Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE MENS IS GEEN "TOEVALSPRODUK" VAN `N SKEPPENDE MAG NIE
B.D.8943 - 25 Februarie 1956
Die mens met al sy ondeugde, foute en gebreke is maklik geneig om te glo dat hy so deur God geskape is – ten minste, as hy nog glo dat hy uit Hom voortgekom het. Maar hierdie Skepper van sou alle liefde en wysheid ontsê moet word by Sy beweegredes wat Hom daartoe gebring het om wesens te skep, en dan sou elke mens slegs die produk wees van `n wese wat dus self onvolmaak was, wat vanuit `n gril wesens skep, maar aan wie die hoogste volmaaktheid nooit toegeken sou kan word nie.
Wie dus ooit so 'n gedagte kan koester, die is nog heeltemal sonder lig. Hy vorm van die Skepper `n totaal valse begrip vir homself, want die bestaan as mens is maar `n stadium van `n oneindige lang ontwikkelingsproses. Dit is egter tegelykertyd ook die vernaamste stadium, want gedurende hierdie tyd neem die wese nou as mens die laaste wilsbeslissing - om dan ook weer sy oertoestand, waarin hy eens geskape was, te kan bereik.
U almal moet weet, dat u afkomstig is uit die hoogs volmaakte Wese wat net so in `n toestand van die hoogste volmaaktheid verkeer het, en dat u nou in `n toestand is wat u vir uself geskep het, wat dus nie die werk van u Skepper van die Ewigheid was nie. U almal moet weet dat dit maar `n tussentydse situasie is wat uself veroorsaak het deur die verkeerd rig van u wil. Hierdie toestand sou u egter weer kan verander na u oertoestand, as u wil eweneens daartoe bereid sou wees.
Daarom moet u stry teen al u ondeugde en foute. U moet probeer om uself te verander en vir u `n toestand te skep waarin u alle foute in deugde kan omsit; waarin u, vanuit `n houding wat heeltemal teen God gerig is, `n verandering kan realiseer wat u in Sy nabyheid plaas en u weer die oertoestand nader waarin u eens uit Hom voortgekom het.
U kan nooit die "ek is" as mens, as `n afgeslote lewe beskou nie. U sou altyd moet weet dat daar `n "vroeër" was en dat daar ook `n "hierna" is. Dat u egter in u bestaan as mens `n beslissing moet neem of u vry wil wees van elke vorm, (die liggaam = opm.v.d,uitg.) of dat u weer sal terugval in `n stadium wat u al sedert lankal oorwin het. Maar glo nie dat u `n "toevalsproduk" is van `n skeppende mag , wat uit willekeur wesens buite homself geplaas het wat min of meer met gebreke en ondeugde van allerlei aard behep is nie. Glo dat liefde en wysheid aan hierdie Skeppingsmag toegeken moet word en dat Hy u geskep het met die bedoeling om Hom self, dit wil sê Sy Liefde in die geskape wesens te kan laat binnestroom; wat ewenwel deur die wesens self verhinder is; dat hulle dus die liefde afgewys het en daardeur in die teendeel verkeer, in die wesens wat u nou as mens is - maar altyd met die doel om weer u vroeëre hoedanigheid te verwerf.
Beskou dus u tyd op aarde maar as `n deurtog. Beskou dit as `n in die Goddelike plan voorsiene terugvoering tot u eintlike toestand, omdat u eens hoogs volmaak uit die Skeppingsmag voortgekom het. En weet dat u in die aardse lewe alle moeite moet doen om teen alle ondeugde te veg wat u belet om weer die vereniging met u Skepper van die Ewigheid, wat u Vader wil wees, aan te gaan, dat u egter oneindig salig sal wees as u sal slaag met hierdie omkeer; as u die verandering tot liefde moontlik maak en u daardeur die liefdestraal van u Vader weer mag opvang wat vir u hierdie saligheid berei. Want dit alleen is u doel, om weer te word wat u in die oerbegin was, `n hoogs volmaak staande wese, soos u eens uit God voortgekom het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205