Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE ARBEID VAN DIE MENS AAN SY SIEL
B.D.7153 - 25 Junie 1956
Niks mag u daarvan weerhou om te werk aan u siel nie, want slegs sy bepaal u lot in die ewigheid. Niemand kan hierdie arbeid uit u hande neem nie, niemand kan dit vir u verrig nie. Daarom is elke dag waarin u nie `n klein vooruitgang behaal het vir u siel nie, ook verlore; en al is dit maar net `n werk van liefde wat u verrig, dit help tog u siel tot rypheid.
Elke dag wat slegs u eieliefde bevredig het, wat slegs vir u liggaam voordeel gebring het, is `n verlore dag. Want sodra die siel gebrek moet ly, was so 'n dag vergeefs geleef. En tog sou u gemaklik vooruit kan gaan, want daar doen homself soveel geleenthede voor, waarin u vir uself kan waarmaak, waarin u nou net die werk aan u siel sou kan verrig. Geleenthede waarin u uself sou moet oorwin en stry teen begeertes en ondeugde van allerlei aard. Geleenthede waarin u vreugde kan bring deur goed te doen, deur vriendelike woorde of deur hulpverlening, wat steeds vir u siel `n geestelike voordeel oplewer.
Steeds weer word u geleentheid gegee waarin u met u God en Vader ook innige tweegesprekke sou kan hou, om daaruit seën te verkry vir u siel. Altyd weer kan u die Woord van God aanhoor of lees en deur die aanspreek van God `n besondere hulp aan u siel ten deel laat val, omdat u nou die siel geestelike voedsel aanbied, waardeur sy in staat is om haarself verder te voltooi.
En al is die dae vir u aardse gewin nog hoe suksesvol, het `n klein goeie daad 'n veel hoër waarde, want dit is `n verryking vir u siel wat sy vir ewig nie meer kan verloor nie.
Wat die liggaam egter ontvang, is nie permanent nie, dit is maar geleende goed - wat elke dag weer van die liggaam afgeneem kan word.
En wederom kan u ook u siel skade aandoen deur haar te belas met sonde, wanneer u lewenswandel nie in orde is nie en u aan die reeds bestaande oersonde nog baie ander sondes toevoeg, wat slegs die siel eenmaal moet verantwoord, omdat sy onverganklik is.
Daarom moet u nie so onnadenkend van die een dag na die ander lewe nie. U moet goed weet wat u doen en u moet daarop let om meer ag te slaan op u siel as op u aardse liggaam. Want die siel is u eintlike Ek, wat die weg oor die aarde moet aflê, met die doel om ryp te word; ten dienste van haar vervolmaking, wat sy slegs op aarde kan bereik. Maar dit stel ook u wil voorop, wat juis hierin bestaan, om bewustelik te stry teen allerlei swakhede en gebreke.
En as die mens nou volmaak wil word, dan moet hy vir homself ook krag vra om volgens God se Wil te lewe, dit wil sê, dade van liefde te verrig. En hierdie krag sal hom dan ook verseker geskenk word. Hy moet `n bewustelike lewe lei, steeds met die doel om die nog onvolmaakte wese tot volmaaktheid te bring en dit na die beste van sy vermoë te doen. Hy sal dan ook innerlik aangespoor word om in liefde te werk. Hy sal nie anders kan as om goeie dade te verrig nie en sodoende ook daagliks `n geestelike vooruitgang te kan bekom.
En dan sal hy homself ook nie meer laat weglok deur wêreldse verleidinge nie. Want sodra dit vir hom eenmaal erns is om sy doel te bereik, om tot volmaaktheid te kom - sal hy die arbeid aan sy siel altyd vooropstel. En hy sal ook altyd gehelp word deur die geestelike wesens wat oor sy weg oor die aarde waak. Wat steeds weer sy gedagtes probeer beïnvloed, sodat hy vanuit God se Wil dink, praat en handel.
Die doel van sy aardse lewe is slegs die rypwording van sy siel, wat egter maar selde ingesien word en daarom is die lot van die siel dikwels so ellendig, ewenwel deur sy eie skuld. Want steeds weer word dit aan die mens voorgehou waarom hy op aarde leef. As hy dit nie wil glo nie, dan moet sy siel eens daarvoor boet, deurdat sy die duisternis, waarmee sy die aarde as mens betree het, met haarself saamneem in die ryk hierna.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205