Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE VERENIGING VAN DIE SIEL MET HAAR GEES
B.D.8327 - 12 November 1962
Op die eenvoudigste en begryplikste wyse openbaar Ek Myself aan u mense, want Ek spreek nie net tot die verstandsmense nie, maar tot almal wat na die waarheid verlang, ook as hulle nie oor `n skerp verstand beskik nie. Ek spreek hulle egter so aan, dat dit vir hulle ook begryplik sal wees en daarom bedien Ek My daarvoor van `n mens wat self eenvoudig is in haar manier van uitdrukking, wat elkeen ook sal kan begryp, as hy van mens tot mens spreek, omdat Ek ook dan deur My Gees werk, wanneer hy aan geestelike gesprekke deelneem.Word My Woord nou na die aarde gebring, dan geskied dit ook op `n manier dat die inhoud van My openbaringe duidelik en bevatlik is. Daarom sal elke mens ook kan begryp, dat die gebeurtenis van die afvalligheid van die geeste daarin bestaan dat hulle die aanstraling van My Liefde - My Liefdesgees - afgewys het. Dat die terugkeer tot My dus weer daarin bestaan dat hulle die aanstraling van My Liefde vrywillig sal aanneem, om hulleself dus weer met My Gees te moet verenig. En die vereniging met My Gees vind dan plaas wanneer die goddelike liefdesvonk wat in elke mens lê en deel is van My, ontsteek word tot `n vlam wat homself onafgebroke gedronge voel na My, om as die Oervuur terug te keer.
Dan het die gevalle oergees weer tot sy oerelement geword en wel bewustelik. Want krag uit My het hy gebly, ook na sy verval van My, omdat hierdie Liefdeskrag wat van My uitstraal, nie kan vergaan nie. Die terugkeer tot My kan dus slegs bewustelik geskied, waartoe die vrye wil nodig is, wat die voorheen gekluisterde wese as mens weer terugkry en nou hierdie wil op die korrekte manier moet gebruik.
Wel het die oerwese onbewustelik op die weg teruggegaan, opgelos in ontelbare partikeltjies, wanneer dit in die skeppings van die aarde gekluister was. En hierdie terugkeer is `n daad van barmhartigheid van My kant af, omdat Ek die allerdiepste gevalle wese wou help, sodat hy weer die hoogte kan bereik waar die vrye wil weer aan hom terug gegee sal word.
Dan egter moet die vereniging van die geestesvonk in hom met die Vadergees van die Ewigheid plaasvind, as die uiteindelike terugkeer gerealiseer moet word. Die oergees wat as siel van die mens nou die weg oor die aarde aflê, is vir so lank nog van My verwyder, as wat sy sonder liefde is. Want ofskoon Ek hom `n liefdesvonk gegee het, moet hy hierdie liefdesvonk eers self laat opvlam, voordat hyself nou die vereniging met die Vadergees kan voltrek. Want slegs die liefde bring hierdie vereniging tot stand en die liefde moet vrywillig deur die mense beoefen word, wat dus ook die aanstraling van My Liefdeskrag moontlik maak, en sodoende weer die wese word wat hy in die oerbegin was.
Die siel is `n gevalle oergees. As daar dus gesê word: Die siel verenig haarself met haar gees, dan is onder gees altyd slegs te verstaan die Liefdesgees uit My, wat eens deur die oergees afgewys was en hy homself afgesluit het vir elke Liefdestraal. As mens dra die siel - die eens gevalle oergees, `n goddelike geestesvonkie in haarself, maar moet haarself uit vrye wil daarby aansluit, wat die siel nou bewustelik doen as sy haarself oopstel vir die aanstraling van My Liefde en daardeur self in liefde werksaam is. Sy het dus die gees in haarself en haar aardse opdrag is slegs om haarself deur hierdie gees te laat beïnvloed, wat steeds tot gevolg sal hê, dat die mens die liefde beoefen en homself deur die liefde met My verbind, wat die Ewige Liefde is. En dan verenig die siel haarself dus weer met haar gees. Die oergees sal homself nie meer afwysend teenoor My en die aanstraling van My Liefde gedra nie, maar hy sal bewustelik na My toe streef. Hy verlang na die straling van My Liefde en elke skeiding tussen My en hom word opgehef. Hy is weer dieselfde goddelike oerwese wat van My uitgegaan het en wat na sy vrywillige afvalligheid van My, ook weer vrywillig na My teruggekeer het, maar nou tot My kind geword het, wat Ek nie vir My kon skep nie, maar waarvoor die vrye wil van die geskape wese nodig was om hoogs volmaak te word.
Hy het homself dus vergoddelik uit vrye wil en kan nou saam met My skep en werk in die hoogste saligheid in vrye wil, wat egter ook Myne is, omdat `n volmaakte wese nie anders wil en kan dink soos Ek nie, wat die mees volmaakte Gees in die Oneindigheid is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205