Boek 31 - Oorsprong van die Bose
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

VOORTSETTING VAN 8883. (WAARVANDAAN DIE BOSE UITGEGAAN HET)
B.D.8884 - 11 November 1964
Ek kan geen dwaling duld nie, maar steeds moet u uself as `n geskikte opnamehouer vir My beskikbaar stel, waardeur Ek die suiwer waarheid na die aarde kan lei. Daarom is Ek ook aan wette gebonde, want My teenstander eis dieselfde reg op. Dog slegs met die onderskeid om u mense, in die dwaling te verstrik. En alhoewel Ek die mag oor hom het, wend Ek dit tog nie aan nie. Ek laat dit aan die mens self oor hoe hy homself teenoor die dwaling instel. Maar steeds sal Ek hom daartoe beweeg om homself grondig besig te hou met die dwaling. Want hy moet elke opvatting ondersoek, hy moet oor alles nadink, maar nie blindelings aanneem wat hom as "waarheid van My" aangebied word nie; want steeds weer kom My teenstander tussenbeide waar daar maar geleentheid vir hom gebied word. Dit is nie Ek wat u `n verkeerde denke binnelei nie, Ek sal elkeen wat ernstig die waarheid begeer, dit ook besorg, maar Ek kan dit nie verhinder wanneer u aan sy influisterings gehoor skenk nie.
En so ook kon Ek hom nie belet om `n totaal valse voorstelling te gee oor My eintlike Wese nie. U het dit ook aangeneem, omdat u hierdie vraag al dikwels self aan hom gestel het en hy dit dus vir uself in u gedagte beantwoord het om u op `n dwaalspoor te lei, en dit is juis hierdie belangrikste vraag: "Van waar het die bose uitgegaan" – sal hy dit vir u so beantwoord soos u dit self sou wil hoor, maar baie afwykend van die waarheid. En Ek moes eers `n suiwer opnamehouer vul om u alle gebeurtenisse van die skepping uitvoerig te verklaar. Ek moes trag om dit vir u te motiveer, dat Ek as hoogs volmaak gesien wil word. Ek moes aan u mense bewys dat Ek u weer Self aanspreek om nou ook hierdie dwaling reg te stel, wat van My `n valse beeld gegee het, `n beeld, wat menslik gesproke, My Wese met menslike swakhede en gebreke laat sien, dus om onvolmaak te wees.
Maar ook nou weer sal slegs die mens hierdie regstelling aanneem, wie se wil ernstig na die waarheid verlang. Meestal hou die mens egter `n vergissing as uitgesluit, omdat My kneg (Jakob Lorber) My heeltemal toegewyd was. En tog het My teenstander nog `n maklike spel gehad, deurdat hy die misverstand beïnvloed het, wat hom vooraf al `n verklaring gegee het en My nie ernstig om beantwoording van juis hierdie vraag versoek het nie, wat buitengewoon belangrik was en van die begrip van die Wese van die Godheid `n sodanige valse beeld gegee het, dat dit toe moeilik was om aan My volmaaktheid te glo. En dit is ook aan elke mens afsonderlik oorgelaat om vir homself `n beeld van My te vorm volgens sy eie wil. Maar hy moet opmerksaam gemaak word op `n dwaling wat hom totaal verkeerd laat dink. Hy kan nie vir `n bewys vra nie, maar hy sal dit glo as hy My trou toegedaan is en steeds net na die waarheid streef.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205