Boek 31 - Oorsprong van die Bose
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

WAAR KOM DIE BOSE VANDAAN?
B.D.7618 - 7 Junie 1960
U kan nie die onmeetlike verwydering in sy totale diepte besef waarin die eerste gevalle gees, (Lucifer) homself begewe het, deur sy weerstand teen My, sy God en Skepper van die Ewigheid nie.
Hy het My onderken, hy het in `n volheid van lig gestaan wat elke gebrekkigheid van sy insig uitgesluit het. Hy het deur ewighede heen die bewys van My liefde en krag ontvang. Hy het geweet dat hy van My uitgegaan het, dat hy uit My voortgekom het. Hy was onmeetlik geluksalig in die ontvangs van die krag van My liefde en hy het hierdie krag na eie goeddunke gebruik, wat sy geluksaligheid steeds weer verhoog het - en tog het hy My verlaat.
Hy het in opstand gekom teen My, hy het My liefde afgewys en in grondelose dieptes gestort - hy het My teenpool geword, hy, wat Ek eens geskape het as My ewebeeld. En nou sal u mense die vraag stel, hoe dit wel moontlik was, dat daar uit hierdie eerste wese, die ligdraer wat tog volmaak was, iets onvolmaak kon voortkom - aangesien daar niks onvolmaak uit My kan kom nie. Hierdie vraag is slegs so te beantwoord: Die volmaakte het ook geen begrensing, geen beperking geken nie, dat hy homself na alle rigtings heen kon ontwikkel sonder om daarin gehinder te word. En by volmaaktheid behoort die vrye wil onvoorwaardelik.
By volmaaktheid hoort alles wat die korrekte maat het en dit beteken egter ook dat die vrye wil die maat kan oorskry, dat die wetlike ordening daardeur omver gegooi kan word. Die wetlike ordening is die regmatige maat in alle dinge. Wanneer die vrye wil nou van die regmatige maat afwyk, ontstaan daar ook wanorde, `n toestand wat nie meer met My Wil, met My ewige orde ooreenstem nie. Iets oorspronklik goddelik, iets goeds, het dus in iets ongoddelik verander, in iets wat teenoorgesteld is aan God. En dit is die begrip "sonde." Om die korrekte maat te kan oorskry, moet egter wederom moontlik wees, omdat die vrye wil andersins nie in werking sou kon gestel word nie, wat egter ewegoed in die ewige orde kan bly.
Dit is nou wel moontlik dat `n deur My geskape wese verkeerd kan gaan dink en wil, omdat hy hierdie wilsvryheid besit. Hy word egter nooit deur My Self tot die verkeerde denke en wil aangespoor nie, omdat so-iets onmoontlik sou wees, dat Ek as die mees volmaakte Wese ooit `n verkeerde gedagte sou kan hê, dus is die veronderstelling vals dat Ek ook die bose in My het. Ook hulle wat deur My, buite My Wese geplaas was, het nie die bose in hulleself gehad toe Ek hulle geskep het nie. Alles was in passende mate aanwesig, sodat hulle nie moes val nie. Maar omdat die denke en wil van die volmaakte sonder beperking was, kon hulle ook die regmatige maat oorskry, hy kon in homself opgaan en uit die ewige ordening tree.
Hierdie geestelike verwarring van die wese kon egter eers plaasgevind het toe hy homself van My afgewend het, toe hy dus verhinder het dat My Woord in hom weerklink - want My Woord kon niks anders gee en verlang as wat volmaak is nie. My Woord sou die wese nooit aanleiding gegee het om uit My ewige ordening te tree nie. Dog sodra die band met My losgemaak was en die wese nie meer na My stem kon luister nie; het hy dan ook in `n verkeerde rigting gedink en gewil, omdat hierdie moontlikheid hom vrygestaan het op grond van die beslissing van sy wil.
Maar die "sonde" was altyd die verkeerde wil buite My, wat altyd slegs vanuit die regmatige ordening kon dink en wil. Ekself was volmaak! Ek het volmaakte wesens geskep en hulle het volmaak gebly solank hulle die band met My in stand gehou het, wat hulle egter ook kon verbreek, as teken dat hulle `n vrye wil besit. Die band met My waarborg `n korrekte denke en wil. Die losmaking van My het `n verkeerde denke en wil tot gevolg, want die wese streef nou na iets wat "buite My staan."
