Boek 31 - Oorsprong van die Bose
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

VOORTSETTING VAN 8859. (`N GROOT DWALING WORD REGGESTEL)
B.D.8860 - 25 September 1964
Ek kan u nie in die dwaling laat voortgaan nie; u wat die opdrag aanvaar het om die waarheid te verbrei en u hiervoor in te stel, moet daarom in die eerste plek weet waar dwaling binnegesluip het. U sal ondervind dat mens alle geloofspunte sal ontsenu en dat u dan sal moet vasstaan, wat u ook kan doen as u self in die besit van die waarheid is. Dan sal u ook slaag om elke teenwerping te weerlê, want Ek Self sal u die woorde in die mond lê, wat Ek egter slegs dan kan doen wanneer Ek in u die wil sien om slegs die suiwerste waarheid te verdedig, en u sal dan ook geen mens hoef te vrees wat u geloof aan die wankel wil bring nie.
Daarom onderrig Ek u tot in die kleinste en maak u opmerksaam waar die dwaling binnegesluip het, steeds hiermee rekeninghoudend, dat u eens u standpunt daarteenoor moet bepaal, maar u sal ook kan standhou. U sal u nie laat bangmaak nie, maar steeds met My Woord die teenstander verslaan, wanneer u op teenspraak stuit. Want Ek sal u nie sonder hulp laat nie. Ek ken elke vraag en Ek sal dit vir u beantwoord, sodat u nooit verleë sal wees om `n antwoord te gee nie.
Steeds moet u die mense vra of hulle niks anders as die suiwer waarheid begeer nie, want slegs dit is maatgewend. Die verlange na die waarheid is nog te min onder die mense aan te tref, hulle vra nie innig genoeg om beskerming teen elke dwaling nie, om welke rede hy ook dus kan ingryp vir wie hy homself in ag moet neem. Die mense dink egter almal dat hulle die waarheid begeer, maar dan sou daar egter geen dwaling by hulle kan binnesluip nie, want Ek behoed waarlik elkeen wat My Wil dien in die verbreiding van die waarheid.
U egter, wat die egte waarheidsverlange besit, sal agterdogtig word sodra u `n dwaalleer ontdek, en dan hoef u uself slegs met My in verbinding te tree en Ek sal u altyd opheldering gee hoe so 'n dwaalleer kon ontstaan het en waaruit dit bestaan. Daarom is die gebeure van die skepping op so 'n manier aan u duidelik gemaak, dat u die Liefde, Wysheid en Mag van u God en Skepper as grond daarvan getoon word, sodat u nou ook nie meer aan Sy volmaaktheid sal kan twyfel nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205