Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

OOR DIE LEER VAN DIE HERBELIGGAMING
B.D.8180.-.17 Mei 1962
Deur die stem van die Gees kan Ek Myself aan u openbaar, as u opreg begeer om deur My onderrig te word. Ek wil slegs dat u in die waarheid leef, dat u gedagtes geen verkeerde weë gaan nie, dat u nog deur valse leringe beïnvloed word deur hom wat die waarheid wil ondermyn. Want die waarheid versprei `n lig waardeur hyself en sy aktiwiteite belig word.
Daarom moet u glo wat Ek u verkondig deur die gees. Dit moet vir u tog begryplik wees dat My teenstander alles sal doen om u in geestelike duisternis te hou, waarin hy ook `n onbeperkte mag oor u het, want sodra u in die waarheid leef, is u vir hom verlore. Hy sal dus altyd u denke verkeerd rig en elke verkeerde gedagte het duisende ander verkeerde gedagtes tot gevolg. En so sorg hy daarvoor dat ook die sin en die doel van u aardse bestaan vir u verborge bly en dat u vir uself `n heel valse beeld skep van u aardse opdrag, en hy poog dat u nie geïnteresseerd raak enige geestelike strewe nie. Hy probeer om in u die liefde vir die wêreld aan te wakker en hy sal u daarom steeds `n herhaling van u lewe op aarde as begeringswaardig voorstel, en u ook "bewyse" daarvan gee. Want u strewe na volmaaktheid word dan verswak, sodra u glo dat u steeds weer hierdie aarde mag betree, as u nog nie die volmaaktheid bereik het nie.
Hierdie voorstelling aan die kant van My teenstander is een van sy geliefste middele. Juis daarom het die leer van die reïnkarnasie baie byval gevind en is dit baie moeilik om uit te roei. Want My teenstander gaan baie listig te werk om die geloofwaardigheid van hierdie leer te bevestig, ofskoon geen mens vir sy lis hoef te swig nie. Want sodra die mens `n ernstige verlange na die waarheid het en homself tot My wend, sal hy ook die onsinnigheid insien van dit wat hy deur hom voorgestel kry - en hy sal ook duidelik die waarheid in die hart voel. Hy sal weerstand in homself voel teen dit wat van My teenstander afkomstig is, want sy ernstige verlange na die waarheid waarborg dit ook vir hom, maar baie mense is onderhewig aan sy invloed op die gebied, omdat hy dit self wil dat hulle weer na die aarde moet terugkeer, omdat die liefde tot die wêreld in hulle nog so groot is, en vir hulle is die gedagte troosvol om die aardse lewe opnuut te kan lei.
Maar weer moet u gesê word dat u steeds op `n dwaalspoor gelei word as u in `n herbeliggaming glo, al is daar ook enkele gevalle, vanweë `n spesiale rede, wat egter nie veralgemeen mag word nie. Want in My heilsplan van ewigheid is waarlik alle moontlikhede gegee, wat u voltooiing tydens die aardse lewe waarborg. Elke swakheid kan u self uit die weg ruim, omdat Ek vir u aan die kruis gesterwe het daarvoor, omdat Ek vir u die wilskrag verwerf het en u My te alle tye kan aanroep in Jesus, die Verlosser van sonde en dood en u dan ook die graad op aarde bereik wat aan u die ingaan in die ligryk verseker, waar u kan styg tot eindelose hoogtes, omdat daar dan geen beperking meer vir u is nie. Benut u egter nie u aardse lewe nie, sodat u onverlos die hiernamaals ingaan, dan sou ook `n herhaalde beliggaming op die aarde u van geen nut wees nie. Want u behou u vrye wil, terwyl die herinnering aan vroeër van u weggeneem word en u loop dan `n baie groter gevaar om weg te sink in die diepte, wat egter nooit deur My bevorder word nie, maar steeds verhinder word.
Daar kan nou al op aarde vir u `n lig ontsteek word, sodat u die kennis kan ontsluit van u vroeëre afvalligheid van My en van My plan om u terug te voer, dan sien u ook duidelik die weg voor u wat u moet aflê om uself te voltooi. Dan sien u ook in dat die leringe valse dwaallere is wat u `n volgende gang oor die aarde in die vooruitsig stel. Want dit spreek dan My heilsplan van ewigheid af teen, wat in alle wysheid en liefde deur My gegrondves was om vir u die bevryding uit die vorm moontlik te maak, waartoe u vrye wil vereis word. En omdat u vrye wil korrek beslis, laat Ek u steeds weer die waarheid deur Myself toekom wanneer u hierom vra, as u self begeer om in die waarheid te lewe. Maar u sal begryp dat My teenstander alle mag gebruik wat u hom verleen, en dat hy dwaallere aan u sal voorstel, solank u nie deur `n ernstige verlange na die waarheid sy werksaamheid afwys nie. Want nooit sal hy sy dwalinge kan volhou waar Ekself as die Ewige Waarheid as beskerming teen dwaling aangeroep word nie. Want dan is hy volkome magteloos, omdat die lig wat van Myself uitstraal, hom ontmasker en daarom sal hy die Lig steeds ontvlug.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205