Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

BELIGGAAMDE LIGWESENS – MISSIE - GEESTELIKE LEIERS
B.D. 3391 - 3 Januarie 1945
Wie homself met God verenig, kan homself vir ewig nie meer van Hom skei nie. Daarom kan ook `n ligwese, wat homself ten behoewe van `n missie op aarde beliggaam het, nooit meer van Hom afvallig raak en in die mag kom van die kragte van die duisternis nie. Hy sal al meer na God strewe, ofskoon hy ook op aarde as mens aan alle versoekinge blootgestel is en die ontwikkelingsgang moet aflê soos elke ander mens. Maar sy siel verlang na God en keer homself vol afsku weg van die teenstander van God.
So 'n mens sal deur en deur goed wees en daarom ook bekwaamhede ontwikkel wat hom aanmerk as `n werktuig van God. Hy sal `n ontvanger van krag wees op aarde en sal daarom die medemens kan lei en onderrig. Want die missie, wat die aanleiding is van sy aardse bestaan, is om die mense op aarde as geestelike leier te dien. Die innige verbinding van die mens met God wat sy siel reeds vir die lewe op aarde gehad het, maak hom tot `n voortdurende ontvanger van krag, dit spoor hom aan tot sy lewensopdrag wat hy met vreugde en oorgawe aan God ook pligsgetrou vervul. Tog sal hy erg in die noute gebring word deur die kragte van die duisternis, want hy neem elke geleentheid ten bate om die vleeslike liggaam van die ligdraer te verswak en hom tot `n val te bring, want in hulle verblinding, weet hulle niks van die hoëre wesens wat die op aarde beliggaamde ligwesens ter syde staan nie.
Hulle weet ook niks van die krag waarmee hy innerlik vervul is nie en van die mees innige liefde tot God, wat die mens ook die voortdurende beskerming van God verseker. Hulle sien in hom maar net die mens op wie hulle hul verleidingskunste kan toepas, en wat hy op alle moontlike maniere poog om te verswak.
Maar hy is deur ligwesens omgewe en omdat hy self ontvanklik is vir elke uitstraling van krag uit die geestelike wêreld, beskik hy ook oor so `n mate van krag en barmhartigheid, dat hy dergelike versoekings weerstaan.
Die geestelike nood onder die mensdom vereis buitengewone hulpverlening en daarom laat God Sy bodes na die aarde neerdaal, deels geestelik werkend, deels self as mens onder die mense,lewend, om op hulle in te werk en voor alles, om hul te onderrig ooreenkomstig die goddelike wil. Hulle sal egter min genoegdoening vind aan die aardse lewe, want die Ewige Vaderland trek hulle onophoudelik weer na Hom toe.
Maar hulle moet eers die missie volbring terwille waarvan hulle die beliggaming as mens op hulleself geneem het, want in tye van nood is hulle werke vir Gods Ryk van die grootste belang. Dit vereis buitengewone krag en uithouvermoë en `n wil wat geheel op God gerig is. Bowendien is die lewensomstandighede in die eindtyd so moeilik, dat die mense maklik sou faal as daar geen helpers en raadgewers is wat hulle behulpsaam sal wees nie, wat hul krag direk van God ontvang, omdat hulle heeltemal met Hom verbonde is.
Hulle sal baie seënryk op die aarde kan werk en dus ook nougeset hulle missie volbring, tot hulle weer in die geestelike ryk kan ingaan, tot hulle hulleself weer nou met God verenig van Wie hulle egter nooit geskei was nie, ofskoon hulle self op die aarde nie van hierdie verbinding met God bewus was nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205