Boek 31 - Oorsprong van die Bose
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15.

VOORTSETTING VAN 8861. (`N GROOT DWALING WORD REGGESTEL)
B.D.8862 - 28 September 1964
Alles wat u terneerdruk, moet u aan My oorgee en Ek sal u troos en innerlike rus besorg, want vir My is niks onmoontlik nie. Dit is vir My ook nie onmoontlik om u die korrekte verklaring te gee waarom Ek dit nie verhinder het dat vergissinge in sulke gewigtige vrae binnegesluip het nie, soos hierdie van die "val van die geeste", wat My en My skeppingsdaad op `n ander wyse weergee as wat Ek dit vir u duidelik gemaak het.
Steeds word die vraag gestel waarin die "bose" sy oorsprong vind, en of Ek alle goeie en slegte eienskappe in My het. Met hierdie vraag was al te veel menslike dinkwerk verbonde gewees, aangesien die mense, steeds uitgaande van hulleself, `n gevolgtrekking oor My Wese getrek het, daarby egter nie oor die stuur van die suiwer waarheid nie, inteendeel om homself `n uitleg oor My Wese te gee en toe al het die inwerking van My teenstander begin. So het u reeds die rede dat `n dwaling in die goddelike openbaringe ingang gevind het.
Sodra die beskerming teen verkeerde denke afgesmeek word, kan dit nie gebeur dat so 'n dwaling binnesluip nie omdat Ek tot geen leuen in staat is nie; maar die leuengees beantwoord eerder aan die menslike denke, want hy het dadelik toegang tot die verstand van die mens, Ek kan My egter nie teenspreek nie.
En omdat Ek nou die waarborg het dat die, bede om beskerming teen dwaling, steeds hierdie "opskrywing" voorafgegaan het, aangesien dit nou ook die tyd van die einde is waarin Ek `n liggees na die aarde gestuur het, wat My bestuur en werksaamheid in alle waarheid aan die mense moet verkondig; so bly dit nou slegs oor, om "hierdie geskrifte" as teenoorgesteld synde aan die onware voorstelling (oor My) te verwerp, of dit volledig te erken.
U, mense kan na eie goeddunke beslis of u My as hoogs volmaak wil erken, of dat u My vir uself voorstel met tekortkominge en dus ook met die slegte eienskappe behep is. Dit staan u mense vry wat u wil aanvaar, want `n misvatting is slegs in weinige gevalle reg te stel. Daarom sê Ek: beproef alles en behou die beste. Maar dat daar dwaling binnegesluip het, is verseker, en daarom sal daar weer `n groot verlange na die waarheid onder mense moet oorheers om in te sien wat volgens die reine waarheid is. En weer is daar maar `n klein aantal wat die suiwerste waarheid begeer, wat dan egter ook sal weet waar die menslike verstand by betrokke was, sodat die innerlike stem oorstem word. - Daarby kom dan nog die menslike verwesenliking, waar die verstandelike denke weer daar tussenbeide kom - en die goddelike openbaring gedeeltelik waardeloos maak. Om as dwaling herken te kan word, stel dan egter steeds net die verlange na die waarheid voorop. Daarom het Ek My profesieë waar gemaak om dit in elke eeu steeds weer te reinig wat opheldering nodig het. Daarom sal daar ook nou weer twee rigtings ontwikkel, en weer sal dit gaan oor "meelopers" – of dit vir hulle oor die suiwer waarheid gaan.
Dit gaan vir hulle steeds daaroor dat alles wat uit My ewige orde tree, nie meer ooreenstem met My Wese nie, dat alles in sigself verander in die teendeel, dat slegs Ekself My egter in die ewige orde kan beweeg, dat daarom ook die mens wat homself egter slegs deur sy verstand laat beheers, homself reeds buite My wet bevind - en hom invloed verleen wat eweneens buite die ewige orde staan. En daarom weet u nie hoe hoog Ek u versoek ag om te bid om uself teen dwaling te laat behoed nie, want hierdie bede waarborg ook waarlik die beste resultaat. En ook die probleem moes eens ter sprake kom en daarom is "niks toeval" nie. Alles is voorbestem om daaroor opheldering te kan gee, wat noodsaaklik is omdat elke dwaling `n gevaar is vir die geestestoestand van die mens. Dog wie `n verlange na die waarheid het, die neem ook aanstoot aan die (dwaal) leer. Hy sal dit verwerp as `n onwaarheid, hy sal dit ondersoek en die beste behou. Maar Ek kan geen mens met dwang daartoe bring om te vra nie, want die versoek om beskerming teen dwaling moet hy self van binne-af na My omhoog stuur. Waar die verlange na die waarheid egter so in die hart veranker lê, daar is ook die waarborg vir die waarheid gegee. En hierdie waarheid moet verbreiding vind, omdat die einde naby is. AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205