Boek 31 - Oorsprong van die Bose
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

`N GROOT DWALING WORD REGGESTEL
B.D.8858 - 23 September 1964
In die begin van die tye kom slegs die volmaakte uit My voort, dus kan u dit aanveg wanneer Ek aan u voorgestel word as `n Skepper, wat nie suiwer geeste geskape het nie. Ek Self is die Skepper van die wesenlike, want buite My is daar geen krag wat kon skep nie. En die liggees wat eerste deur My buite My geplaas was, was dus deur My krag deurstraal en sodoende kon slegs die volmaakte uit ons beide se liefdeswil en krag voortkom.
En ook is dit wat u moet begryp; dat Ek niks teen My ordening van die ewigheid kan doen nie, dat Ek ook geen onvolmaakte wesens buite My kon plaas nie, wat self vrywillig eers na `n eindelose lang tyd besluit om hulleself van My af te keer, wat egter op geen enkele wyse deur My beïnvloed word om te handel in stryd met die goddelike orde nie, veeleer handel hulle in heeltemal vrye wil. So sal u eers My plan van die ewigheid begryp: Dat Ek hulle vergoddeliking vir My as doel gestel het, en so ook sal u begryp waarom Lucifer, die ligdraer, My teenpool geword het.
As aan u `n voorstelling van die skepping van die wesens so gegee word dat dit totaal onmoontlik is, dan twyfel u aan My volmaaktheid en dan twyfel u ook aan My Liefde vir al die geskapenes, wat ooreenkomstig My Wil gebrekkig gevorm moes gewees het vanaf die begin. U kan dan ook nie die gebeure begryp wat geleë was in die afwysing van die krag van My Liefde nie en Ek moet u almal die waarheid daaroor laat toekom, want uit die een dwaling vloei die ander voort. Dat so 'n dwaling egter kon binnesluip in goddelike openbaringe, is altyd die gevolg van verstandelike denke, wat gebruik word deur My teenstander, wat trag om verwarring te stig, wat ook weer `n rede is dat Ek My steeds weer opnuut moet openbaar en die waarheid aan u in alle suiwerheid bekend moet maak.
Die afval van My af het op `n manier tot stand gekom, dat daar eers ewighede verstryk het voordat dit plaasgevind het, sodat My Liefde dus die wesens voortdurend kon deurstraal en dat hulle voortdurend bomatig geluksalig was. En ook die wese wat Ek vir My as eerste opnamehouer geskep het om My Liefde hierin binne te kan straal, was vir ewighede die ontvanger van hierdie kragstroom van liefde, totdat hy homself toe losgemaak het van My in vrye wil, wat hy as goddelike skepsel besit het. As Ek egter `n skepsel geskape het, wat "nie" suiwer was nie, dan sou Ekself My met `n verwyt getref het om so 'n wese die lewe te gegee het, wat egter ewig nie die geval kan wees nie, want Ek is Self die volmaaktheid. Ek het geen tekortkominge nie, Ek is suiwer LIEFDE en Sy skep niks onsuiwer nie, maar Sy doen alles om dit wat onsuiwer geword het, weer tot loutering te bring.
Dog hoe onwaar word die skeppingsdaad aan u voorgestel en tot welke gevolge lei dit. Steeds weer bring Ek u die suiwer waarheid, omdat u Myself, sonder die waarheid, nie korrek kan sien nie, omdat u uself `n voorstelling maak van My, Wie se volmaaktheid in twyfel getrek word en omdat u daarom ook die Wese nie sou kan liefhê, aan Wie se volmaaktheid u twyfel nie. Want ook u het in alle volmaaktheid uit My voortgekom, hoewel u nou die weg deur die diepte gegaan het om weer tot dit te word wat u was in die allereerste begin.
Dat Ek nie alle geestelike gronde vir u kan duidelik maak nie, sal u begryp, vanweë die geringe graad van insig wat u nou het as gevolg van die sonde om teen My op te staan. Maar tog moet alles ooreenkom wat u daaroor meegedeel word. En wanneer daar `n kras teenstrydigheid bestaan, dan kan u dit sonder beswaar afwys en dit vir uself so verklaar dat die verstand van die mens daarby betrokke was, wat deur die teenstander beïnvloed kon geword het.
Slegs die plan om My geskape wesens te vergoddelik, het My daartoe gebring om die verval van die wesens nie in die weg te staan nie, maar dit het plaasgevind in vrye wil, van die hoogste vlak van volmaaktheid omlaag na die diepste dieptes. En slegs die sekerheid dat Ek hierdie wesens almal weer wou terugwin, het My belet om in te gryp, maar het nie verloën dat hulle in die hoogste volmaaktheid geskape was nie, net soos hulle Heer, wat as ligdraer as eerste die val voltrek het, wat Ek egter nie so geformeer het dat hy dit moes doen nie, inteendeel: die vrye wil was die beweegrede gewees om te val, soos ook die vrye wil weer omhoog moet strewe, om dit te word wat hy was in die allereerste begin.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205