Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

LIEFDE EN LEED – LOUTERING VAN DIE SIEL
B.D.7732 - 28 Oktober 1960
U volg My werklik na as u u kruis dra met geduld en oorgawe tot My Wil. Ek het wel die sonde van die hele mensdom op My skouers gedra, toe Ek die weg na die kruis opgegaan het. Ek het wel die groot sondelas van u afgeneem wat u vanweë u eie skuld sou moes gedra het. Want Ek het geweet dat dit vir u te swaar sou wees, dat u uself nooit van die groot las sou kon bevry het nie en dus dra Ek dit vir u.
Maar u moet weet dat uself nog `n lae graad van sielerypheid besit, solank die liefde in u nog nie ontvlam het tot die hoogste gloed nie. En daaraan ontbreek dit u mense, selfs al probeer u om `n lewe volgens My Wil te lei. En daarom gee Ek u die moontlikheid om u sielerypheid te vergroot deur lyding en siekte, wat `n ware louteringsmiddel is vir die siel, sodat sy steeds helderder en meer ligdeurlatend word, sodat sy gelouter die ryk hierna kan binnegaan, wanneer haar uur gekom het. Liefde en leed louter die siel - dit sê Ek u steeds weer, en so sê Ek u ook dat u die lyding nodig het, omdat die liefde in u nog nie die graad bereik het wat u siel alleen kristalhelder sal laat word, sodat My Liefde haar dan kan deurstraal en haar op geen enkele weerstand meer stuit nie.
U lewe sal nie meer lank duur nie en eenmaal sal u My dankbaar wees dat Ek u gehelp het om u siel te vergeestelik deur beproewinge, deur nood en lyding en siektes. Maar u mag nie in opstand kom teen u lot nie. U moet alles uit My Hand aanneem en steeds daaraan dink dat Ek u wil help om tot voltooiing te kom - sover dit nog op aarde moontlik is. U kan nog baie afvalsubstansies van u siel kwytraak en daardeur die geluk vir haar voorberei om in stralende volheid van lig te kan sterwe; omdat die siel nou so gevorm is dat sy die volheid van lig in haarself kan opneem, sonder om te vergaan.
U kan weliswaar van alle skuld vry wees deur die vergewing wat u ter wille van Jesus Christus verseker is, as u Myself in Jesus daarom vra. Maar die graad van die lig wat u nou gelukkig sal maak, kan so verskillend hoog wees, en so is ook die saligheid van u genot uiteenlopend, na mate die helderheid en voltooiing van die siel, volgens die mate van die arbeid wat uself op aarde aan u siel verrig het. En as u onagsaam sal wees, ondanks 'n goeie wil, dan sal My Liefde u effens help, deurdat Sy u steeds weer moontlikhede sal verskaf om u sielerypheid te verhoog; deurdat Sy aan u `n klein kruisie oplê wat u in geduld en met oorgawe moet dra; deurdat die lyding soms terneerdruk om die arbeid aan u siel te ondersteun om die afvalsubstansies op te los en die siel so helder en gelouter uit die lyding tevoorskyn te laat kom. Daarvolgens het sy nou ook vir lig van `n hoë graad ontvanklik geword, sodat sy nou waarlik kan binnegaan in die Ryk van Lig en Saligheid.
Want die lewe is maar kort en eens sal u My dank vir die weg wat Ek u op aarde laat gaan het, as dit vir u siel die rypheid opgelewer het wat die aanstraling van liefde in `n hoë mate toelaat en wat u onmeetlik gelukkig sal maak. Neem daarom almal u kruis op u en volg My na, want eens is u weg ten einde en dan sal u oorgelukkig wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205