog bestaan die liggaam uit aardse materiële substansies, omdat die mens Jesus die werk om Homself te vergeestelik sou volbring, wat vir die ander mense as voorbeeld sou dien, wat dus deur elkeen self verrig moet word om homself te voltooi. Bowendien het die Siel van Jesus, `n mees suiwer Ligsiel Haarself in `n donker omgewing bevind. Sy het neergedaal in die ryk van "Lucifer" en is Haarself nou ook aan al sy aanvalle blootgestel.
Die Siel van Jesus was egter geen gevalle gees nie. Maar omdat Sy deur die diepte moes gaan, kon Sy ook nie die destruktiewe geeste afweer wat haar in opdrag van "Lucifer" baie gekwel het nie. Die Siel van Jesus bestaan uit lig in alle volheid. Toe Hy egter na die "diepte" afgedaal het, het Hy die lig agtergelaat, want dit sou die mense in hulle duisternis onherroeplik verteer het. Die Lig vervul dus maar in beperkte mate die liggaam van Jesus. Hy het Sy Liefdeslig nie voluit skyn laat nie, maar die Liefde het Hom innig met My verbind, Sy Vader van die Ewigheid.
Die Siel van Jesus was Gees van My Gees, netso was Hy as Liefdeslig deur My uitgestraal en Hy het hierdie Liefde ook nie opgeoffer toe Hy na die aarde gekom het nie. Maar nou het My teenstander ook sy invloed begin geld, hy wou die Verlossingswerk van Jesus verhinder en het ook probeer om die Siel van Jesus in die duisternis in te trek. Op grond van Sy ontsaglike liefdeslig, kon Jesus spelendergewys aan al sy aanvalle weerstand bied. Maar dan sou die navolging van Jesus twyfelagtig gewees het, dan sou Hy nooit as mens die lewe vir die medemens uitgeleef het, wat Hy moes lei om homself te bevry van My teenstander nie, maar sou slegs as Goddelike Krag iets volbring het, wat nooit vir `n mens moontlik sou gewees het nie.
En daarom het `n Ligsiel bewustelik die stryd met My teenstander opgeneem, deurdat Sy hom alle swak plekke gebied het. Jesus het die stryd bewustelik aangegaan, wat tegelyk beteken, om ook nie die sataniese geeste af te weer as hulle hulleself van Sy Siel Heer wou maak nie. Hy het hulle nie deur Sy Mag oorwin nie, maar deur Sy Liefde, dit wil sê, Hy het hulle tot kalmte en sagtheid gebring, Hy het aan hulle verlossing gebring, want Sy Liefde was oorgroot en tydens Sy lewe op aarde as mens het hierdie Liefde aangegroei tot `n vuursee. Hy het Myself as die "Ewige Liefde" in Hom opgeneem.
Hy het nie toegegee aan die versoekinge van My teenstander nie, maar het elke aanvegting oorwin, elke begeerte van die destruktiewe geestelike substansies met oorgroot geduld en erbarming verdra, om die nog onverloste geestelike te help, om hulle in `n toestand te bring dat hulle hulleself by Sy Siel kon aanpas. En die Liefde het die werk volbring, sodat ook al die nog laer geestelike substansies van die liggaam deur Sy Siel geassimileer geword het, sodat Siel en liggaam in hoogste volheid van Lig gestraal het en hulleself verenig het met My - die Liefdeslig van die Ewigheid.
En hierdie selfde ontwikkelingsgang vind ook plaas wanneer `n hoogste liggees, `n engelgees die weg deur die diepte wil gaan, om die kindskap van God te bereik; om `n in vrye wil hoogs volmaakte gees te wees wat in en met My kan skep. Steeds beperk die gees dan sy volheid van lig en krag, omdat dit die menslike liggaam uiteen sou laat spring wat nog geen suiwer geestelike liggaam is nie.
Die liggees neem dus die vorm van `n menslike liggaam aan, maar bly tog `n geestelike liggaam. En hierdie geestelike onbegrensde vorm is die siel, wat die anders "dooie vleeslike liggaam" eers tot lewe bring. Tree hierdie siel dus weer uit die liggaam, dan ondervind sy ook geen begrensing meer nie, dan is sy weer die vrye gees, vol van lig en krag; wat egter nie uitsluit dat hierdie gees eenmaal as "menslike siel" die weg deur die diepte gegaan het nie.
Maar so `n gees sal ook in die aardse lewe oor ongewone geestelike talente beskik, want ofskoon hy aan die swaarste versoekinge van die kant van My teenstander blootgestel is, sal hy nooit die totale verbinding met My verloor en die krag van sy liefde sal hom ook as oorwinnaar tevoorskyn laat kom. Want wat My teenstander nie mee geslaag het toe hy die groot leër van oergeskape wesens tot afval van My gebring het, daarmee sal hy ook nie nou slaag nie. Maar tog sal die aardse lewe van `n liggees altyd besonder swaar wees, totdat hy sonder beperking die groot wilsproef afgelê het wat hom nou tot My kind laat word wat vir ewig met My verenig is, met sy Vader, en nou onbegrensde salighede sal geniet.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205