Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

HULPVAARDIGHEID VAN DIE BELIGGAAMDE LIGWESENS
B.D.8664 - 5 November 1963
U kan dit gerus glo dat dit sleg met die mense gesteld sou wees in die laaste tyd voor die einde, as Ek nie steeds weer ligbodes na die aarde sou stuur nie, wat aan hulle lig en krag regstreeks vanuit My bring. Wat so daartoe bydra, dat tenminste nog van die mense gered word, wat nog nie geheel aan My teenstander ten prooi geval het nie. Hierdie ligbodes stry dus teen die vors van die duisternis, deurdat hulle die dwaling onthul waarin die mense verkeer, deurdat hulle dus die lig van die waarheid bring en sodoende ook die weg verlig wat na My voer, terug na hulle Vaderhuis. Daar moet in hierdie tyd sterk positiewe kragte aan die werk wees, want die mag van die teenstander is groot, omdat die mense self hom die mag gee deur hul verkeerde houding teenoor My, hulle God en Skepper van ewigheid. Hy vertoef in sy ryk en lewe gedurig verder in die duisternis van Gees. My Ryk is egter die ryk van lig en saligheid, en vanuit die ryk bied My wesens vol van lig hulleself aan wat tot hulp bereid is; wat gedrewe word deur hul liefde tot die ongelukkiges, wat na die aarde wil kom om hulle te help, sodat hulle tog nog vóór die einde die weg terug kan gaan.
En omdat slegs die liefde hulle aanspoor tot die reddingswerk, neem Ek dit ook aan en skakel hulle daar in waar uitsig op sukses bestaan, waar hulle dan in liefde werk, aards asook geestelik. Hulle lewe dan as mense te midde van mense en moet hulleself dus ook by die mense aanpas, ofskoon hulle siele reeds voltooi is. Hulle onderskei hulleself daarom nie as abnormaal van ander nie, maar lewe op dieselfde manier dikwels in armsalige omstandighede. Tog hoef hulle nooit armoede te ly nie, omdat hulle op aarde as My knegte werk, en Ek dan as `n goeie Huisvader alle wêreldlike sorg van hulle op My neem.
Tog tree hulle nie opvallend op die voorgrond in hul omgewing nie, maar vir elke gelowige mens is hulle te herken aan hulle buitengewone missie. Hulle dien My as draers van die lig, as draers van die waarheid, wat dit direk van My ontvang en verder aan hulle medemens deurgee.
Want slegs die suiwer waarheid kan die mense, wat nog in geestelike duisternis lewe, en in die allergrootste gevaar is om verlore te gaan, nog redding bring. Want u mense, kan nie begryp aan welke gevaar die mensdom in hierdie laaste tydjie voor die einde blootgestel is nie. En dit is ook die rede waarom Ek ligbodes na die aarde stuur wat dan as mens nou nog doen wat vir hulle moontlik is, wat in My plek arbei op die aarde, omdat die mense geen dwang tot geloof opgelê word nie.
Hierdie ligdraers sal self wel vermoed vanwaar hulle kom, sodra hulle as mens openbaringe van My ontvang om hulle missie te kan uitvoer. Want hulle sal spoedig die lae geestelike peil van die medemens besef en die groot hopeloosheid dat hulle ooit tot die lig van die waarheid sal kom, as hulle nie op buitengewone wyse hulp gebring word nie. En omdat hulleself deur My vertroud gemaak word met die kennis oor die gehele samehang deurdat Ek hulle My Woord laat toekom, so weet hulle ook dat hulle uit `n ander sfeer kom om `n missie te vervul.
Tog hou Ek dit vir hulle verborge vanwaar hulle kom totdat hulle `n bepaalde graad van rypheid verkry het, wat egter ook eers kort vóór die einde van hulle liggaamlike lewe bereik word. Want dit is onbelangrik vir die missie van die mens welke gees in hom beliggaam word, omdat al die ligwesens wat tot redding van die mense hulleself vir hierdie gang oor die aarde aangebied het, liefdesgeeste is wat My na aan die Hart lê, en My liefde tot al My skepsele so eindeloos diep is dat Ek van My kant af geen indeling in groepe voor oë het, soos wat `n beperkte denke altyd sou doen nie.
By u mense is hierdie wens egter te bemerk om oor u vorige lewe iets te wete te kom, en dan kan u liefde tot My soms die aanleiding wees om u `n klein toeligting te gee, aangeneem dat u dit op die korrekte wyse uitlê. Want in My Ryk is eindeloos baie wesens, wat in dieselfde graad van liefde staan, wat, ofskoon elke wese ekbewus is, weer aan die gesteldheid van `n groot oergees beantwoord, juis deur hulle oorgrote liefde.
En hulle omvat Ek ook weer met My liefde en is by hulle ook op aarde aanwesig om hulle by te staan in hulle missie, want dit is dringend nodig omdat die mense op so 'n lae geestelik vlak aangeland het, dat slegs die suiwer waarheid hulle weer omhoog kan voer, wat u, My bodes, regstreeks van My kan aanneem en moet deurgee, sodat die dwaling ingesien kan word op aarde, sodat Ekself deur die mense in My gehele Wese herken word.
Juis die insig probeer My teenstander steeds teengaan om die mense te verhinder om die weg tot My te soek en te vind.
Want wie My herken in My eindelose liefde, onoortreflike wysheid en oorgrote mag, sal ook na My strewe en hy sal ook gered word van `n herhaalde val in die diepte.
AMEN

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205