Boek 33 - Die Innerlike Stem
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31.

DIE VOORWAARDE OM GOD SE STEM TE HOOR IS DIE LOSMAKING VAN DIE WÊRELD
B.D.7258 - 17 Januarie 1959
In u binnenste moet u luister, as u My stem wil verneem. Dit vra `n algehele self afsluiting van die aardse wêreld en `n versinking in geestelike gedagtes. Dit vereis `n totale leegmaking van die hart van aardse gedagtes, sodat dit nou vervul kan word met gedagtestrominge van suiwer geestelike aard.
Om hom geheel van die wêreld los te maak, sal altyd moeilik wees vir die mens, maar My stem klink des te duideliker, hoe minder indrukke van gedagtes die hart belas, wat hul oorsprong in die wêreld het. Is die hart heeltemal geledig, dan kan die stroom van My Gees binnevloei sonder belemmering en u sal dan gewaarword van `n ononderbroke aanspreking, as `n oorvloeiing van My Gees in u, as `n regstreekse aanspreking deur My, wat ervaar word, wat u dan so duidelik verneem as `n uitgesproke Woord. Hoe meer u dus aardse gedagtes afweer, des te duideliker verneem u My stem. En dit vra `n voortdurende stryd met die buitewêreld, wat steeds weer wil binnedring op aandrang van My teenstander, om die vertroulike gedagtewisseling tussen Vader en kind te versteur. U kan dit verhinder, deurdat u nie aan hom toegee nie, deurdat u alle gedagtes wat u uit die wêreld tref, van u afwys. Deurdat u My dadelik aanspreek in gedagtes dat Ek hierdie versteuring mag verhinder. En met u wil sal rekening gehou word omdat dit slegs na My gekeer is.
Om My stem te hoor is derhalwe slegs die reg van hulle wat hulleself van die wêreld kan losmaak, vir wie Ekself tot `n begrip geword het, wat nie meer deur die wêreld vervang kan word nie, wie My herken het as hulle Vader van ewigheid, wat u tot Sy kinders wil maak en u nie meer opgee nie, totdat Hy Sy doel bereik het.
As die losmaking van die wêreld eenmaal plaasgevind het, dan sal die wêreld die mens ook nooit meer kan terugwen nie, omdat hy regstreeks deur My aangespreek word en hom lig geskenk het en hy die lig nie meer wil mis nie. Maar hy sal tog voortdurend teen die wêreld moet stry, omdat hy nog in die midde van die wêreld leef, wat op elke moontlike manier probeer om op hom in te werk, omdat My teenstander juis elke vertroulike toespreking wil versteur - waar en hoe dit maar moontlik is.
Daarom behoort daar steeds `n sterk wil te wees, om die verbinding met My so innig te maak dat My stem deurdring en die stem van die wêreld verdring. Die wil van die mens bring dit teweeg; en dan sal die mens Hom altyd lof en dank toesing, wat hom aanspreek en hom daarmee `n geskenk gee van onmeetlike waarde. Want My Woord is die sigbare of hoorbare teken van My oneindige liefde vir u, My skepsele. Dit gee u `n bewys, dat u dit self in die hand het om so 'n noue verbinding aan te knoop met die hoogste en mees volmaakste Wese. Dat u Sy stem kan verneem en dat u `n bewys van die aanspreking besit - dat u Sy heilige Woord neerskryf soos wat u dit ontvang. Die hoogs volmaakte Wese spreek u aan, - dink daaroor na wat hierdie woorde beteken. Ek spreek uit die hoogte tot u, u hoor My stem, u verstaan wat Ek tot u spreek en u kan daaruit die stem van u Vader herken, wat u liefhet en u vir ewig wil besit.
Ek spreek u daarom aan omdat u vrywillig tot My kom, omdat u begin terugkeer na My in u Vaderhuis, wat Ek deur My aanspreking wil bereik. Maar om die aanspreking van My te kan hoor, moet u wil vas en sterk wees, u moet steeds weer die innige verbinding met My soek, wat nie op die oppervlakte van die wêreld te vind is nie, maar ver verwyderd is van die wêreld.
Dus moet alle wêreldlike gedagtes weggedwing word en u moet in die stilte van u hart luister en u sal dan waarlik My stem verneem in alle duidelikheid, omdat Ek My aan almal, vir wie My liefde heel besonder geld, wat probeer om met My in kontak te kom, wat verlang om My te hoor, wil openbaar volgens My belofte, dat Ek tot Myne sal kom in die Gees en dat Ek by hulle sal bly tot aan die einde van die wêreld.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205