Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

OOR DIE HERBELIGGAMING
B.D.7312 - 20 Maart 1959
U almal moet weet dat u nie na eie geloof die aardse weg as mens kan herhaal nie, maar dat u wel een eenmalige geleentheid moet benut, as u nie eens deur bitter berou gepla wil word deurdat u deur u eie skuld onvoltooid die geestelike ryk ingegaan het nie.Die veronderstelling: So dikwels as wat u wil die aardse lewe te kan herhaal, totdat u die graad van volmaaktheid bereik het, laat u lou word in u geestelike strewe en daarom is so 'n leer skadelik vir die heil van u siel. Dit is `n gevaar, want baie mense het deur die leer nalatig geword in die arbeid vir hulle siel en hulle hoop steeds, om hulle in `n nuwe lewe reg te kan maak wat hulle nou versuim het.
Dog so 'n leer is `n dwaling. U moet die barmhartigheidsgawe van die beliggaming as mens ten volle benut. Want as u eenmaal die ryk hierna ingegaan het, dan is u aardse ontwikkelingsgang afgesluit en alle verdere ontwikkeling hang nou af van u ingesteldheid in die geestelike ryk - en dit kan heel anders wees. U kan met `n goeie wil, met werksame hulp van die ligwesens en doeltreffende voorbede van mense ook nog vooruitgang in die hiernamaals boek en ook eenmaal tot saligheid kom. Maar daarvoor moet u heelwat meer krag aanwend as op aarde.
U kan egter ook wegsink in die diepte, as u 'n verstokte hart het en in die geheel nie van goeie wil is nie. En in die geval sou dit waarlik `n nie-goddelike daad wees om u die beliggaming op die aarde nogmaals toe te staan, wat nooit `n geestelike vooruitgang sou waarborg nie, omdat die vrye wil altyd beslissend is en u die herinnering aan vroeër moet mis, terwille van die vrye wil. Is u egter wel van goeie wil, dan kan u ook hierdie rypheid in die geestelike ryk verkry, waardeur u verseker salwees van ligtoevoer en dus ook van `n mate van saligheid wat voortdurend verhoog kan word. En dan het u geen verlange meer om `n vleeslike liggaam aan te neem en `n volgende beliggaming op aarde deur te maak nie. Die enkele gevalle waarin dit kan voorkom het hulle heel besondere redes, maar is nie as norm aan te merk nie, sodat die leer van die reïnkarnasie nie daarvan afgelei kan word nie.
Dit is nie so dat die mens die voltooiing op aarde nie sou kan bereik nie, want daarvoor het Jesus Christus aan die kruis gesterwe, sodat dit moontlik is dat `n eenmalige gang as mens oor die aarde hom die volkome bevryding uit die vorm kan oplewer. Dit is enkel en alleen die wil van die mens wat gefaal het, waarvoor hy dan ook die gevolge op homself moet neem: `n Onsalige toestand in die geestelike ryk, wat hy egter na eie wens willekeurig kan afbreek en verander. Bowendien gaan alles volgens God se wil opwaarts, slegs die wil van die mens kan agteruit gerig wees. En dus sou dit die plan van die goddelike ordening teenspreek, wanneer deur Sy wil `n wese weer in `n agter hom liggende vorm geplaas sou word wat hyself nie goed benut het nie. Daarom kan daar gerus van `n misbruik van `n barmhartigheidsgeskenk gespreek word, waarvoor hy homself nou ook moet verantwoord en die gevolge daarvan op homself neem.
`n Herbeliggaming kan plaasvind in besondere gevalle, sodat ligsiele hulleself byvoorbeeld op die aarde kan beliggaam met die doel om te help, en hierdeur hulle groot liefde vir die noodlydende mensdom tot uitdrukking bring. Hulle neem dan nogmaals die gang oor die aarde aan as mens op hulleself om die medemens te help in geestelike nood.
En so kan daar dus met reg geglo word dat daar mense op die aarde vertoef wat van "bo" neergedaal het, maar wat dit egter self nie weet nie. Die medemens kan dit miskien wel vermoed, maar nie met sekerheid beweer nie. Nog baie minder egter is die beweringe geloofwaardig dat mense hulleself meermale op aarde bevind, by wie geen geestelike missie te bemerk is nie.
Die leer van die herbeliggaming is `n gevaar vir die mense, want die enkele gevalle word veralgemeen en die verantwoording van die mens word buite beskouing gelaat en wyk voor die sorgloosheid van hom wat glo om steeds weer te kan goedmaak wat hy versuim het. Die insig sal hom later in die geestelike ryk swaar belas, want nooit is dit vir die mens moontlik om in te haal wat hy deur eie skuld gedurende sy aardse lewe versuim het nie.
Hy kan wel ook daar nog `n sekere liggraad bereik en dit steeds meer verhoog, hy sal egter nooit die hoogte van die kindskap van God kan bereik nie, want om dit te bereik, is slegs op aarde moontlik. En hy is bowendien in groot gevaar om in die hiernamaals nog weg te sink in die diepte, as hy die geleentheid nie aangryp en met behulp van die ligwesens opwaarts streef nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205