Boek 32 – Reïnkarnasie
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17.

HERBELIGGAMING OF BESETENHEID?
B.D.8291 - 4 Oktober 1962
U mag geen enkele geval van besetenheid as `n reïnkarnasie van die siel aansien nie, wat `n terugplasing uit die ryk hierna na die aarde met as doel `n hernieude gang oor die aarde as mens het. Nog steeds hou onryp geeste hulleself in die nabyheid van die aarde; siele, wat reeds die weg deur die vlees gegaan het en in die diepste geestelike duisternis gesterwe het. Die ligryk is vir hulle nog geslote en hulle storm dus uit in `n ryk van die laagste geeste wat oral is waar hulle hulleself ophou. Hulle kan hulleself nie losmaak van die plek op die aarde waar hulle werksaam was nie. Hulle val die mense lastig op velerlei maniere, vernaamlik deur te trag om hulle gedagtes, hulle bose neigings en hulle hartstogte oor te bring op mense wat `n ingesteldheid het wat na hulle eie karakter neig. Want die mens is maklik beïnvloedbaar en vervul gewilliglik die geeste se begeertes - terwyl hulle doen waartoe hulle deur die geeste aangespoor word. En hierdie invloed is baie dikwels opmerkbaar as die mense hulleself nie bewustelik vrymaak nie, hulle luste nie bestry nie en My nie om hulp bid nie. Is hulle egter ongelowig, dan het hierdie geestelike kragte `n vrye spel en sal hulleself steeds meer uitlewe en die mense tot goddelose handelinge dryf - wat in die laaste tyd voor die einde besonder op die voorgrond sal tree.
Maar steeds is dit slegs `n beïnvloeding deur middel van gedagtes - dit is geen geval van besetenheid nie. Ook die gevalle waar mense volledig beheer word, sal in die eindtyd baie duidelik na vore kom, sodat dit vir hulle medemens onbegryplik sal wees wat `n mens aan boosheid en misdade van allerlei aard kan volbring. Hierdie mense kan innerlik nie die nodige krag tot weerstand bied nie, want hulle het `n totaal verswakte wil en dan slaag die bose geeste om heeltemal besit te neem van die liggaam om homself in die liggaam uit te leef, alle slegte eienskappe bring hulle op hulle oor en laat hulle handelinge uitvoer wat hulleself as mens gedoen het. Hulle slaag om die siel van die mens te verdring en hulle eie wil te laat oorheers.
Die bose gees neem onregmatig `n menslike liggaam in besit waaruit hy egter ook altyd weer verdryf kan word as die siel self, of `n mens uit haar omgewing, slaag om homself innig aan My oor te gee en My om hulp te bid. Want dan kan en sal Ek die bose gees gebied om die liggaamlike omhulsel te verlaat. Maar die ongeloof en die liefdeloosheid van die mense verhinder My dikwels om in te gryp.
En so 'n inbesitneming is ook dikwels deur My toegelaat tot loutering van die betrokke siel self en ook van haar omgewing, soos wat dit ook moontlik is dat die bose gees, as hy uitgewoed is, homself besin en homself verbeter, dat hy die verskriklike uitwerking van sy bose wil insien.
Want soms word daar rekenskap van die mens vir sy onmenslike dade gevra, en moet hy `n lang lydingsweg deurmaak. En dan word die bose gees elke verdere moontlikheid ontneem om die mens aan te spoor tot dade wat syself sou doen, wanneer sy nog as mens op die aarde sou lewe. Dan verlaat sy uit haarself die liggaam en die eintlike siel neem nou ook die staat van lyding gewillig op haarself. Maar ofskoon sy vry is van alle skuld, dra sy tog die straf tot loutering. Sy kan daardeur vinniger ryp word as in `n lewe van onverskilligheid sonder `n besondere skuld.
En die onderskeid moet u altyd maak, dat gevalle van besetenheid geen herbeliggaming van vyandige siele is nie. U moet weet dat die hel alles in die eindtyd uitgebraak het en die vors van die duisternis sy aanhang aanspoor om tot die uiterste te gaan.
U moet weet dat ook hierdie bose geeste hulleself nog kan red van die lot van `n hernieude kluistering, as hulle dit self maar wil. Want spoedig kom die dag van vereffening en elke wese moet dan rekenskap gee hoe hy die tydjie benut het, wat hom ten behoewe van sy vrywording uit die mag van My teenstander toegestaan is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205