Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE GESKENK VAN GOD: `N VONKIE VAN SY LIEFDE
B.D.6941 - 11 Oktober 1957
Lig en krag is dit wat u ontbreek, omdat u nog onvolmaak is. Sonder lig en krag sal u ook nie tot volmaaktheid kom nie en u mense, sou sonder hoop in `n ellendige toestand beland, wanneer geen hulp aan u verleen word nie en u nie eers lig en krag gegee word, wat dit vir u moontlik maak om die toestand van volmaaktheid te bereik nie.
U weet dus by die begin van u aardse lewe niks oor hierdie samehang, oor die sin van u aardse lewe en u opdrag hierin, u is totaal sonder kennis. Die lig ontbreek u. En as u die lig gegee word, sodat u dus onderrig kan word oor u aardse taak, dan ontbreek die krag u tog nog om die geestelike volmaaktheid te bereik, solank u vir uself geen krag verwerf nie - wat steeds alleen deur die werking in liefde kan gebeur. En om hierdie krag te verkry, dus te werk in liefde - ontbreek die wil u meestal, omdat u onvolkome toestand ook `n verswakte wil beteken.
So is u gesteldheid by die begin van u aardse lewe, wat u maar net gegee is om u onvolmaakte wese te omvorm tot volmaaktheid. Maar u lewe sou sonder enige uitsig wees, as u nie iets geskenk sou word van God se liefde, wat u wil help om weer tot volmaaktheid te kom: `n Baie klein vonkie van Sy oneindige liefdesgees het Hy in u geplaas.
Die liefdesvonkie is Sy aandeel, dit is onverbreeklik met Hom verbonde, dit is gees van Sy Gees, lig van Sy ewige Oerlig en krag tegelyk. En die klein vonkie is in staat om `n verandering in u te volbring, sodat elke onvolkomenheid verdwyn en u as `n stralende ligwese hierdie aarde sou kan verlaat. Maar die voorwaarde is wel dat u die klein vonkie self laat ontbrand, dat u die voeding gee, sodat hy homself kan uitbrei. Dit vereis dat uself deur die Goddelike liefdesgees in u laat aansit tot dade van liefde, want dit is sy werksaamheid, dit is die hulp van God wat hierdie geestesvonk steeds maar deur die mens van binne-af probeer beïnvloed om werke van liefde te verrig - omdat die liefde gelyk is aan lig en krag, omdat deur liefdeswerke sowel die gebrek aan insig, asook die kragteloosheid verdwyn, want die liefde is die enigste middel om weer volmaak te word soos wat die wese in die begin was.
Geen mens sou sy doel sonder hierdie liefdesvonk in die aardse lewe kan bereik nie, want die wese het eertyds in vrye wil elke aanstraling van God se Liefde afgewys en is tot geen ware liefde meer in staat nie; wat as erfdeel was van hom wat God as eerste liefde opgesê het.Die mens is dus die eens gevalle wese wat glo om te kan bestaan sonder om aangestraal te word deur die Liefde van God. Hy kan weliswaar nie meer vergaan nie, maar die toestand van `n gevalle wese het heeltemal anders geword as die waarin hy oorspronklik geskape was. Want slegs die liefde is die lewegewende krag wat die wese gelukkig kan maak – en om werksaamheid moontlik te maak, en sonder liefde is die wese dood en verduister van gees en moet daardeur in die hoogste mate onsalig wees. Maar ondanks die afwysing van weleer van Sy Liefde, het God se liefde en Erbarming die klein liefdesvonkie in die hart van elke mens gelê en maak so `n verbinding vanuit Hom na die mens. Wat egter nou van die kant van die mens benut moet word, omdat die liefdesvonkie ook die aandeel is van die Gees van God - wat tog geen dwang uitoefen op die wil van die mens nie, maar om deur `n sagte aansporing juis die wil te probeer beïnvloed om liefde te betrag. En daardeur kan dan in die hart van die mens `n vlam opflikker wat lig versprei en ook tegelyk krag oorbring om sy wese te verander.
Daarom is dit vir elke mens moontlik om aan homself in die aardse lewe lig en krag te verskaf. Omdat die vrye wil egter nie uitgeskakel mag word nie, hou God se Liefdesgees Haarself in en dwing die mens nie om te doen wat lei tot sy voltooiing nie, om welke rede ontelbare mense glad nie gebruik maak van die groot barmhartigheidsgeskenk nie en daarom in duisternis en kragteloosheid bly - waarvan slegs dade van liefde die siel kan bevry.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205