Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

GOD SE SORG VIR DIE MENS
B.D.7540 - 6 Maart 1960
Soek eers die Ryk van God, want dit is die opdrag van u aardse lewe; om met My en My Ryk in kontak te kom, sodat die Ryk u eens weer kan opneem wanneer u die aarde sal verlaat. Dit is ook u enigste opdrag, omdat al die ander hulleself dan vanself sal reël, wanneer u die moeite sal doen om aan hierdie opdrag te voldoen.
U is in hierdie materiële wêreld geplaas om die geestelike Ryk in hierdie aardse wêreld te soek. Maar daar is ook `n heerlike belofte aan u gegee; dat u ook in hierdie wêreld staande sal kan bly, as u hierdie verpligting gewoonweg vervul, naamlik om eers die Ryk van God te soek. Daar is aan u as`t ware `n beloning deur My toegesê, net dit moes u al aangespoor het om aan My dringende versoek aan u, gehoor te gee. Want die stryd om te bestaan - die sorg vir u aardse lewe, word as`t ware deur My belofte vir u bespaar.
U hoef maar net sorg te maak oor die heil van u siel, en die sorg vir u liggaamlike welsyn sal deur My oorgeneem word en alles sal vir u gereël word, wat u andersins groot inspanning sou gekos het, as u dit alles self moes doen. Ek neem vir u die sorge op My, wat die aardse lewe van u eis, sodra u My voorwaarde nakom, naamlik om eers na My Ryk en sy geregtigheid te strewe, dit wil sê, as u uself sonder beperking aan My oorgee.
Dan het u ingesien dat Ek u God en Skepper is, u Vader van die Ewigheid en u weet dat daar slegs algehele geregtigheid by My bestaan, `n lewe ooreenstemmend met die rypheid van u siel, en dat u daarom My en My Ryk sou moet soek, wat nou geopen sal word vir u wat uself aan My oorgegee het in volle vertroue op My regverdigheid. U moet slegs `n korrekte lewe lei met die oog daarop dat u My Ryk wil verwerf. U moet strewe na `n innige band met My.
Ek is egter nie in die wêreld te vinde nie, want My Ryk is nie van hierdie wêreld nie. Daarom moet u u gedagtes hemelwaarts rig, weg van die wêreld en haar verleidings. U moet steeds dink aan My Ryk, u ware vaderland, wat u eens verlaat het en waar u ook eendag na moet terugkeer.
Dit sal u nooit spyt om My raad op te volg nie, om na die Ryk te strewe, want dan sal u ook tegelykertyd van al u aardse sorge verlos word, omdat Ek dit van u oorneem, en My sorg sal waarlik na u uitgaan in al u nood en begeertes. Ek sal sorg dra vir u aardse bestaan, soos `n Vader vir sy kinders. Ek sal u gee wat u materieel nodig het en Ek sal u oorlaai met geestelike goedere in oormaat. Want sodra u u blik op My en My Ryk sal rig, kom daar ook barmhartigheidsgawes uit die Ryk na u toe en die band met My sal steeds stewiger word, die aardse lewe sal u nie meer beswaar nie.
U sal dit wat u nodig het - liggaamlik en geestelik gratis kry, want u het nou van die gevaar ontsnap om voor die wêreld en haar verleidings te beswyk, om heeltemal deur haar ten gronde te gaan. En gevolglik het u ook van die vors van die wêreld ontkom, wat sy heerskappy oor u verloor het. Want u het u heeltemal bewustelik gekeer na My Ryk, wat u nou ook ten deel geval het. Soek eers na My Ryk, al die ander sal vir u gegee word. Hierdie belofte moet u aanspoor om die verbinding met My en My Ryk te soek, want dit is nog die aardse sorge wat u dikwels teenhou, wat vir u swaarder weeg as die sorg vir u siel. Maar Ek beloof u versekerde hulp. Ek neem al u sorge op My, mits u My en My Ryk eers sal soek.
En daarom kan u heeltemal sorgloos u aardse lewe lei as u maar altyd hierdie belofte vir uself voor oë sal hou. Maar weinig mense neem hierdie Woorde ernstig op, wees egter vry van elke wêreldse las, want Ek neem dit Self op My. En Ek sal elkeen in liefde aanneem wat altyd slegs poog om My en My Ryk te verwerf. En u sal ook u doel bereik. U sal My vind en uself met My verenig. U sal u aardse lewe nie vergeefs lewe nie, u sal opgeneem word in My Ryk en salig wees.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205