Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

WAT VEREIS WORD VIR DIE "UITSTORTING VAN DIE GEES"
B.D.7822 - 10 Februarie 1961
Die uitstorting van die Gees verg bepaalde voorwaardes wat vervul moet word, want My Gees kan homself slegs uitstort in `n geopende houer/hart, wat so voorberei is - dat My Gees daarin kan stroom. En hierdie toebereiding vra weer `n siele-arbeid wat die mens aan homself moet voltrek het, of ook: Die mens moet vir Myself `n woonplek voorberei hê, omdat My teenwoordigheid onvoorwaardelik nodig is om My te kan uiter deur My Gees.
Die Geesvonk sluimer weliswaar in elke mens, maar hy moet tot lewe gewek word, die verbinding met die Geestesgees van ewigheid moet tot stand gebring word - omdat hy homself dan ook kan uiter.
En die verbinding word tot stand gebring, die Geesvonk word tot lewe gewek, as die mens in die liefde leef, as hy deur werke van liefde My na homself trek - wat die liefde Self is.
Die mens moet sy siel deur die liefde reinig van alle omhulsels wat vir die lig ondeurdringbaar is, dan bring hy homself in gereedheid. Hy maak homself tot `n opnamehouer van die goddelike Gees. Hy vervul die voorwaardes wat `n uitstorting van die Gees tot gevolg het. En hy moet glo dat My Gees homself oor hom uitstort, dat die Vader Homself teenoor Sy kind wil en kan uiter. En hy sal slegs glo as hy homself tot liefde gevorm het, want eers as hy aan `n werksaamheid van My Gees in hom glo, sal hy ook innerlik luister om te hoor wat hierdie Gees vir hom oorbring. Solank die geloof ontbreek, sal hy nooit van `n gawe van die Gees kan spreek nie. Hy sal eenvoudig nie die sluimerende kragte in hom kan wek nie, en dus sal hy dit self ook nie kan uiter nie, hoewel dit in hom is.
Die liefde sal weliswaar spoedig sy denke verlig, om welke rede `n liefdevolle mens ook spoedig tot geloof kan kom as sy strewe geestelik gerig is, as hy sy bes doen om volgens My Wil te lewe. Dog My Gees dring Homself nie op nie. Nooit sal `n mens die stem van My Gees verneem wat nie bewustelik die verbinding met My tot stand bring om My te hoor nie. Want die innerlike luister is nodig, as hy van My wil verneem en onderrig vol van wysheid in ontvangs wil neem, wat slegs deur die Gees uit My aan hom oorgebring kan word.
Juis die geloof in die werksaamheid van My Gees het by die mense verlore gegaan, sodat hulle heeltemal ongelowig staan teenoor `n baie natuurlike gebeurtenis, dat die mense slegs aan My groot liefde sou moet bewys, hoewel Ekself hulle die belofte gee om by die mense te bly en hulle in alle waarheid binne te lei.
Hulle begryp hierdie belofte nie, anders sou hulle daarin geglo het en aan My woord, wat hul van bo af kry, of wat deur My bodes na hul gebring word, `n groter betekenis toeken. My Gees het slegs `n opnamehouer nodig wat voorberei is, sodat Hy Homself daarin kan uitstort. Maar dan laat Hy ook merk om daar te wees, Hy spreek tot u soos wat `n Vader tot Sy kinders spreek en Hy sal u altyd opheldering gee - as u geestelik deur Hom onderrig wil word.
Maar Hy kan Homself nie uiter waar liefde en geloof ontbreek nie, waar die mens nog nie die arbeid aan sy siel verrig het nie, dat hy homself tot liefde omvorm en reeds vry is van alle onreinhede en afvalstowwe van sy siel. Want Ek kan slegs My intrek neem in `n rein hart wat met liefde vervul is en My teenwoordigheid kan verdra. Waar hierdie voorwaardes egter aanwesig is, daar vertoef Ek en laat ook My teenwoordigheid sien. Ek giet My Gees uit oor alle vlees. Ek onderrig en troos, Ek lei die mense binne in die waarheid, Ek bly by hulle tot aan die einde van die wêreld.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205