Boek 30 - Liggaam – Siel – Gees
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29.

DIE GANG VAN DIE SIELSPARTIKELTJIES IN DIE MATERIE - BEWUSTELIKE WERK AAN DIE SIEL
B.D.5198 - 26 Augustus 1951
Onder materie is geordende geestelike substansie te verstaan, wat weer geestelike substansie in sigself berg wat veronderstel is om die ontwikkelingsgang te gaan, volgens die heilsplan van die Ewigheid. Hierdie geestelike substansies, wat deur die materie as `n uiterlike omhulsel gevange gehou word, verenig hulleself tydens die ontwikkelingsgang met steeds gelyke substansies en kan beskou word as sielspartikeltjies wat weer die afsonderlike skeppingswerke bevolk.
In elke skeppingswerk, hetsy die vaste materie, die plante- of dierewêreld, is dus sulke sielspartikeltjies aanwesig, wat hulleself ook weer wil aaneensluit om dan `n geheel te vorm in `n nuwe uiterlike gedaante, wat steeds meer en meer ooreenkoms kry met die menslike vorm.
`n Eindelose lang tyd verloop tot na die deurloop van alle sielspartikeltjies deur die hele skepping en saamgekom het om nou, as menslike siel, weer `n uiterlike vorm te betrek, aan wie `n duidelike opdrag gegee word om totale onafhanklikheid te bring van elke uiterlike omhulsel.
Die menslike liggaam is dus nou die uiterlike omhulsel wat die siel omsluit, en nou `n sodanige taak het om die geestelike wat dit bevat, tot rypheid te bring. En die uitryping geskied nou op die manier, dat die mens in vrye wil - die teken van sy Goddelike oorsprong – trag om elke sielesubstansie met die korrekte orde uit God vertroud te maak, dit wil sê alle karakteristieke eienskappe van die ontelbare klein sieledeeltjies op `n grondslag, wat vir God welgevallig sal wees, te bring, dus om elke neiging na God te rig.
Al die verlange wat van God af weg gerig is, moet verander word in `n gevoel om na God te strewe en dit is die bewustelike sielearbeid, wat die mens tot stand moet bring tydens sy lewe op aarde. Dit moet eintlik so begryp word dat alles wat die siel uit haar vroeëre beliggaming nog aankleef, afgelê moet word; dat dierlike drifte dus oorwin moet word en so ook die verlange na die materie gedood moet word. Want al hierdie aandrifte stam uit die voorontwikkeling en hang die siel nog ten seerste aan as `n merkteken van die ontwikkelingsgang van voorheen.
Hiermee is `n baie duidelike riglyn gegee vir die opdrag wat die mens op die aarde het, want God se wil word daardeur geopenbaar aan die mense deur Sy Woord. Die siel is as`t ware nog die ongeordende geestelike wat tot ordening gebring moet word, waarheen sy haarself egter kan beweeg, omdat sy haarself in die stadium van die vrye wil bevind. Sy kan in haarself wel orden, maar is nie daartoe gedwing nie.
Dog so gou daar ordening kom, het die Gees uit God toegang, wat nie deur `n chaos van aandrifte en ongereelde substansies kan deurdring nie; of beter gestel: Self nie-ordenend mag ingryp - wanneer die wil ontbreek nie. Die ordening word nou tot stand gebring wanneer die afsonderlike eienskappe wat spesiaal op die voorgrond getree het, wat `n vorige beliggaming gekenmerk het, omgesit word in die teendeel. Want al die geestelike wat hulleself in die begin van ontwikkeling bevind, is onvolmaak, en die volmaakte word die sin en doel van die beliggaming. Dus kan die eienskappe wat nog uit die vroeëre beliggaming herkenbaar is, nooit met die Goddelike ordening ooreenstem nie, maar moet omgesit word in die teendeel tot alleen liefde, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid, geregtigheid en barmhartigheid, wat die karakterbepaling van die mens en voortekens is van die nagestreefde voltooiing; tot die Goddelike ordening te sien is en die siel van die mens nou haar doel bereik het en dan haar liggaamlike, materiële uiterlike vorm kan verlaat; om as geestelike wese nou opwaarts te strewe, egter in die besit van lig en krag wat haar vooruitgang in die hiernamaals verrassend vinnig bevorder.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205