Boek 31 - Oorsprong van die Bose
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

DIE WET VAN DIE EWIGHEID
B.D.8910 - 12 Januarie 1965
Ook daaroor wil Ek u `n verklaring gee, want selfs die geringste twyfel verhinder u om volgende opvatting reg te stel: Dat die bose van My af in die wesens gelê was. Ek het nimmer die bose geskape nie, maar Ek het sedert die ewigheid geweet dat die bose in die wêreld van die afgevalle geeste ingang sou vind.
Ek het van die ewigheid af geweet dat Ek ook as die herkoms van die bose aangesien sou word, omdat Ek van die ewigheid af weet met welke leuens My teenstander teen My sou stry om die terugkeer na My teen te gaan. Maar Ek stuur die mense steeds weer `n Lig wat hulle opheldering oor My Wese moet gee. En daar sal ook steeds weer ligdraers van bo na die aarde kom om juis hierdie opvatting reg te stel. My Wese is van die ewigheid goed en is nie in staat om ooit `n bose gedagte op My voortgebringde skepsele oor te bring nie. Dit moet eerstens vir u gesê word, sodat u self nie aanneem dat u met alle slegte eienskappe en begeertes deur My geskape was nie, want ewige tye was u so innig met My verbonde en u het in hierdie toestand niks geken wat teen die goddelike kon ingaan nie. U was van gelyke wil as Ek, sodat u die krag van My Liefde onbelemmerd kon ontvang en daardeur onbegrensd geluksalig wees.
Toe My eersgeskape gees Lucifer of ligdraer nou egter van My verval het en u almal dus die wilsproef moes aflê aan welke Heer u die voorkeur sou gee; toe u uself egter in vrye wil moes uitgespreek het, moes u ook self kon kies tussen goed en kwaad. U moes weet dat die bose van My teenstander uitgegaan het, terwyl van My maar net goeie gedagtes na u toe kon toestroom. Dus het Ek u die Lig gegee: Die vermoë om tussen goed en kwaad te onderskei. En in die helder lig sou u dit kon insien waar die bose vanaf uitgegaan het. Ek het wel die bose geduld, omdat dit nodig was vir die beslissing van u wil, maar het die bose nooit goed genoem nie. En so moes die wese ook `n begeerte kon bevredig, wanneer hy daarna verlang het, selfs al was hierdie begeerte boos. Netso moes die verlange om goed te wees, ook in die wese aanwesig gewees het - en dit moet dus so begryp word dat elke verlange homself kan ontplooi, aangesien `n beslissing andersins nie moontlik is nie.
Dat die gevalle wesens slegs `n bose verlange wil bevredig, kom egter nie daaruit voort dat die verlange vanaf die begin uit hulle self kom nie, veeleer het My teenwoordige teenstander eers die verlange op sy aanhang oorgedra. Sodoende moes alle gevoelens vir die wese moontlik wees, hy moes begeertes in homself kan opwek. Tog hoef hierdie begeertes nie van My afkomstig te wees nie, wat altyd dan die geval is as hierdie begeertes sleg is, soos wat elke nie-gevalle wese egter ook `n verlange het, wat homself slegs op die goeie rig. Stel gevolglik die woord "verlange" in die plek van "begeerte" - wat eintlik dieselfde beteken - en dit sal vir u begryplik wees dat alle gevoelens in die wese van My uitgegaan het, maar dat elke wese die rigting daarvan bepaal. Daarom moet u met alle vertwyfeling, met alle vrae na My toe kom en Ek sal u nie in sielenood agterlaat nie. Ek sal u opheldering gee wat u van bo aangebied word, sodat u ook self van die waarheid oortuig is. Want dit gaan daaroor om nog baie dwalinge reg te stel, ook as u glo dat u die waarheid besit. Niks bly onveranderd wat na nog onvolmaakte mense kom nie, al het dit hoe suiwer van bo uitgegaan.
Daarom openbaar Ek My steeds weer opnuut, om weer die suiwer waarheid na die aarde te stuur. Daarom kan u dit ook sonder bedenkinge aanneem, wanneer u alles ernstig ondersoek. Want die suiwer waarheid van My moet die uitwerking hê dat dit herken word deur hulle - wat met `n ernstige verlange na die waarheid - haar aanvaar.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205