Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE ONVERGANKLIKHEID VAN DIE MENSLIKE SIEL
B.D.8790 - 25 Maart 1965
Dit mag u as heel verseker aanneem, dat `n verganklikheid van u siel nie meer moontlik is nie, omdat My Krag ewig onverwoesbaar is en u tog die uitstraling van Myself is. En as u dit weet, dan sou u ook alles moet doen om vir die onverganklike ook `n heerlike lot te berei, want dit lê alleen in u mag en hang van u wil af. Want u is wesenlike skepsele wat gevoelig is en daarom sowel kwellinge asook salighede sal ervaar, wat egter verminder en verhoog kan word, wat u eie saak is tydens u lewe op aarde.
Omdat u geen presiese kennis besit oor die toestand na u liggaamlike dood nie, omdat u nie eens oortuig is van `n voortlewe van u siel nie, laat u die vernaamste in u aardse lewe agterweë en u dink nie aan dit wat verder leef, - naamlik u siel nie. Wat u dus in `n salige staat sou kan en moet bring, as u aan die doel van u lewe op aarde sou wil beantwoord. Die feit van `n verdere lewe na die dood, kan nie aan u bewys word nie, om u nie tot `n gedwonge manier van lewe aan te por nie. En tog sou u met die korrekte wil, die innerlike oortuiging aan uself kan verskaf dat u onverganklik is, maar dit wel slegs as u in `n God en Skepper glo, wat alles laat ontstaan wat vir u waarneembaar is.
Want beskou u elke afsonderlike skeppingswerk van naderby, vanuit `n ontvanklike gemoed, kan u reeds daarin klein wonderwerke ontdek, wat `n uitermatig wyse Skeppersmag laat ontstaan het. En u sou ook meestal hulle doelmatigheid insien, wat weer Sy Liefde en Wysheid aantoon. En sodoende moet u tot die gevolgtrekking kom dat Hy `n volmaakte Godheid is uit Wie alle skeppingswerke voortgekom het. Daar is aan die volmaaktheid, sowel wat plek as tyd betref, geen grense gestel nie, dus is ook die voortbrengsels van die Wil van die hoogs volmaakte mag van die Skepper om vorm te gee, in ooreenstemming met Sy goddelike wet. Dit sal ook onbegrens wees, dit sal nie ophou om te bestaan nie, wat egter altyd slegs die geestelike skeppings betref waartoe ook die siel van die mens te reken is. Ook alle skeppings is geestelike substansies, wat maar net tydelik sigbaar bly, maar ook na hulle ontbinding geestelik verder bestaan, behalwe dat die uiterlike vorm deur My Wil vergaan, juis om dit wat homself daarin bevind, vry te laat.
En so moet u ook uself - u aardse liggaam beskou as slegs `n uiterlike vorm, wat maar tydelik bestaan, wat die geestelike - u eintlike Ek bevat, tot die dood die uiterlike omhulsel ontbind en die geestelike daarin, wat egter onverganklik is en bly, vry laat.
Reeds in die aardse lewe kan u mense geleidelike veranderinge by die skeppingswerke waarneem en nagaan, en steeds sal uit die een die ander ontstaan - en alles wat u sien, het geestelike lewe in homself. Dit bevat `n partikeltjie geestelike substansie, wat homself geleidelik vergroot en dus steeds groter skeppingswerke bewoon, totdat al hierdie partikeltjies hulleself ten slotte versamel het in die menslike siel. Sy was eens as `n “Ek-bewuste” wese deur My geskape en is daarom ook ewig onverganklik.
As u mense dit oortuigend glo, aan die onsterflikheid van u siel, aan `n voortlewe na die dood en dit sou kan verwerf, dan sal u ook verseker u lewenswandel verander. Dan sal u u siel `n draaglike of selfs `n salige lot wil berei en nie sonder verantwoording deur die lewe gaan nie. Maar die mense is in die eindtyd totaal onverskillig. Wat hulle nie weet nie, wens hulle ook om nie te ken nie en neem genoegdoening met wêreldse genietinge. Hulle besorg slegs aandag aan wêreldse dinge en strewe nie na geestelike kennis nie. En dan kan die siel haarself na die dood van die liggaam maar net in `n deerniswekkende toestand bevind, en moet sy groot ellende deurstaan in die ryk hierna.
Hierdie kwellinge sou Ek u mense wil bespaar. Ek wil u steeds weer opheldering gee oor u onverganklikheid wat alles verklaar wat u oorkom. Want Ek wil u daartoe bring om na te dink oor vanwaar u kom en waarheen u gaan. En as u die aarde skielik moet verlaat, as u siel onverwags van u liggaam geskei word, dan sal dit nouliks tot haar deurdring dat sy die hiernamaals binnegegaan het, want sy bevind haarself slegs in `n ander omgewing en weet nie dat sy oorlede is nie. En haar geestestoestand sal soveel meer verduister wees hoe onverantwoordeliker sy haar lewe gelei het op aarde. Maar tog bestaan sy en kan vir ewig nie meer vergaan nie Die weg sal eindeloos wees wat sy dan nog moet gaan om slegs `n bietjie geestelik verlig te word sodat sy `n sprankie insig kry, na gelang haar houding in die ryk hierna teenoor die Goddelike gebod van die liefde is, wat ook nagekom moet word in die hiernamaals; voordat aan haar `n ligte verbetering en `n klein bietjie insig geskenk kan word. Het sy egter reeds op die aarde die geloof in die voortbestaan van die siel na die dood van die liggaam verwerf, dan sal sy ook haar lewe op aarde met meer verantwoordelikheidsbesef lei en haar weg omhoog in die ryk hierna kan vinniger en gemakliker verloop.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205