Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

SATANIESE AKTIWITEIT - DIE TEENAKTIWITEIT VAN DIE LIGWESENS
B.D.7049 - 26 Februarie 1958
Die hel het haar poorte geopen en die bewoners van hierdie hel hou lelik huis op die aarde, deels as mens beliggaam, deels geestelik inwerkend op die gedagtes van die mense, of ook wel dat hulle die eie wil van die siele binnedring en hulle liggame in besit neem. Daarom sal die aktiwiteit van Satan duidelik in die eindtyd te siene wees, want die mense bied te min weerstand aan hom, omdat die krag van die liefde hulle ontbreek, waarteen hy geheel magteloos is.
Maar van God se kant word die mense ook hulp verleen vir soverre die mense dit wil aanneem, want ook van Sy kant is 'n ongewone werksaamheid te bemerk en in gelyke mate, as die magte van die duister wêrelde homself uiter en die mense buitengewoon benoud maak; is ook die kragte van die lig aan die werk wat eweneens die mense deur middel van gedagtes bystaan. Maar ook in die vlees beliggaam kom hulle die mense te hulp, hulle lewe as mense in die midde onder die mense en laat hul die helpende kragstroom van God toekom. Hulle dien as tussenpersoon tussen God en die mense, want God wil hulle te hulp kom in die stryd teen Satan.
Dit is dus begryplik dat hierdie bringers van lig oral op die aarde aangetref sal word; maar dat hulle egter sou aanbied om die gang oor die aarde te gaan, en as sodanig nie herken te word deur die mense wat tot die aanhang van die teenstander gereken moet word nie. Dit het in die eindtyd byna onmoontlik geword dat God Hom kan uiter deur `n mens wie se siel die gang deur die skepping gegaan het. En daarom sou `n verbinding van Hom met die mense nouliks moontlik wees, as die siele van die ligryk nie self die mense help wat nog nie heeltemal in die mag van die teenstander is nie. Weliswaar sou alle mense hulleself moet ontwikkel tot opnamehouer (suiwer hart) van die goddelike Gees, om dan ook die Stem van die Vader te verneem - en dit sou ook moontlik wees as die mense in die liefde sou lewe volgens die wil van God. Maar hulle is ver daarvan verwyderd en die eieliefde beheer hulle en daarom het God se teenstander mag oor die mense gekry wat hy ook gebruik om hulle in die verderf te stort.
Maar daar is ook nog baie swak, weifelende mense wat nog nie heeltemal aan hom behoort nie. En om hulle ontwil daal ligwesens in groot getalle af na die aarde, en God Self spreek hulle deur hierdie ligwesens aan. Dit is `n buitengewone groot barmhartigheid en is dan as’t ware `n teenaktiwiteit, wat nog baie siele van die teenstander kan ontruk, wie hulleself oopstel vir hierdie barmhartigheid en hulleself deur God laat aanspreek. Tog sal hierdie blyk van barmhartigheid van God nie dwingend op die mense inwerk nie, elkeen sal persoonlik vry wees, of hy sal homself laat aanspreek of sy hart en ore sluit as `n ligdraer hom tegemoet tree.
Die aarde is vol van Satan se gees, omdat die vors van die hel sy vasale (knegte) na die aarde gestuur het, wat nou hulle slegte karakter op die mense probeer oordra - en hulle slaag ook in `n angsaanjaende mate. En so staan die geeste teenoor mekaar, of hulle nou as mens beliggaam is of deur middel van gedagtes op hulle probeer inwerk. Die ligryk en die ryk van die duisternis het hulle na die aarde begewe, waarop die geestelike stryd uitgeveg word, net soos in die geestelike ryk. Die wesens van die lig sal vir God en Sy Ryk stry met `n wapen wat God hul self gee, met die suiwer waarheid wat lig oral heen kan uitstraal. En wie self in die ligkring beweeg, die sal ook krag ontvang om die magte van die duisternis weerstand te bied. Die ander het egter die goedere van die wêreld as wapen. Hulle dryf die mense aan tot `n steeds groter sug na aards-materiële skatte, tot sinlike lus en heerssug en dit verduister steeds meer die gees van hulle wat hulle prooi word.
En daarom stry die lig teen die duisternis, die goeie teen die bose, die waarheid teen die leuen. Die wesens van Bo stry teen die bewoners van die hel, maar die eersgenoemdes met die krag uit God, terwyl die laasgenoemdes hul krag van Satan ontvang. Maar dit hang van die mens self af wie die oorwinning sal behaal. Hulle is egter nie hulpeloos aan die vyand van hulle siele oorgelewer nie. Hulle sal steeds helpers aan hulle kant hê, sodra daar slegs `n gedagte of die wil in hulle binnekom om bevry te word van bose magte.
Hoe erg die doen en late en die woede van God se teenstander ook mag wees in die tydjie voor die einde, geen mens hoef daaronder te beswyk nie, want God se hulp staan vas vir elke mens wat nie die teenstander ten prooi wil val nie. Daarom werk God Self deur Sy ligwesens in op die mense wat self vrywillig by Hom aansluit om die verbinding tussen die duister wêreld en die wêreld vol van lig tot stand te bring - en daarom sal meer van sulke ligbodes ook steeds onder die mense optree. God sal steeds dringender tot die mens spreek en Sy invloed sal steeds duideliker wees, hoe meer die woede van God se teenstander te sien is.
Want die stryd tussen Hom en die teenstander sal duur tot aan die einde, tot die se mag gebreek is en hy saam met sy aanhang weer gebind word en daar `n nuwe tyd van vrede sal aanbreek, waarin hy die mense nie meer kan verdruk nie en die geestelike stryd vir `n tyd lank beëindig is. Dan sal daar vrede op aarde wees en die mense sal in voortdurende verbinding staan met God en die ligwesens wat onder hulle vertoef en hulle verder sal onderrig soos wat dit vroeër ook gebeur het, sodat hulle die Stem van God ook regstreeks kan verneem en dus 'n salige lewe sal lei in die paradys op die nuwe aarde.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205