Lucifer "die ligdraer" – het homself in My plek gestel, ofskoon hy insig gehad het dat Ek die Oerbron is. En die uit "ons" voortgekome wesens het Lucifer in My plek gestel, hoewel ook hulle die lig van die insig gehad het. Sodoende het hulle met hulle wil die breuk met My voltrek en het hulleself nou nie meer in die korrekte ordening bevind nie. Daar was in hulle nie meer die korrekte maat nie, veeleer het die negatiewe oorheers, terwyl die positiewe in die regmatige ordening oorheers, of anders gesê: Die volmaaktheid het verlore gegaan en hulle het as iets onvolmaak voortgekom uit hierdie verandering van wil, wat homself op negatiewe wyse geuiter het en het hulleself dus steeds verder van My verwyder.
As iets "buite My staan" dan het hy homself ook buite die regmatige ordening begewe, omdat in My, as die mees volmaakte Wese, ook alleen die regmatige ordening kan wees en omdat alles wat nie met hierdie ordening ooreenkom nie; kwaad - dus sonde is. En so word hierdie vraag vanself beantwoord: of Ek die bose in My dra. In My kan niks boos wees nie, omdat Ek andersins nie volmaak sou gewees het nie. En kwaad of boosheid is altyd dit, wat hierdie volmaaktheid laat vaar en elke regmatige maat verdraai, dus die ewige ordening omvergooi, wat die grondbeginsel van My Wese is.
Ek moes egter elke wese die vrye wil as bewys van sy goddelikheid gee, en hy moes die moontlikheid hê om homself na alle rigtings te keer.
En so het die wese (Lucifer) self die bose geskape toe hy aan My ontrou geword het, toe hy homself verwyder het van My en die ewige ordening verlaat het, toe hy sy krag op negatiewe wyse teen My wou gebruik. En terwille van My laaste doel, naamlik dat My skepsele tot "kinders" kon word, het Ek nie die wese verhinder nie. Maar hy kon ewegoed by My gebly het. Hy hoef nie sondig te geword het en te geval het nie; hy kon volmaak gebly het, in vrye wil en die hoogste geluksaligheid geniet het, wat hy egter vrywillig verspeel het.
Dit kan egter nie ontken word dat die mens die bose in homself het nie, want hy bevind homself nog lank nie in die regmatige orde nie, hy staan nog "buite My" en moet eers weer in die ordening van die ewigheid binnegaan - om dan as "volmaak" - ook al die bose van homself afgestoot het, om `n goddelike wese te wees; My ewebeeld!
Dit kan egter nie wederom gesê word dat daar by die geboorte van die mens, die bose vanaf My in hom gelê word nie, want dit is nie volgens die waarheid nie. Inteendeel: Die siel, wat nou die menslike liggaam bewoon, is `n samevoeging van onryp deeltjies wat hulleself nog nie almal in die regmatige ordening bevind nie en eers gedurende die aardse lewe hierdie ordening moet binnegaan. Die siel bevind haarself nog ver van My as sy die beliggaming as mens aanvaar en sy moet haarself met My verenig. Die vrye wil moet weer die volmaaktheid, wat die oergees eens besit het, nastreef, sy moet haarself van alle negatiewe gedagtes vrymaak.
En so sal ook die mens slegs positiewe gedagtes in homself laat opkom, hoe meer hy na My strewe en trag om homself met My te verenig. Dan dring hy al die bose uit homself, hy probeer die ordening tot stand te bring, hy vind in alles die korrekte maat: Hy is weer goed, soos wat hy was in die allereerste begin. Die bose is slegs buite die goddelike: Dit is die weerspannigheid teen God.
Ek kan egter nie teen Myself weerspannig wees nie. My Oerwese is LIEFDE. Ek kan altyd alleen gee en gelukkig maak. Ek kan egter nie die wese dwing, om aan te neem wat Ek hom skenk nie. Hy moet ook kan afkeur, omdat hy `n vrye wil het. Sodra hy My liefde egter afwys, verset hy homself teen My Liefde en plaas hy homself buite die stroomkring van My Liefde, dan word die positiewe in die negatiewe verander en die wese gaan nou die toestand binne waarin hy verkeerd gaan dink en wil - en verwyder homself steeds verder van My.
Die terugvoeringsproses verklein die groot verwydering slegs langsaam. Maar solank die wese nog nie die laaste toenadering tot My gesoek en gevind het nie, is daar ook nog verkeerde gedagtes in hom - omdat hy teen My gerig is – dat dit dus sleg is en gedurende die menswees in die teendeel verander moet word. En wanneer die mens die vereniging met My soek in vrye wil, dan verweer hy homself teen elke verkeerde gedagte. Hy soek en wil slegs die goeie – wil die goddelike hê - hy wil weer word soos wat hy was in die allereerste begin, My ewebeeld, My kind, wat met My verbonde wil bly tot in alle ewigheid.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205