Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE SIEL BEGIN BEWUSTELIK AAN HAAR AARDSE LEWE
B.D.7265 - 25 Januarie 1959
By die begin van u beliggaming as mens word u lewenslot aan u voorgelê en u is in die volste besef van dit wat u te wagte staan in die aardse lewe, en wanneer hierdie laaste beliggaming ingetree het, omdat u tegelykertyd ook die uiteindelike doel voor gees gestel word wat u kan bereik en omdat dit ook u eie wil was om vry te word van die laaste vorm, deur hierdie weg oor die aarde.
Vervolgens word die herinnering daaraan egter van u weggeneem en die lewe gaan nou sy gang, u leef onbewus van die sukses wat u kan bereik. En dit is nie op `n ander manier moontlik nie, want anders sou die vrye wil nie tot sy reg kan kom nie, want dit moet eens u uiteindelike voltooiing bewerkstellig. Maar dit is verseker, dat dit vir u moontlik is om alles wat u aan swaar beproewinge oorkom, te oorwin. Want aan geen mens word meer opgelê om te dra as wat hy kan dra nie - ewenwel met die krag van God, wat hom altyd tot beskikking staan.
Verlaat die mens homself egter slegs op sy eie krag, dan kan hy wel ten gronde gaan aan wat die lewe vir hom inhou. Maar hy het altyd die moontlikheid om God vir krag te vra, hy het die moontlikheid om te bid. Dit vereis egter `n geloof in `n God en Vader van die Ewigheid, want anders sou die mens nooit 'n God aanroep en om krag en hulp vra nie.
En elke mens wat nog nie die geloof besit nie, kan dit verseker vind as hy net sal nadink oor sy lewe, sy lot en alles wat daar om hom heen gebeur. Vir `n denkende mens is dit verseker nie moeilik om te glo aan `n magtige en wyse Skepper nie. Maar hy wil dit dikwels nie as waar erken dat hy self met hierdie Skepper verbonde is en dat Hy bereid is om hom ook in elke nood by te staan, as Hy daarom gevra word.
Die geloof aan die samehang van Skepper met Sy skepsel ontbreek sulke mense. En `n God van Liefde is vir hulle nog minder geloofwaardig, en daarom hou hulle hulleself afsydig van Hom, wat egter aangeroep wil word deur Sy skepsele sodat hulle hulle band met Hom daardeur kan bewys. Daarom word die mense steeds weer deur beproewinge getref wat nie slegs die getrefde mense self, maar ook hulle medemens moet aanspoor om na te dink oor hulle verhouding tot `n God en Skepper, wat ook die Vader van Sy kinders wil wees aan wie Hy die lewe gee.
Elke mens is in staat om die swaarste beproewinge met die krag uit God te oorwin. En hy het vóór sy beliggaming ook sy toestemming daarvoor gegee, want hy is nie teen sy wil geplaas in dié of dáárdie soort liggaam nie. Hy het vrywillig die weg oor die aarde begin in die verwagting om volledig vry te word van elke vorm van gebondenheid en ook het hy die vaste vertroue, om van die aardse lewe Heer te word op die regte wyse.
As mens faal hy egter dikwels en die weerstande lyk vir hom onoorwinlik, solank hy nie `n beroep op die hulp van sy God en Skepper doen nie, wat hy absoluut moet erken - as sy weg oor die aarde nie vergeefs afgelê wil word, sonder enige sukses vir sy siel nie. Daarom is die geloof aan `n God, wat in Hom die liefde, wysheid en Almag is, ook die eerste en vernaamste. En om tot die geloof te kom, moet die mens vereers in homself die liefde laat ontbrand. Die liefde is egter ook die krag in homself, en so kan elke mens onherroeplik die swaarste lewenslot aan `n lewe in liefde lei; omdat hy daaruit reeds die krag uit God put, dus sal ook sy geloof lewend wees, sodat hy God ook as sy "Vader" sal aanroep in elke aardse en geestelike nood. En hy sal ook waarlik uit die nood gehelp word, omdat God Self die Liefde is, en Hy die Mag het om alles weer in orde te bring wat in wanorde geraak het. Want Hy help die mens met Sy krag ook om die swaarste beproewinge te bemeester. En Hy sal steeds bereid wees om hom in elke nood by te staan.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205