Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 27

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE WERKING VAN DIE GEES IN DIE MENS - LIG
B.D.7798 - 15 Januarie 1961
U kan in die diepste geheime deurdring as u toelaat dat My Gees in u werk. U sal dit nie begryp, solank u nog aards stoflik dink, solank u maar net u sinne op die ryk van die wêreld rig en u geen verbinding met die geestelike Ryk soek nie. Die "werksaamheid van My Gees" sal vir u onbegryplik wees, solank u nog nie met My, u God en Vader in verbinding staan nie, omdat u dan ook nog nie in die liefde leef nie, wat die voorwaarde is om `n verbinding met My te verkry, en dus ook van die in u sluimerende geestesvonk met die Vadergees van die Ewigheid.
Sonder liefde kan u geen begrip hê vir die werk van My Gees, en daarom sal u ook nooit sonder liefde daarna strewe nie. Laat u mense egter die liefde in u ontbrand, dan wek u ook die gees in u tot lewe. U bring dan die verbinding met die Vadergees van die Ewigheid tot stand - wat Self Liefde is en Sy werk dan deur u geestesvonk op u in.
U laat dan die werksaamheid van My Gees in u toe en u sal waarlik groot kennis op geestelike gebied ontvang. Daar word vir u `n kennis ontsluit wat op geen ander manier deur mense verkry kan word nie, want dit is geestelike gebiede waarin u insae mag neem. Dit is geestelike geheime wat aan u onthul sal word, wat egter altyd alleen die Gees u kan gee.
U moet uself egter altyd eers tot `n opnamehouer vir die goddelike Gees maak, wat slegs die liefde kan volbring. Dan kan My Gees by u binnestroom en dit sal waarlik heerlike vrugte afwerp, wat waarlik `n verryking vir u mense is en bly tot in alle ewigheid. En so kan en sal mense op hierdie manier ook die waarheid oorgebring word en dit is gevolglik moontlik dat u self deur God onderrig sal word in die hele waarheid, as u dit self toelaat dat My Gees homself openbaar, want dit is `n aangeleentheid van slegs u wil, waartoe geen mens gedwing word nie. As u egter daartoe bereid sal wees, deurdat u uself uit vrye wil, deur `n lewe in liefde, sal vorm tot `n opnamehouer vir My Gees, dan sal dit lig word in u. Dan sal u spoedig die helderste insig hê, dan sal kennis ontsluit word en alle geestelike samehang sal vir u duidelik word.
Dan word die duisternis van die nag waarlik deurboor, die geestelike son sal in u hart straal. Dit sal dan ewiglik nie meer donker word in u nie, want u het `n egte lig van Myself af ontvang, wat u weer mag uitstraal in die nag.
Verwonder u dus nie waar die wysheid van die een vandaan kom, terwyl die ander haar nog nie besit nie. Vra uself nie af waarom dit nog so donker is in die harte van die mense nie, want nou ken u die antwoord, u moet vir uself daardie lig soek en dit sal helder word omdat u lig begeer. U mense moet glo dat Ek met u in verbinding staan, dat Ek nie wil hê dat u uself in die ewige nag moet bevind nie.
Maar ook moet u die duisternis self wil ontvlug en aanstaltes maak om `n lig in u te laat ontsteek. U moet weet dat Ek `n klein vonkie in u gelê het, dat dit egter van u vrye wil sal afhang of u die vonkie wil laat ontvlam tot `n vuur. En hierdie vuurgloed sal dan op My gespits wees en homself weer met die Vuur van die Ewige Liefde verenig. En dit sal weer tot gevolg hê dat My Gees homself uitstort in so `n toebereide houer en die duisternis nou verdryf het, waarin die siel solank gesmag het, totdat sy My opgeneem het; totdat die liefde in u My met aandrang gesoek het en die duisternis deurbreek is. Want dan kan Ek werk in die mens en waar Ek deur My Gees werk, daar is lig, insig en saligheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205